‘Geen bewyse’ ná koelbloedige moord op jong mense

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

Dit is sowat drie maande nadat die jong paartjie, Johanco Fleischman en Jessica Kuhn, in Mei vanjaar op Putfonteinweg in Benoni koelbloedig doodgeskiet is nadat hulle sonder brandstof langs die pad gaan staan het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Daar is ook geen nuwe inligting rondom die voorval bekend gemaak nadat daar voorlopig vasgestel is dat Zama Zama’s (onwettige mynwerkers) glo verantwoordelik is vir dié moorde nie.

Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag verseker dat alle leidrade opgevolg word en die private speurder Mike Bolhuis se speurspan hou steeds hul ore op die grond.

“Maar hoe vang jy iemand as daar nie bewyse agtergelaat word nie,” het Bolhuis Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Hy verduidelik dat die onderwêreld van onwettige mynwerkers in Suid-Afrika verder strek as wat ooit gedink kan word. “Hierdie mense is onaantasbaar. Hulle laat geen bewyse agter nie en gaan letterlik ondergronds tot die stof gaan lê.”

Volgens Bolhuis is daar geen forensiese bewyse op 26 Mei vanjaar agtergelaat toe Fleischman en Kuhn se liggame langs die pad aangetref is nie.

Hy voeg by dat die monde van die mense in die gemeenskap rondom die moordtoneel ook sedertdien gesnoer is oor wat daardie dag gebeur het, uit vrees vir hulle lewe.

Al wat in dié stadium tot ʼn inhegtenisneming kan lei, is indien die vuurwapen waarmee die twee jong mense doodgeskiet is weer in ʼn ander misdaad gebruik word en daar dié keer meer bewyse agtergelaat word.

“Dit is verskriklik om te sê, ek weet. Maar dit is óf dit óf iemand moet teen hulle draai en met inligting na vore kom. Dít gebeur egter selde,” sê Bolhuis.

Die bakkie langs die pad. Maroela Media het die foto verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Twitter)

Oudkol. Vincent Harris, lid van Bolhuis se speurspan, eggo Bolhuis se woorde. “Ons is 100% seker dit is onwettige mynwerkers wat die moorde gepleeg het. Die probleem is egter inligting. Almal is te bang om te praat.”

Maroela Media het vroeër berig daar is groot onwettige mynbedrywighede in die gebied waar die moord plaasgevind het. Daar word vermoed dat grootkoppe van dié groep Fleischman se bakkie daardie dag vanaf die informele nedersetting oorkant die pad dopgehou het.

“Dit is ʼn plaasbakkie en hulle het tien teen een gedink dat hulle [die jong mense] onwettige goudstof wou koop of oplaai. Hulle is as ʼn bedreiging gesien en toe doodgeskiet,” het Harris voorheen aangevoer.

Intussen wag Fleischman en Kuhn se geliefdes desperaat dat iemand boet vir die moord op dié twee.

“Ons staan al op drie maande ná die moord. Die polisie het my nog nooit gekontak nie. Jessica se ma-hulle is nog nooit gekontak nie,” het Marika Fleischmann, Johanco se ma, onlangs aan eNuus gesê.

Volgens Dlamini is die polisie wel in kontak met die familie, maar daar is bloot net geen nuwe inligting rondom die saak om te deel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ursula ·

Kry nie n ding soos n perfekte moord, meer n onperfekte ondersoek

Magda ·

Stem 100% saam – hoop regtig dat daar vinnig n ordentlike ondersoek gedoen sal word – geen moord is die perfekte moord nie. Daar is altyd iets – dit meot ent gevind word en met die onperfekte ondersoek – Nou ja niks meer nodig om te se nie. Sterkte aan die Families van die 2 onskuldige kinders wat so wreed vermoor is.

Lientjie ·

Nou kyk of jy dit beter kan doen sonder bewyse. ‘n Vriendin van my is baie jare terug vermoedelik ontvoer van kerkplein in Pta nadat sy met die bus van Pta stasie gekom het. Haar liggaam was langs die pad naby De Deur gekry met net ‘n oorbel in die een oor. Alle leidrade en ek bedoel alle leidrade was opgevolg en tot vandag toe kon hulle nog niemand verbind met haar moord nie. Hierdie is maar net ‘n paar gevalle wat ons van hoor. Daar is derduisende moorde wat nie opgelos kan word nie, en ek was vir baie jare betrokke by die SAPD.

wielie ·

Sulke mooi kinders, so onskuldig dood gemaak vir niks ……….

