Geen borgtog vir Werner de Jager

Werner de Jager (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Werner de Jager, wat teregstaan op die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, is Donderdag borgtog in die Amanzimtoti-landdroshof geweier.

Die hof het onder meer bevind De Jager hou nie net ‘n bedreiging in vir homself nie, maar ook vir sy twee minderjarige kinders.

De Jager, wat ingevolge ‘n hooggeregshofbevel toegang het tot die kinders, sal hulle moontlik kan intimideer, het die hof bevind. “Dit is duidelik dat hy nie geweet het sy kinders sal vir die staat kom getuig toe hy sy eedsverklaring afgelê het nie. Hy weet dit egter nou en die hof is van mening daar is ‘n groot kans dat hy kan inmeng met dié getuies. Die hof is bekommerd oor wat dan van die kinders sal word,” het landdros Zama Nyiswa in haar uitspraak gesê.

Sy het verder bevind dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om De Jager se borgtogaansoek toe te staan nie.

Mense in die hof het spontaan hande begin klap toe sy borgtog geweier is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Alles goed en wel dat hy nou verhoor word, maar dit het ook maar LANK gevat. Maklik 2 jaar. Afriforum moes ook kwaai druk toepas om die verhoor te laat begin. Wys jou net, as wit mense in dié simpel anti-wit SA vermoor word, gee die polisie en die howe eenvoudig nie om nie. Dis asof daar ‘n houding is van “ag sy was mos maar net wit, so waarom nou omgee”.

Casper ·

Nou Leon sê vir my wat wil jy hê moet met hom gebeur.Ons het almal gevra dat borg nie toegestaan word nie.nou is hy borg geweier en nou is dit free board en lodging.

Robert ·

Presies my gedagte Casper. Party mense sal net nooit tevrede wees nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.