Geen borgtog ná moord op KZN-egpaar

Murray Ross (67) en sy vrou, Julie (60), is Saterdag helder oordag in hul huis in die Umtentweni-omgewing doodgesteek (Foto: Port Shepstone Country Club)

’n 25-jarige man wat aangekla word van die moord op Murray Ross (67) en sy vou, Julie (60), is Dinsdag in die landdroshof in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, borgtog geweier.

Die Ross-egpaar is op 28 Augustus helder oordag in hul huis in die Umtentweni-omgewing doodgesteek. Hulle het verskeie steekwonde aan hul nek en kop opgedoen.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is twee mans, onderskeidelik 25 en 23 jaar oud, op 2 September in hegtenis geneem.

“Die 25-jarige sal in aanhouding bly, maar die 23-jarige man is vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse,” het Gwala bevestig.

Die gemeenskap van Umtentweni is deur dié dubbelmoord geruk en het die egpaar as “steunpilare” beskryf.

“Die saak is tot 7 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

twaalfboor ·

23 en 25 jaar oud. Gebore na ons kwansuise “demokrasie”. So wat is die verskoning?

JohanR ·

ANC gee die geld, EFF reel die manne, taxis ry die manne aan, en na die daad neem hulle weer die maane huis toe. Kan enige iemand hard dink aan enigeiets wat die EFF opgebou, of self net gebou het, en nie afgekraak of afgebreek het nie? Dan wil hulle regeer…..bewaar ons!!!!!

Werner ·

Nie genoeg bewyse nie dit is n goeie begin om kriminele te kweek

Skappie ·

Ja, daar moet geen borgtog aan hom gegee word nie. Dink net hoe moes hierdie twee mense pyn verduur voordat hulle oorlede is. Sterkte aan hulle gesin.

casper ·

Ja nee dis lekker — Veilige slaap kwartiere, TV en vermaak, 3 maaltye per dag en vele samehorige vriende.
Dit is nou jou straf vir MOORD?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.