Ore ·

En intussen huisves ons regering hierdie onwettige kriminele en veg die Menseregte aktiviste hand aan hand saam .Dis om van siek te word.

Deloris ·

Lientjie, ek stem saam… Daar is miljoene onopgeloste moorde. My ma is in Sept 1999 vermoor in Kempton Park… My man se pa is Sept 1999 vermoor op n plaas…. Onopgelos… Tot vandag toe…
Sterkte aan die familie en vriende.. Hulle was sulke mooi onskuldige jong kinders.

jakes ·

Wat jy saai sal jy maai. Mag die uitvaagsels wat dit gedoen het spoedig hul straf ontvang. Hulle sal wel eendag rekenskap moet gee voor die Hoofregter en daar sal ras niks tel nie.

chris ·

In SA is daar honderde onopgeloste moorde omdat ons speurdiens onkundig is.
sit ook met n geval waar ek as ouer self alle speurwerk en ondersoek ingestel het
na my dogter se dood. Alle bewyse vir die speurders gegee wat hulle nodig het
vir die moordsaak, dis nou al 7 maande en nog geen vordering, die moordenaar
loop nog steeds rond asof niks gebeur het nie.SA se speurdiens is van die swakste in die wereld.

Mb ·

Perfekte moord????? Maar eendag is eendag wat hulle voor God moet staan. Dan sal ons sien of hulle nog dink dat hulle geskor het. Idiote.

Klip In Die Bos ·

Wonder of die families hierdie speurspanne vooraf betaal of eers wanneer daar iemand gearresteer word…
Wanneer die publiek voel dat die polisie niks verder wys word nie, word daar juis op die knoppies van spesialis eenhede gedruk vir hulp. Dalk verbeel ek my, maar is daar nie ook al berig dat die speurspan ‘binnekort’ arrestasies sou maak nie?

McG ·

Nou wonder ek net…. AS iemand SOU praat en daai ou weet dis tickets met hom…
Sou jy praat…? Want dis so goed soos ‘n death sentence…
Voel baie jammer vir die families van die twee kinders. Hopelik kom daar inligting wel na vore.

maryann ·

wat van die werkers wat op die bakkie was – hul moet tog iets weet of die skuldiges kan uitken.

bea ·

ek kyk baie Reality op tv, en in America kan die kleinste bewyse iemand laat tronk toe gaan, want daar lewe die polisie om mense soos die op te spoor hulle sal elke moontlike leidraad volg..verskil is hulle doen moeite..nie in ons land nie!!

Chris Beets ·

Sien dis teveel werk wil net sit en niks doen en Ô hulle wil geld hê die einde van die maand alles in hulle oë is mos gratis en verniet.

Lynette ·

Daar word 55 of meer moorde op ‘n dag gepleeg in die land. Hoeveel van daai moordenaars word vasgetrek? Scary om te dink almal loop vry rond.

KAREN ·

Ons bly in die area op die plotte. Jare terug het die regering mense van Bapsfontein “tydelike” huisvesting gegee, tot busse was elke oggend beskikbaar vir almal om werk toe te gaan. Daar was beloftes ,dat die regering diè mense sal herallokeer na ‘n beter tuiste .Alle dienste en herallokerings ,tot die busse is gestop. Natuurlik is die myn toe ontdek, en van hulle bendes gevorm het, is dit nag ,veral daar by putfontein brug .Ons hoor net hoe skote klap , en die lyke word meer.Die polisie probeer hul bes, maar daar word op hulle ook geskiet .En dis waar , die onwettige myners het hier oorgeneem .Na baie pogings word niks gedoen nie .
Eks so jammer vir die arme kinders , maar dis nie die einde van die bende moorde nie, tensy daar 24/7 polisie teenwoordigheid in die area gaan wees. Ons hande is hier afgekap .
R.I.V onskuldige mensies

Chris Beets ·

Kyk vroeë jare het jy nie gehoor van so iets, hoekom nou daar die tyd het die polsie nog hul werk gedoen en ordentlik nou kyk hulle hoeveel hulle nie kan doen nie.

se net! ·

Daars nie so iets soos n perfekte moord nie!
Iemand weet iets!
Offer n bedrag vir info!
Print dit op n flyer,en versprei dit in daardie aria!
Iemand sal praat!
Daai moordenaars was te arrogant en sal spog oor hulle daad!

