ʼn Vrou van Gauteng, vermoedelik 49, het Sondag in die see by Margate verdrink nadat sy glo deur seestrome meegesleur is.
Jeremiah Jackson, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Shelly Beach, het gesê hul span is omstreeks 14:00 uitgeroep en het saam met die polisie, lewensredders, brandweer en reddingspanne van die Ray Nkonyeni-munisipaliteit en Med-Evac-ambulansdienste na die toneel gehaas.
Die vrou, glo van Boksburg afkomstig, se liggaam is in die vlak water opgespoor nadat sy glo deur seestrome meegesleur is in ʼn omgewing wat nie deur lewensredders beman word nie.
“Die seestrome het haar na die strand suid van die visvangpier in Margate gebring en daar het lewensredders haar uit die water gebring en kardiopulmonêre resussitasie begin toepas. Paramedici het later dié pogings oorgeneem,” het Jackson gesê.
Die pogings was egter onsuksesvol en die vrou is op die toneel dood verklaar.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Ai sies tog dis vreeslik hartseer baie sterkte aan haar geliefdes en familie.
Rus in vrede my Vriendin Annatjie Swart.. Nou is jy by jou Ma en veilig in God se arms.. Sterkte aan almal
Slagoffers se name word weerhou totdat al hul families in kennis gestel is en dit nie hoor via media nie. Respekteer dit.
Andre
My eerste gedagte ook
Ek hoop al haar familie weet klaar en het nie dalk nodig om dit op die blad te lees nie
RIV dame ?
Mag GOD jul styf vashou in jul tyd van rou
Amanda en almal wat bande van vriendskap met Annatjie Swart gehad het, medelye met haar tragiese afsterwe. Mag julle ook troos vind in die Here se immer teenwoordigheid. Sy Genade Troos ons bo menslike verstaan. Wees dan vertroos.