Foto’s: Polisievoertuie tydens betogings beskadig

Betogings by Mcubakazi- informele nedersetting (Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap)

Polisievoertuie is Woensdagoggend in Mcubakazi- informele nedersetting naby Butterworth in die Oos-Kaap beskadig tydens gewelddadige betogings.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê betogers het omstreeks 09:00 paaie in die gebied versper en talle ondernemings het hul deure gesluit uit vrees vir plundery. “Daar word beweer dat betogers die polisievoertuie met klippe bestook het naby Roma Junction, Mcubakazi.”

Elf persone is in hegtenis geneem vir ondervraging en ʼn ondersoek sal bepaal wie met die vandalisme verbind kan word, het Soci bygevoeg.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die vandalisme en opsetlike saakbeskadiging ten sterkste veroordeel. “Ons kan nie toelaat dat mense polisiehulpbronne beskadig en vandaliseer as hulle nie tevrede is met dienste wat deur die munisipaliteit gelewer word of oor enige ander redes of meningsverskille wat hulle het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Waar is EFF nou siende dat hulle staatseiendom beskerm? Kla die klomp ook aan vir terrorisme soos die wit boere wat toe gesluit was! Ja hoed kyk jou mense ne eish man. Nou is hulle stil mmmmmmm

James ·

Word hulle ook nie vir poging tot moord aangekla????? Oooh nie daar is net n ondersoek, sal weer 0 gebeur met hulle, seker klaar vra gelaat

Antoinette ·

Hoop hulle is ook inhegtenis geneem.
Cele en Malema waar is julle nou!!!!!!!!!
Beskerm die staatseiendom.

Genis ·

Om Tires te brand op n pad is eindelik beskadiging van plaas eindom.. Hierdie plaas brande, pad brande, is Terrorisme in die hoogste graad… Maar ja die leierskap van die ANC is mos n klomp… Het die madaljes, het mos tyd gedoen….

Vernon ·

Gaan hulle ook van terrorisme en poging tot moord aangekla word??? Ag nooit as te nimmer nie..

Kokerboom ·

Sprekende voorbeeld kort op hake van Senekal van beleidsinkonsekwensie as dit kom by plunder en skade deur “our people”!!!Die wiel gaan draai!! Vraag is weereens: Hoekom laat SAPD versperring van en skade aan hoofwee toe deur plunderaars? Totaal ontoelaatbaar!!!

Nette ·

Ek demand dat die EFF daarheen gaan om te betoog teen die beskadiging van staatseiendom!

Anoniem ·

Nou wil ek GRAAG weet???? Is daar ook nou teenoor hierdie mense wat die voertuie verniel het opgetree en is van hulle ook opgesluit????

ES ·

Laat ons nou kyk wie word in hegtenis geneem en aangekla van terrorisme.

Eish ·

Ek mis ook die deel waar iemand van kommumisme aangekla word en borgtog geweier word??? Waar staan dit in die berig?

Buks ·

Terorisme. Poging tot moord. Opsetlike beskadiging van staads eiendom. Stuur die EFF in.

Johan ·

Hoeveel mense is al gearresteer vir die vandalisme en pogings tot moord. Lyk my die boere moet na Butterworth gaan om ons bates te beskerm teen hierdie vandale. Ek hoop Bheki gaan die mense ook jag soos hulle die mense op Senekal gejag het. Maar ja, die wet geld mos net vir een klein gedeelte van die bevolking.. Wat n grap.

Tsek! ·

Kom Cele….arresteer die terroriste nou !!! Kom Afriforum…maak julle stemme dik!!!

Danny ·

Maak sake en vat hof toe !! Sonder borg! Dan kyk ons hoe weeg die skaal..

Riaana ·

En nou waar is EFF gaan hle nie vinnig optree nie???? O nee vergeet jy moet wit wees om verkeerd te wees, ek onthou skielik ons bly mos in Suid-Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.