Gary Player deur Trump vereer

Gary Player. Foto: (AP Photo/Phelan M. Ebenhack, File)

Suid-Afrika se gholflegende Gary Player is een van twee afgetrede gholfspelers wat deur pres. Donald Trump vereer gaan word.

Player en Annika Sörenstam sal op 23 Maart met die presidensiële medalje van vryheid vereer word tydens ʼn geleentheid by die Withuis.

Dié medalje is die VSA se hoogste eerbewys vir ʼn burgerlike.

Player het 24 PGA- en 118 internasionale toernooie gewen.

Trump het redelik onlangs saam met Player en Sörenstam gholf gespeel by sy private klub in die noorde van Virginië.

Sörenstam, ʼn Sweed, het haar Professionele Vrouegholfvereniging- (LPGA-)loopbaan met 72 toernooi-oorwinnings afgesluit.

Volgens die LPGA is Sörenstam die eerste LPGA-speler en die eerste vroue-atleet wat ʼn genaturaliseerde burger (nie ʼn burger by geboorte nie) is om die presidensiële medalje van vryheid te ontvang.

Tiger Woods het verlede jaar die presidensiële medalje van vryheid van Trump af ontvang nadat hy sy vyfde Meesterstitel gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan Venter ·

Whau, mooi man, hy verdien dit oor en oor, wat ‘n voorbeeld vir die mensdom in Gary nie. Maar dan wonder ek of sy eie land hom al vereer het? Ek het gesoek, maar kry niks op die Internet nie.

Scalla ·

Welgedaan Mnr Trump, hy verdien dit en ons land se regering ontbreek. nogmaals dankie.

Ant ·

Orde van Ikhamanga (in goud ) v uitnemende bydraes) in 2003 toegeken deur President Mbeki  vir uitnemende bydrae tot golf en n nie-rassige Suid Afrika. Die Black Night webtuiste bied meer inligting.

Johan Venter ·

Dankie Ant! Maar dit is so lank gelede die regering kan hom nou maar weer vereer. Hy verdien dit dubbel en dwars. Hy was seker die grootste ambassadeur wat die land nog gehad het.

Realis Thailand ·

Veels geluk aan n man wie n duisend maal meer vir sa gedoen het as Mandela en die hele anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.