Geen borgtog vir Groblersdal-twee

Piet Groenewald en sy stiefseun Stephan Greeff in die hof op Groblersdal. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Daar was Maandag gemengde gevoelens ná die borgtogaansoek van ʼn pa en stiefseun, wat van die aanranding op ʼn werker beskuldig word, geweier is.

Binne die hof het Piet Groenewald (63) sy lewensmaat, Elmarie Greeff, styf omhels en gesoengroet. Stephan Greeff (23) het op sy beurt sy vrou, Annelien, ʼn drukkie gegee. Hulle is hierna na ʼn wagtende vangwa geneem wat hulle terug na die gevangenis geneem het.

Buite die hof het ʼn klein groepie betogers, bestaande uit EFF- en ANC-lede, hard begin sing in verwelkoming van die hof se besluit.

Landdros Bogi Mashele het onder meer bevind Groenewald sal met die saak inmeng, sou hy op borgtog vrygelaat word.

Hy het dié bevinding gemaak omdat daar getuienis voor die hof gebring is dat die klaer in die saak, Veneruru Kavari (30), aanvanklik glo deur werkers van Groenewald ontvoer en na Middelburg geneem is.

Piet Groenewald en sy lewensmaat Elmarie Greeff omhels in die hof. (Foto: Isabel Venter)

Groenewald, die eienaar van Wildlife Investigation & Protection Services (WIPS) in Groblersdal, is in Januarie saam met Greeff in hegtenis geneem.

Hulle staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hiervolgens sou Greeff en Groenewald vir Kavari met ʼn piksteel aangerand en ʼn veiligheidshond aangehits het om hom te byt, asook hom glo met ʼn onbekende vloeistof ingespuit het.

Oor Bheki Cele, minister van polisie, en Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, wat die borgtogaansoek bygewoon het, sê Mashele hy kan nie ʼn uitspraak maak nie.

Die howe funksioneer onafhanklik en sal nie beïnvloed word deur politiek nie. Hy het toe bevind dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om Groenewald en Greeff op borgtog vry te laat nie.

Willem Petzer, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, aktiviste, borgtog, Groblersdal, Bittereinders

Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels Maandag in die beskuldigdebank in die distrikshof in Groblersdal, Limpopo. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

In dieselfde hof het die regse aktiviste Willem Petzer (27) en Tewie Wessels (32) saam met Devon Hofmeyr (29), ʼn direkteur van die Bittereinders-beweging, onder polisiebewaking verskyn.

Louis Liebenberg, die berugte diamantsmous, het aan die media in die hof gesê hy is daar om hulle te ondersteun.

Hul borgtogaansoeke is laatmiddag aangehoor, maar is toe tot Donderdag uitgestel weens beurtkrag wat om 15:00 by die hof ingeskop het. Hulle al drie sal in aanhouding bly tot dan.

Maroela Media het betroubaar verneem ʼn vierde verdagte, Dries Olivier (76), ʼn inwoner van Groblersdal, kon nie in die hof verskyn nie, want hy het ʼn siektebrief by die Groblersdal-polisiekantoor ingedien.

Wessels, Hofmeyr en Petzer het al drie vroegoggend met hul tasse aangemeld by die polisiekantoor waar hulle toe in hegtenis geneem is.

Luidens die voorlopige klagstaat sal hulle onder meer teregstaan op aanklagte wat verband hou met openbare geweld en die verhindering van ʼn polisiebeampte in die uitvoer van sy pligte.

Die drie was op 24 Januarie deel van ʼn betoging buite die landdroshof in Groblersdal toe Groenewald en Greeff met hul borgtogaansoek begin het.

Francois van der Merwe, ‘n direkteur van die Bittereinders-beweging, word verlede Woensdag in Groblersdal, Limpopo, deur wetstoepassers platgetrek. (Foto: Isabel Venter / Maroela Media)

Sowat 100 betogers, meestal van die Bittereinders-beweging, het op die dorp toegesak met die Transvaalse Vierkleur van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek, om hul vrylating te eis. Die optoggangers en polisielede het haaks geraak en Francois van der Merwe, nog ʼn leier en mededirekteur van die Bittereinders, is toe in hegtenis geneem. Sy borgtogaansoek is nog hangende.

Adv. Piet Pistorius SC, vir Petzer en Wessels, en adv. Isak Herbst, vir Hofmeyr, het hul onderskeie eedsverklarings voorgelees in die hof.

