Gauteng-gesondheidshoof geskors

Dr. Barney Selebano, die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement. Foto: http://www.health.gpg.gov.za

Dr. Barney Selebano, die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement. Foto: http://www.health.gpg.gov.za

Dr. Barney Selebano, die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, is met onmiddellike inwerkingtreding geskors na aanleiding van die dood van minstens 94 psigiatriese pasiënte in die departement se sorg.

Die hoof van geestesgesondheid by die departement, dr. Makgabo Manamela, het ook ʼn kennisgewing van voorneme om geskors te word, ontvang. Sy het 48 uur kans om redes te verskaf hoekom sy nie geskors behoort te word nie.

Die Gautengse provinsiale regering het Woensdag gesê die skorsingskennisgewings wat aan Selebano en Manamela gegee is, vorm deel van die aanbevelings in die gesondheidsombudsman se verslag rakende die sterftes van die psigiatriese pasiënte. Dr. Ernest Kenoshi, wat onder meer die Steve Biko Akademiese Hospitaal vir 15 jaar bestuur het, is as die waarnemende hoof van die departement aangestel.

Intussen is ʼn taakspan van senior beamptes en kenners soos dokters, psigiaters, sielkundiges en arbeidsterapeute steeds besig om inspeksies by al die nie-regeringsorganisasies (NRO’s) te doen waar psigiatriese pasiënte tans versorg word nadat hulle van Life Esidimeni oorgeplaas is. “Altesaam 20 NRO’s is reeds besoek en die proses sal teen Vrydag afgehandel wees,” het die departement gesê.

Volgens die verklaring doen die span ook mediese ondersoek van die pasiënte by die NRO’s en skakel hulle deurentyd met die families om hulle op die hoogte te hou van verwikkelinge. “Die span werk ook om instansies te identifiseer wat voldoende toegerus is om vir psigiatriese pasiënte te sorg in ooreenstemming met die Wet op Geestesgesondheidsorg.”

Die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, het bedank slegs ʼn dag voordat die gesondheidsombudsman ʼn verdoemende verslag bekendgestel het waarin hy aandui dat minstens 94 psigiatriese pasiënte gesterf het nadat hulle uit die Life Esidimeni-sentrum in Gauteng na NRO’s sonder geldige lisensies verskuif is. Die DA het intussen ʼn aanklag van strafbare manslag teen Mahlangu aanhangig gemaak.

Woensdag het Solidariteit Helpende Hand aangekondig die organisasie gaan ’n klasaksiegeding teen die departement van gesondheid van stapel stuur na aanleiding van die pasiënte se tragiese dood.

Die aksie sal deel uitmaak van ’n drieledige strategie om aandag te gee aan die Life Esidimeni-kwessie: Helpende Hand wil aansoek doen om ’n strukturele interdik om die departement te dwing om binne 90 dae op ’n gestruktureerde basis onder die howe se toesig planne aan die hof voor te lê om te verseker dat so ʼn situasie nie weer sal voorkom nie.

Voorts sal die voorgestelde interdik ook versoek dat die staat binne 90 dae ná die eerste verskyning weer aan die hof ʼn verslag moet voorlê hoe die planne toegepas is. Laastens wil Helpende Hand die hof versoek om die saak te verwys na die klagtes wat ingedien is by Direktoraat vir Openbare Vervolging (DOV).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
jean

Geskors, sekerlik met volle salaris…….ons het geen probleem met die wat onder die vreeslikste omstandighede gesterf het…….niks.

dance

Welkome verlof?

m

Begin net vir n slag BEKWAME mense aanstel dan sal hierdie tipe dinge nie gebeur nie. So eenvoudig soos dit. Kyk vir n slag verby kleur en politiek en dit sal goed gaan.

humor

Solidariteit, Helpende Hand dankie dat julle die hand op hierdie saak le en groot sukses vir julle

Magda

Ek stel voor as jy geskors word – moet dit met 30% betaling wees, en as jy onskuldig is sal die ander 70% dan aan jou uitbetaal word – maar as jy skuldig is dan word die 30% van jou pensioen af getrek – Hierdie mense voel absoluut niks vir niemand nie – en verdien om ook geskors te word van die Mediese rol as die saak afgehandel is. Die staats Hospitale se diens is so swak – en al dien jy n klagte in – word dit gefile in file 13 en kom daar niks vanaf nie – Ek… Lees meer »