Gauteng wil duisende in provinsie se bloed vir Covid-19 toets

(Argieffoto: ANA)

Die Gautengse departement van gesondheid begin binnekort met ʼn opname oor Covid-19-teenliggame onder inwoners om die omvang van die virus in die provinsie beter te probeer verstaan.

Die departement sê sogenaamde teenliggaam- of seroprevalensie-opnames is ondersoeke wat gedoen word om vir teenliggaampies te toets om só die getal mense wat reeds Covid-19 opgedoen het, te bepaal.

“Daar is baie mense in Gauteng wat moontlik Covid-19 opgedoen het, maar nooit as Covid-19-gevalle getel is nie omdat hulle nooit daarvoor getoets is nie. Die redes waarom hulle nie getoets is nie, is moontlik omdat hulle nie simptome van Covid-19 getoon het nie of nie voldoen het aan die kriteria om ʼn toets te ondergaan nie,” het Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, gesê.

Gesondheidswerkers gaan nou 3 500 huishoudings en 14 000 mense in die provinsie tussen November en Desember vir die toetse teiken.

Die toets word gedoen deur ʼn naaldprik te doen. Bloeddruppels word dan in ʼn laboratorium ontleed.

“Dit word gedoen om mense in die provinsie se bevolking te identifiseer wat teenliggame teen Covid-19 het. Teenliggaamtoetsuitslae kan inligting oor vorige infeksies onder mense uitwys wat geen simptome getoon het nie,” het Kekana gesê.

Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê die studie is deurslaggewend in die provinsie se pogings om die verspreiding van die virus te stuit.

“Om dít te doen het ons ʼn betreklik duidelike raming nodig van wie die infeksie opgedoen het, waar hulle gebaseer is, asook die trajek van die virus,” het hy gesê.

“Wanneer ons hierdie inligting tot ons beskikking het, kan ons gepaste besluite – wat ook die departement se beperkte hulpbronne in ag neem – in reaksie op die pandemie neem.”

Die departement het ʼn beroep op inwoners gedoen om die opname te steun en hul samewerking daarmee te gee.

Die departement het ook die onderneming gegee dat alle inligting vertroulik hanteer sal word en dat die opname nie gebruik sal word om mense te dwing om in kwarantyn te gaan nie.

“Gesondheidswerkers sal huishoudings net gedurende die dag besoek. Hulle sal uniforms dra, asook ʼn bewys van identiteit kan verskaf.”

Die studie word in samewerking met die Mediese Navorsingsraad (MNR), die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gedoen.

Gauteng het teen Sondag 228 948 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad. Altesaam 208 385 mense het reeds van die virus herstel.

Die sterftesyfer in die provinsie weens Covid-19 staan tans op 4 828 en in hierdie stadium word 1 687 mense vir die siekte in hospitale in die provinsie behandel.

Landwyd is meer as 4,8 miljoen toetse reeds vir Covid-19 gedoen. Die meeste toetse – teen Sondagaand was dit 62% – word in hierdie stadium egter in die private sektor gedoen. In die voorafgaande week is tot 77% van alle Covid-19-toetse in die private sektor gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kakamiet ·

Daarsy! DNA toetse gaan nou gedoen word! Hoe kan bloed nou eweskielik n covid persoon bepaal? As enige iemand hierdie toetse TOELAAT, teken hulle hul eie lewens oor aan die regering en wereld orde. Daai video waar n vrou gese is dis verniet uit gegee, maar dis eintlik DNA toetse. PASOP MENSE! Moenie dit toelaat nie!

LiveAndLetLive ·

As jy Covid gehad het, het jy teen liggame in jou bloed – hulle toets vir dit, nie covid nie.

Anel ·

Hulle kan maar verby hou. So, hoekom het hulle nie almal getoets vir TB nie en die land toe toegesluit nie? Of hoekom dit nie gedoen verlede jaar toe die mense vekoue en griep gehad het nie? Hierdie virus is die grootste klug van die ontstaan van die mensdom.

