Gauteng gaan nié verpleegsters aflê – departement

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Nardus Engelbrecht/AP)

Die Gautengse departement van gesondheid sê hy het geen planne om verpleegkundiges af te lê nie.

Dít volg nadat die demokratiese verpleegorganisasie van Suid-Afrika (Denosa) op ’n mediakonferensie sy kommer uitgespreek het oor tientalle gemeenskapsdiensverpleegkundiges wat onlangs nie hul salarisse ontvang het nie en die moontlike afleggings van sommige van sy lede.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement, het egter nou in ’n verklaring bevestig dat daar tans geen afleggings beplan word nie.

“Alle professionele gemeenskapsdiensverpleegkundiges vir die 2021/2022 finansiële jaar sal behou en permanent aangestel word. Die proses om die aanstellings te bewerkstellig is aan die gang,” sê Modiba.

Luidens die verklaring is die kwessie rakende uitstaande salarisse ook reeds oopgelos. “Die geraakte verpleegsters sal hul salarisse teen Maandag ontvang.”

Modiba sê net meer as 50 werknemers word geraak waarvan 45 teen vandag nog betaal sal word met die uitsondering van sewe ander wie se mandate reggestel moet word. Dié uitstaande salarisse sal glo as ʼn saak van dringendheid hanteer word.

”Die departement wil die publiek en sy werknemers gerusstel dat hy daartoe verbind bly om te verseker dat die gesondheidstelsel met die nodige menslike hulpbronne toegerus is om voort te gaan om broodnodige gesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Delia ·

Normaalweg na die opleiding, moet geregistreerde verpleegkundiges n jaar gemeenskapsdiens verrig soos alle ander mediese personeel na hulle opleiding. Daarna kan hulle dan gaan werk by plekke van hulle keuse.
Hulle moet steeds vir daardie jaar betaling ontvang.
Maar net n ou taal tikfoutjie seker

Samuel ·

Hou die LURven kie se salarisse vir so vier maande terug en sien hoe vinnig spring hulle. By die ANC is daar ook geen dringendheid om enigiets reg te stel nie.

Jacobus ·

Wat ‘n “stroke of genius” om vir Lesufi baas te maak van Gauteng. Nou kan hy die hele provinsie opneuk- hoekom net by onderwys bly. Sal lank nog staan as voorbeeld van sentrale onbevoegdheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.