Geen beurtkrag vir stormgeteisterde eThekwini

Nie-bederfbare kos word na slagoffers in die vloedgeteisterde Durban-gebied gestuur. Eskom sê hy het ook beurtkrag daar opgeskort. (Foto: Gift of the Givers/Facebook)

Die stormgeteisterde eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal word in hierdie stadium nie aan beurtkrag onderwerp nie.

Monde Bala, Eskom se groephoof vir distribusie, sê eThekwini benodig op ʼn gewone dag sowat 1 600 MW elektrisiteit. In hierdie stadium is tussen 600 MW en 700 MW weens stormskade nie beskikbaar nie en gebruik staan tans op nagenoeg 900 MW.

Eskom sou onder normale omstandighede van die plaaslike owerheid verwag het om sy kragverbruik met sowat 600 MW tydens die huidige ronde beurtkrag te verminder.

“Daar is tans nie beurtkrag in eThekwini nie. Die hoeveelheid krag wat weens onderbrekings nie beskikbaar is nie, is naastenby gelyk aan wat ons sou vereis verminder moet word. Die reëling is nou dat ons nie beurtkrag instel nie,” sê Bala.

Eskom-spanne is intussen in die gebied ontplooi om kragtoevoer na geraakte gebiede te help herstel. Sy tegnici help ook die verskillende plaaslike owerhede om herstelwerk te doen.

Volgens Bala het Eskom nie noemenswaardige skade aan infrastruktuur in die provinsie ondervind nie.

Onafhanklike kragverskaffers in die provinsie kon ook hoofsaaklik soos gewoonlik met hul bedrywighede voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VaalDonkie ·

Is oukei. Hulle kan maar my kragbeurt met liefde gebruik.

Marius ·

Hulle moet eerder die gebiede wat so baie skuld en nie vir hul krag betaal nie af los.

Pietertjie ·

Dis seker makliker om nie beurtkrag in te stel waar die kragnetwerk weggespoel het nie.

JohanEtz ·

Wat van UGU? Meer as ñ weekreeds sonder water, nou nog 6 ure per dag beurtkrag!!!!!

Papsak ·

Ja maar ons Moet boet en Sonder water en krag sit hoe vertraag Kan jy Nou kry

Deon ·

“peter borrow from paul”……hoe gemaak as n soortgelyke insident in n ander area ook gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.