Collen Naidoo, woordvoerder van die lughawensmaatskappy (Acsa), het Vrydagoggend gesê die probleem het ’n invloed op die lughawe, maar nie op vlugskedules nie. “Die funksionering van die toilette word hierdeur geaffekteer,” het hy gesê. Die lughawe se bestuur moes die watertoevoer afsny om ingenieurs in staat te stel om die probleem te herstel.
Verskeie reisigers het hul misnoë met die waterprobleem op sosiale media uitgespreek. Sommige het gesê restaurante het nie gewilde drankies soos koffie beskikbaar nie as gevolg van die watertekort.
Volgens Naidoo is die probleem tydelik en sal dit binnekort herstel word.
Goeie advertensie vir die buiteland, dis mos die nuwe sa
”Die problem is Tydelik ” Net so tydelik soos beurtkrag
Ingeneurs se hulle. Hmmmm.
Wat ‘n skande! ‘n Internationale lughawe…..
Dit is apartheid se skuld hulle moes beter pype 50 jaar terug ingesit het!
wat hullu ook al doen sal nie slaag nie. Hulle ken nie die woorde bestuur en onderhoud nie
wat hulle ook al doen sal nie slaag nie
Verdomde Jan van Riebeeck,as hy nie beskawing na Afrika gebring het nie sou daar nie nou lekkende pype gewees het nie.
Ja Ig ,slaan jy my naam nou met ‘n plank!Dit is baie beter gestel as my poging!!
Maar Jan het die ‘longdrop’ saamgebring. Voor dit het hulle plaaslik die ‘plasie’ gebruik. In apartheid se tyd kon jy koerant lees terwyl jy rustig sit (het ek nou verkeerd gespel?)
Daar is seker darem ‘n boompie naby vir verligting en ‘n riviertjie of dammetjie vir ‘n watertjie, …..dis mos Afrika !