Al drie het hierin aangedui hulle sal onskuldig pleit op al die aanklagte teen hulle. Hofmeyr het bygevoeg hy het ʼn “waterdigte verweer”.

Die staat het Maandag aangedui borgtog sal teengestaan word, al is dit ʼn bylaag 1-oortreding waarvan die drie beskuldig word.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Limpopo, het buite die hof bevestig Wessels, Petzer en Hofmeyr se saak sal by dié van Van der Merwe gevoeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nommer 7 ·

Ai, lyk my al die selfverkoses om die afrikaner volk te red, word in hegtenis geneem!

Sobymykoolkop ·

Staan sterk manne met ruggraat. Die woke liberale skoothond media sal dit opblaas so ver hulle kan. TROTS op julle…..

Nicky ·

Hier kom ons Zimbabwe selfde voor n verkiesing, meer en meer word ge arestreer vir niks

Nicky ·

Hulle dink hulle kan ons stil maak, maar oral in die buiteland weet hulle wat hier aangaan, TROTS OP JULLE WILLEM HOE SE HULLE BYT VAS ONS REGTE SUID AFRIKANERS SAAL SAAMSTAAN

Papsak ·

Ja boere en ons mag niks doen nie sit en toe kyk en hulle geniet hulle met ons maar hulle word niks gedoen nie regtig

Anel ·

Maar wat van die eff? Het hulle nie in hulle hordes opgedaag en toegang tot die hof gekry en hulle sieknlued geding en amper ‘n man dood gery nie? Wat word daarvan? Die is in een woord net siek. Sterk staan manne!!

JACF ·

Baie sterkte jul toegebid. Die prys om vir die vryheid van die Afrikaner te betaal is hoog.
Vergeet van al die verhale rondom hierdie paar jong manne.
Dankie vir jul poging. Groot waardering.

Wendy ·

Openbare geweld gee my krag waar is di video wat DIT aandui -hulle ht absoluut niks gedoen nie -ek stem saam met Anel ;papsak en Nicky -ons boere bly die slaansakke maar toemaar glo nie dit kan vir ewig aanhou – ek skaam my vd boerevolk en media !!! Hier is maar n handjievol wat kan saamstaan maar almal ht hul monde vol oor di swak regering tot dit op die push kom dan val die draadsitters af .

Danie ·

Leer daaruit. Moet nooit weer die goed aanstel om vir jou te werk nie. Stel veel eerder jou eie mense aan. Laat die goed eerder van die honger dood gaan. Hulle verdien dit deur en deur.

George ·

@Papsak, en die twee wie hy vermoor het, en toe gevlug het, en toe net 3 jaar gesit het van n 20 jaar vonnis? Is dit ook “ons afrikaners mag ook niks doen nie” ?

Jacobus ·

Ek hoop hierdie manne kan hulle onskuld bewys en onskuldig bevind word. Dagvaar dan die polisie en sit eise in van mijoene rande.

popsa ·

En HOE word hulle deur die waarde heer ondersteun? Wat het die uwe met die saak te doen? Jy het inbors en integriteit of jy het dit nie. Die boom sal aan sy vrugte geken word (en die mens aan sy liewe vriende). Julle is in ons gebede, manne. Ten minste wend hulle ‘n poging aan, Nr 7. Want hulle gee om. En hulle betaal die prys. Dit is respek werd. Iemand wat handegevou in sy glashuisie sit moet liewers swyg.

Nommer 7 ·

@popsa. Is u ook erens bedrywig of maak ‘n geldelike bydrae, of sit u handegevou in u glashuisie?

Nommer 7 ·

@Danie. Vir sekere werk is “die goed” beter as “jou eie mense”. Kan jy jouself voorstel watter probleme ‘n boer in die gesig sal staar indien hy net blanke plaaswerkers sou aanstel. Maatskaplike Dienste sal ‘n permanente kantoor op die plaas moet he!

SjN ·

Hoekom was Cele en Lamola teenwoordig, wat soek hul daar, hoekom nie ook by plaasmoordsake nie, verkiesingsmagstryd?

Elsie ·

Groenewald kan maar sit, hy is ‘n gewoontemisdadiger. Francios, Willem, Tewie en Devon. Ek dra jul in my gebede op. Trots op julle manne

Sonneblomkind ·

Al wat ek kan se is Ek Bid vir Piet en sy Stiefseun en die ander 3. En ek bid vir hul families

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.