Foto’s: Ramaphosa spreek groep uit Wuhan toe

Die groep Suid-Afrikaners, onlangs vanuit Wuhan gebring, luister Sondag na die president. (Foto: Twitter)

“Ek het slapelose nagte oor julle gehad.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondagoggend aan die groep Suid-Afrikaners by The Ranch Hotel in Limpopo gesê voordat hulle Maandag na hul onderskeie provinsies vervoer sal word. Die groep van 112 se verpligte kwarantyn van 14 dae is eindelik verby nadat die president hulle vroeër vandeesmaand uit Wuhan, China, gerepatrieer het.

“Ek is so bly dat julle terug by die huis is, maar ek is ook bly dat julle koronavirusvry is,” het Ramaphosa gesê. Die groep het almal negatief vir die nuwe koronavirus (Covid-19) getoets.

Ramaphosa het gesê hoewel dit nie ’n maklike taak was om die groep uit Wuhan te bring nie, het die regering nie vir ’n oomblik geskroom hulle terug te bring huis toe nie. “Ek het trane in sy oë gehad toe julle in Suid-Afrika land, van die vliegtuig afklim en in die busse klim [op pad na die kwarantynfasiliteit],” het die president oor hul tuiskoms gesê.

Die groep Suid-Afrikaners, onlangs vanuit Wuhan gebring, luister Sondag na die president. (Foto: Twitter)

Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag asook die betrokke departemente waaronder dié van gesondheid, internasionale betrekkings, binnelandse sake, vervoer en publieke ondernemings bedank vir die aandeel wat hulle in “Operation Evacuate” gehad het.

Ramaphosa het sy besonderse dank teenoor die gesondheidswerkers en bemanningslede uitgespreek wat die groep in Wuhan gaan haal het. Hy het ook die groep Suid-Afrikaners bedank dat hulle bereid was om in kwarantyn geplaas te word en dissipline oor die laaste twee weke gehandhaaf het.

Volgens Ramaphosa dien dié groep as ’n voorbeeld dat Covid-19 bekamp kan word deur ’n algehele landwye afsondering. Die groep het meer as 50 dae lank in afsondering in Wuhan gebly voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bella ·

Ek het ook trane in my oë vir die verspeelde geld wat gebruik is om hierdie mense, wat uit eie vrye wil Wuhan toe is, terug te bring. Dis geld wat baie beter gebruik kon gewees het om veral die armes en haweloses sonder water en kos, by te staan.

Niné ·

Ek is bly almal is veilig en gesond. Noukan na hulle geliefdes terugkeer en n drukkie kry wetend dat geen steen onaangeraak is om hulle en ons te beskerm nie.

Jaco ·

dis net our people op die fotos. waarom werk hulle dan ook in China? danksy regstellende aksie is daar dan werk vir hulle in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.