Gebou val in; werkers beseer

‘n Gebou het inmekaar getuimel in Benoni. (Foto: Verskaf)

ʼn Konstruksiewerker is dood en drie ander beseer nadat ʼn gebou in Benoni inmekaargeval het. Volgens paramedici het die gebou in Liverpool-straat Maandagmiddag op die werkers ingetuimel.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddiens het om 15:44 ʼn oproep gekry dat die gebou inmekaargeval het.

“Vier manlike konstruksiewerkers was in die gebou onder bourommel vasgekeer toe ʼn gedeelte van die gebou wat in aanbou was, inmekaargesak het,” sê Herbst. “Paramedici het die toneel beoordeel en bevind een van die werkers het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Herbst sê nog ʼn werker het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel. Twee ander werkers het matige beserings opgedoen.

“Nadat al die pasiënte behandel en gestabiliseer is, is hulle per ambulans na die hospitaal geneem vir verdere behandeling,” sê Herbst.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Swak goedkoop materiaal of swak vakmanskap? Sal graag na ondersoek wou weet.

S.Meyer ·

Kom dit by my op… JEREMIA 48:8 Jou vyand sal al jou dorpe verwoes. Geen stad sal gespaar bly nie. Hulle sal die valleie beskadig en die vlaktes verwoes. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.