Geen voldoende bewyse vir ivermektien, sê departement

(Foto: Luis Robayo/AFP)

Die nasionale komitee vir die lys van noodsaaklike medisyne (NEMLC) se Covid-19-subkomitee het alle bewyse bestudeer vir die behandeling en voorkoming van Covid-19 met ivermektien.

Popo Maja, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die komitee het bevind daar is tans nie voldoende bewyse om ivermektien aan te beveel vir die behandeling of voorkoming van Covid-19 nie.

“Sommige studies dui daarop dat ivermektien moontlik voordelig kan wees in die bestuur van Covid-19, maar die bewyse wat tans beskikbaar is, is voorlopig en van lae gehalte. Die studies verskil ook tot ʼn groot mate van mekaar wat betref die erns van simptome by pasiënte, medisyne waarmee ivermektien vergelyk is en bykomende medikasie wat pasiënte ontvang het.”

Maja het gesê verskeie studies duur voort om die doeltreffendheid en veiligheid van ivermektien in die bestuur van Covid-19 te bepaal. “Die uitslag van dié studies sal meer wetenskaplike data aan die departement verskaf sodat ingeligte besluite oor die gebruik van ivermektien gemaak kan word.”

Soos wat nuwe data beskikbaar gemaak word, sal die subkomitee deurlopend die aanbevelings hersien en wysig.

“Intussen ontmoedig ons die gebruik van ivermektien aan buite proewe wat goed uitgevoer en beheer word,” het hy bygevoeg.

Die subkomitee bly verbind tot ʼn bewyse-gebaseerde benadering vir die keuse van veilige en doeltreffende medikasie vir die bestuur van Covid-19.

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het intussen Woensdag aangekondig dat hy ʼn “beheerde toegangsprogram om menslikheidsredes” vir die gebruik van ivermektien deur mense – vir die gebruik by Covid-19-pasiënte – gaan toelaat.

Daar was die afgelope paar weke toenemend oproepe van nie net gewone burgers nie, maar ook van talle mediese praktisyns desperaat vir ʼn manier om hul Covid-19-pasiënte te help, dat die gebruik van ivermektien toegelaat word.

Sahpra het tot dusver gesê daar is bloot nie genoeg studies en data beskikbaar om die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 te regverdig nie. Ivermektien was boonop nie geregistreer vir menslike gebruik in Suid-Afrika nie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum beskou Sahpra se aankondiging as ’n stap in die regte rigting. Die wettige gebruik van die middel is egter uiters beperkend, sê AfriForum. Daarom gaan die organisasie se hofsaak teen Sahpra op 2 Februarie steeds voort.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum, ʼn Pretoriase dokter en twee van sy pasiënte het Sondag ’n dringende hofaansoek gebring teen Sahpra en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, om te verseker dat ivermektien wat vir menslike gebruik ontwikkel is, beskikbaar kan wees sodat dokters dit vir die behandeling van Covid-19 kan voorskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bernard ·

Ivermectin reeds in 1965 goedgekeur vir menslike gebruik in SA

Francois Le Cochon ·

Ivermektien is in 1975 ontdek, en word sedert 1981 as medikasie gebruik.

Joe ·

Francois Le Cochon en Bernard, in watter lande word dit as medikasie gebruik? Kan jy asb. se waar ek kan lees oor hierdie goedkeuring as medikasie , ek vra nie oor “Rivier siekte en Olifants sindroom” nie , asb.
Bernard jy se dit is in 1965 goedgekeur in SA – Francois se dit is in 1975 uitgevind. Skakels as julle het asb.

Piet ·

Goeie voorbeeld hoe mens jou eie navorsing moet doen en nie alles pappegaai wat ander sê nie

Anel ·

Ek het my bedenkinge oor die regering se departement van gesondheid se sogenaamde dokters. Om te sê dat die Invermectien nie getoets is nie waar dit al dekades lank in die buiteland gebruik, gaan my verstand te bowe. Nou moet WARE dokters hulle hof toe vat om hul pasiënte daarmee te behandel!! Maar hulle is bereid om inentings op mense af te dwing wat nog nie eens ‘n jaar getoets is nie of wat net 70% effektief is? Asseblief! Meens kan sien alles gaan net oor geld, mamon!!!!

