Foto’s: Só lyk aanspraakmakers op Mnr. SA-kroon

Mnr. SA (Foto: Dionne Jordaan Photography)

Die top-tien finaliste in vanjaar se Mnr. Suid-Afrika-kompetisie is onlangs aangekondig.

JP Robberts, uitvoerende hoof van dié kompetisie, sê hulle is vanjaar op soek na iemand wat ʼn rolmodel kan wees vir enigiemand in Suid-Afrika en iemand wat die eienskappe het van wat ʼn Suid-Afrikaanse man moet wees.

“Mnr. Suid-Afrika moet iemand wees wat as inspirasie kan dien, ʼn baken van hoop kan wees en iemand wat die jeug in ons land positief kan beïnvloed. Dit moet ook iemand wees wat ʼn internasionale ambassadeur vir Suid-Afrika kan wees.”

Robberts sê Mnr. Suid-Afrika moet sterk, maar inspirerend wees; vol vertroue, maar nederig.

Die wenner van die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie sal op 28 November tydens ʼn aanlyn-kroningsgeleentheid aangewys word.

Robberts sê hulle het dit goedgedink om die geleentheid vanjaar eerder aanlyn te laat plaasvind, as gevolg van die Covid-19-pandemie en die voortslepende risiko wat dit inhou. Kaartjies vir dié geleentheid is by beskikbaar www.anewmrsa.co.za.

Hier is vanjaar se top-tien finaliste:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

isabelle ·

die manne is mooi versorg….maar nie my tipe smaak daar nie Ek is maar n aanhanger van n man wat lank is natuurlik gebou en geen grimering of ooghare gepluk beter as myne nie ;p Ek sal maar stem vir Roan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.