Sandy ·

In forensies bestaan daar ‘n ding soos “Locard Principal” wat beteken dat die oortreder altyd iets agterlaat by ‘n crime scene ……. wonder maar net of die ondersoek volledig gedoen is

leser ·

is dit so moeilik om ‘n taakspan bymekaar te maak om vir eens en altyd die “lee” myne toe te maak
daar word so baie kere gekla oor die “zama zama’s” wat moeilkheid maak, raak van hulle ontslae

Pieter ·

Belastingboikot mense dit is al dan sal hulle sien ons blankes het ook n se

Wonder ·

Die 2 werkers wat kwansuis weggehardloop het glo ek is die antwoord op die misdaad.
Ek glo hulle weet meer as wat hulle voorgee.
Ek glo ook Zammas was nie betrokke nie.
Ek mag verkeerd wees maar ek kan ook reg wees.

Wonder ·

Die 2 werkers wat kwansuis weggehardloop het glo ek is die antwoord op die misdaad.
Ek glo hulle weet meer as wat hulle voorgee.
Ek glo ook Zammas was nie betrokke nie.
Ek mag verkeerd wees.

Caspar ·

Die SAPD is useless verby en kos die belastingbetaler jaarliks miljarde.

chris ·

Caspar stem 100 % saam, so maklik om hier n moord te pleeg.
EN kom weg daarmee.

marous ·

Maklik , sit ‘n skinkbord beloning op . Dan is dit verby .

VANHELSING ·

Hoe is dit dat niemand aangekeer kan word?? Die storie lui mos dat van hul werkers agter oop die bakkie gesit het en toe weggehardloop het voor die skietery ???? Of was dit ook twak. Hierdie glo ek is alles net ‘n spul leuns (Ek mag dalk ook verkeerd wees)

E. T. ·

God slaap nie. Indien nie in hierdie wêreld, sal hulle moet boete doen in die hiernamaals

Posduif ·

Ek verstaan daar is nou weermag eenhede wat moet opgelei word om die bende-geweld op die kaapse vlaktes hok te slaan. Hulle is blykbaar opgelei om die “vyand te identifiseer en dan te elimineer” soos wat ek uit ‘n vorige artikel verstaan het, daarom die her-opleiding vir die vlaktes. Nou wat van hulle stuur die weermag (as ons nog een het), die sonder die nuwe opleiding om te gaan “skoonmaak” waar die polisie dit nie kan doen nie. Indien die huidige weermag ook nie bevoeg is om dit te doen nie, waarom nie van die 1980’s spes-magte wat nie te kranklik is, daar instuur met die regte swaargeskut nie? Ek is seker daardie omies kan nog mooi onthou hoe hoe daardie lekker ou weermag toerusting nog werk. Die jong outjies kan dan sommer saamgaan om by daardie omies te leer hoe die ding gedoen word. Net ‘n voorstel – een wat verseker sal werk!!

Ig ·

Bied n beloning aan van R100 000 wat sal lei tot die skuldigbevinding en inhegtenisneming van die wat die daad gepleeg het? In SA money talks!!!! Trust me.

Leon ·

Met ‘n regering soos Suid Afrika s’n en met ‘m polisie soos wat ons het, word daar duisende perfekte moorde gepleeg. Veral plaasmoorde. daar word feitlik nooit iemand vasgetrek en word hulle vasgetrek word hulle in elke geval vrygelaat. Is dit nie ‘n perfekte moord nie?

Isobel Carrie-Wilson ·

Kry ń privaat speurder en loof ń beloning uit. Begin met fonds insameling vir “Geregtigheid vir Johanco en Jess.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.