Persheks Adri ·

Ja Anel die redenasie vermoë van die klomp gaan my verstand te bowe terwyl ander lande dit wel gebruik. Dis net SA wat weer terug op die brug is maggies man. Gaan net oor die geld

Francois Le Cochon ·

Persheks, ja die WGO gebruik dit al jare lank in ander “arm” lande vir die behandeling van parasiete, omrede die vervaardiger dit gratis aan die WGO skenk. SA gebruik ander medikasie vir die behandeling van parasiete by mense. Die feit dat SA ander parasiet medikasie gebruik, maak ons nie “terug op die bruk” nie.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Ek meen, het Ramaphosa nie n “dokter” aangestel as n spesialis wat toe nooit eers n dokter is nie? Daai storie het ook net soos mis voor die son verdwyn.

Francois Le Cochon ·

Anel, twee van my familie lede is mediese spesialiste by die DvG. Een was die beste mediese student in die geskiedenis van die Universiteit se Mediese Fakulteit. Altwee het tans baie te doen met Covid. Ek kan jou verseker dat jy nie bedenkinge oor die DvG se dokters hoof te he^ nie. Ja, Covid word sedert 1981 as parasiet medikasie gebruik. Tans is die argumemt of dit sal help vir die behandeling van Covid. Sower is die antwoord dat daar nog wereldwyd geen bewyse is daarvoor nie. Dit beteken nie dit gaan nie werk nie. Dit beteken net daar is nog dusver geen bewyse nie.

Yvonne ·

Nou moet iemand net ontdek dat Allergex ‘n effektiewe medisyne vir Covid-19 is en ons almal nies van die môre tot die aand omdat die regering dit skielik verban het want dis nog nooit getoets vir Covid-19 nie, en is daarom uiters gevaarlik. Dan het ons almal Covid-19 verwante sinus en hooikoors.

Sarel ·

NEMLC…???? Wie is julle…ANC amptenare en dit krap julle planne

Nie Verbaas ·

Die vraag is hoe bevoeg Maja en sy komitee is of is daar weer n onderliggende agenda? Ons vertrou ongelukkig menings van ander, nie van ANC kaders nie.

Pieter ·

Kom wys vir ons wie is die komitee asb en vir wie werk hulle.

KB ·

So Papaja en Mkhize is die twee uile in die mediese boom…wydbelese en ingelig? Red ‘n volk!

Pieter J ·

Die publiek is desperaat en is nie bereid om te wag vir ń onbevoegde regering wat hulle eie agendas dryf nie.

Casper ·

Ivermektien werk as volg 1 .Dit moet die 1% wees.2 Dit moet aan liggaamsdele gesmeer word waar baie vet is soos die maag die duie die duie of die bo-arms.3 Twee ml per 100 kg gerwig maar moenie 2 ml oorskry nie.4 Dit moet saam met ‘n anti alergiese middel geneem word soos allergex maar nie een wat jou lomerig mask nie.

Francois Le Cochon ·

Casper, sal dit alle tipes wurms en parasiete doodmaak, en vir hoe lank moet ek dit gebruik? Hoe moet ek dit gebruik vir kopluise?

Casper ·

Ja natuurlik gaan hulle ivermektien verbied want die covid 19 entstof gaan heelwat van our people se sakke vermaak.

Theo ·

Die regering (Dept. Gesondheid) en sy organe soos SAHPRA is traag om die middel toe te laat. Dit gaan minder oor onbekwaamheid van kaders as dit gaan oor ‘n bedekte agenda. Die regering is heeltemal kop in een mus met die WGO wat ook nie die middel wil steun nie, en natuurlik die groot farmaseutiese konglomerate wat in die wereldwye inentings nie net reuse geldinkomste sien nie maar veral ook ‘n vorm van beheer oor bevolkings wil uitoefen. Iets wat nie in hierdie program inpas nie, sal weerstaan word met alle middele. Kyk hoe het hulle hidroksieklorokinien teengestaan met allerhande slim redenasies. Ek voorspel dat die goedkeuring van ivermektien vir gebruik teen koronavirus (ten spyte van die in die praktyk bewese effektiwiteit en veiligheid en ten spyte daarvan dat dit reeds op groot skaal in Indie aan die bevolking uitgedeel word) op allerhande maniere geblokkeer gaan word deur die owerheid.

Jacobus ·

Intussen is stapels tegniese verslae daaroor beskikbaar – gegewe dat hulle dit sou verstaan. Die ander probleem is natuurlik druk van poppemeesters wat worstel met moontlike winste te maak uit situasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.