Persheks Adri ·

Stop voor my huis ASB want dan is daar 7 soorte hel los! Geen maar GEEN oortreding sal toe gelaat word nie dis ‘n pot snert man pfffft

Stefan ·

Hier kom weer skelms wat hulle voordown as bloedtoetsers om toegang te kry.
Ek wyer om daai kans te vat, later spyt wees gaan niks help nie.

Alleen Wolf ·

Die toets gaan net so min beteken as die vormpie wat jy moet invul as jy buiteland toe reis, beteken WAH!

Peetjie ·

Daar is in elk geval nie n kans om bloed by my te trek sommer deur enige iemand nie…
Hou maar verby…slim plannetjies net om die syfers verder te dokter

JohanR ·

Kom na my huis toe….die Rottweilers wag! Kom nie naby my met enige naald, vir niks nie. EK sal besluit of ‘n naald in my boud of arm gedruk word. Hier kom groot veerstand!

Anita ·

En nou vir Episode 3 van die riller.????????????????????????????????????????

Mudguard ·

Julle tap nou al 26 jaar lank bloed uit ons klippe wat belasting betaal. Hou maar verby. Hierdie klip het niks meer bloed nie.

JohanR ·

Ek wil by ‘n advokaat weet. Kan jy die ANC hof toe vat as hulle nady jou kom met ‘n naald. Dit meen dat nagenoeg 60 miljoen mense kan die regering hof toe vat, en die hofe vir jare en jare en jare en jare besig hou? Kan soos Jacob Stortkop Zuma maak, en van hof tot hof hardloop elke keer dat jy verloor.

Persheks Adri ·

Ek persoonlik dink nie dink nie so nie al wil ons Johan. Ons kan egter weier dis ons privaat eiendom wat hulle oor tree op eie reg so I wish them luck om te probeer! Hulle word gesien as oortreders in my oë…

Saartjievandiebosveld ·

Dis my liggaam. ..ek sal die besluit neem…hulle sal nie die besluit names my neem nie. BY MY SAL HULLE GEEN BLOED KRY NIE!!!

Blom ·

Ontspan mense, daar bly net meer as 15 000 000 mense in Gauteng. Dink net hoeveel huishoudings is dit. Daar gaan met die priktoetse slegs 3500 huishoudings besoek word en maar net 14 000 mense getoets word. Dit is maar ‘n skamele druppel in die emmer.

katerinadiekat ·

En as jou huishouding een van daai is wat getoets moet word? Gaan jy toelaat dat enige Jan Rap en sy maat naalde in jou kinders druk?

Blom ·

Katerinadiekat, dit is nie naalde nie. Slegs ‘n prikkeltoets. Dit is vir elkeen om te besluit. Dink jy regtig hulle gaan in woonbuurte rond beweeg of eerder in die informele nedersettings?

gehasie ·

Nog nooit is daar soveel geld en moeite bewillig vir iets wat glad nie aan die vereistes van n pandemie voldoen nie!

Wat op dees Aarde ·

En hoeveel kriminlele gaan nou weer in huise toegelaat word onder die indruk dat hulle vir die departement werk? Onthou met die sensus hoeveel mense beroof was? Gelukkig is ons nie bedags tuis nie.

Connie ·

ANC sirkus en gade bly weg van my en my gesin af. Mense moet hulle nie toelaat by julle nie, hier gaan iets lelliks van kom.

lodewyk ·

Hulle het 2 kanse niks en niks,geen persoon sal my bloed kom toets by my huis nie,gelukkig bly ek nie in GP nie maar die ding sal landwyd uitgebry word!!En wat nou weer van die skelms wat dit sal gebruik as n manier om toegang tot jou erf te kry??

Sanet ·

Hier kom hulle!!!!! soek vir n rede vir verdere inperking. Laat diegene wat glo daar bestaan n “virus” maar die toetse doen, gaan verseker nie by my gebeur nie.

Mrs H ·

Sal NIE! Hulle het ander redes en probeer ons onder wanindruk plaas. Vir al wat ju weet, prik hulle n ander virus in almal – goeverment is bekend vir skelm wees en kan nie vertrou word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.