Geen beurtkrag op Nuwejaarsdag

Argieffoto: Unsplash

Beurtkrag sal op Oujaarsdag tot 16:00 toegepas word, waarna dit opgeskort en eers op 2 Januarie weer hervat sal word.

Eskom het bekend gemaak dat daar soos op Kersdag ook nie op Nuwejaarsdag beurtkrag toegepas sal word nie.

Fase 4-beurtkrag sal van 16:00 vandag af geld en tot 05:00 Saterdag voortduur. Hierna sal fase 2-beurtkrag tot 16:00 op Oujaarsdag toegepas word voor beurtkrag opgeskort word.

Fase 2-beurtkrag sal weer om 05:00 Maandagoggend tot verdere kennisgewing ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.