Geen beurtkrag vanaand

Beurtkrag kan steeds op kort kennisgewing ingestel word. (Foto: Maroela Media)

Eskom verwag in dié stadium nie dat dit nodig sal wees om Dinsdagaand beurtkrag in te stel nie. Die kragverskaffer waarsku egter dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar beduidende probleme ondervind word.

Daar is ʼn voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit en Eskom waarsku indien daar enige verdere noemenswaardige probleme by sy kragsentrales ondervind word, sal beurtkrag wel geld en waarskynlik tydens die spitstyd van 17:00 tot 22:00.

Eskom hou die stelsel fyn dop en versoek verbruikers om krag spaarsaam te gebruik deur veral nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Altesaam 1 976 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 15 398 MW weens onvoorsiene probleme nie vir die netwerk beskikbaar is nie.

Eskom sê die moontlikheid van beurtkrag sal oor die komende weke weens die tekort aan kapasiteit voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

daarsdit ·

Ons is al van vrydag af sonder krag en niemand kry die probleem nie, so dit maak geen verskil nie.

Shakespeare ·

Arme Andre. Hy sit met ‘n horde BEE onbevoegdes en kan NIKS daaromtrent doen nie. Voorwaar ‘n piesang Republiek.

SjN ·

Standaard praktyk, volhoubare kragopwekking is die doel van die staatsinstelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.