Geleentheid vir kommentaar oor plastieksakke

(Foto: pixabay)

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye is besig met die ontwikkeling van ʼn sogenaamde plastiekmeesterplan met spesifieke teikens, tydsraamraamwerke, stappe wat gedoen moet word, asook spesifieke doelwitte om te verseker plastieksakke voldoen aan spesifieke standaarde.

Die departement het vroeër vandeesmaand sy voorneme om wysigings oor die beleid oor plastieksakke in die Staatskoerant afgekondig en die publiek kan nou hierop kommentaar lewer.

“Dit is nie net ʼn groot uitdaging om te verseker plastiekafval beland nie net op vullisterreine nie, dit is ook een van die grootste oorsake van skade aan die omgewing weens afval,” het minister Barbara Creecy gesê.

“Plastiekafval beland gewoonlik op onwettige stortingsterreine, vullisterreine en in riviere en eindig uiteindelik in die see waar dit mariene lewe bedreig.”

plastieksakke-inkopies

(Foto: pixabay)

Die wysiging spruit uit ʼn hersiening van die beleid oor alle plastieksakke wat in die land gebruik word. Tydens die hersiening is daar onder meer gekyk wat gedoen kan word om die samewerking tussen die regering en sakesektor in hierdie verband te verbeter.

Een van die belangrikste wysigings aan die regulasies is die verbod op die vervaardiging, verspreiding en verkoop van plaaslik vervaardigde en ingevoerde plastieksakke wat nie aan die voorgeskrewe maatreëls vir gebruik in Suid-Afrika voldoen nie.

Teen 2023 moet 50% van alle plastieksakke herwin kan word, teen 2025 moet 75% van die materiaal herwin kan word en teen 2027 moet plastiek 100%-herwinbaar wees.

Ingevolge die wysigings kan ʼn oortreding van die regulasies tot ʼn boete van tot R5 miljoen of vyf jaar tronkstraf lei. In die geval van ʼn tweede oortreding kan ʼn boete van R10 miljoen of tot tien jaar tronkstraf opgelê word.

Kommentaar op die voorgestelde wysigings kan tot 7 September gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Ai tog anti Barbara. Pragtige gedagte maar jyt seker vergeet jys in die RSA? Hier word die natuur en die verwoes daarvan agv “volks besit” en die reg tot dit vêr bo die bewaring daarvan geplaas.

En jy dink sekerlik nie die kaders wat die sakke maak of “invoer” via hulle Chinese en Russiese gabbas gaan hulle aan jou steur nie? En as ek reg onthou was die bedoeling van betaal vir die gerief van n sakkie veronderstel om die gebruik daarvan te beperk? Sidder om te dink waar gaan al die sakkie geldjies heen?

'n Simpelman ·

Idee in regte rigting. Stem ten volle.
Prakties op die teorie iets anders.

Verban alle ingevoerde onmiddellik. Hoekom wag?

Johanncb ·

Kan die Regering moontlik ‘n aanduiding gee waarheen die inkomste uit hierdie sakkies kanaliseer word?

Jan ·

‘n Skakel of verwysing na waar kommentaar gelewer kan word sou welkom wees. My mening was nog altyd dat, eerder as om plastieksakke te moet koop, die handelaars ‘n terugbetaalbare deposito moet hef. Dit sal die geleentheid skep vir werkloses om ‘n paar rand te verdien deur sakke op te tel.

agnes ·

Plastieksakke in supermarkte behoort verbied te word. Kopers behoort hulle eie sakke te bring. Dit word reeds oral in Europa toegepas en is n logiese oplossing

OW ·

In Afrika word agteruit geboer.Daar was al 50 jaar gelede in SA van papiersakke gebruik gemaak vir kruideniersware.Hoekom dit toe gestaak is,bly ‘n raaisel.SA kan ook lankal nie meer met Europa vergelyk word nie.Afrika is vas aan die wakker,ek bedoel slaap.

Miskruier ·

Vergeet van die plastieksakke, ons stortingsterreine lê vol met miljoene weggooidoeke.

MAGRIETHA ·

Verbied plastiek sakke heeltemal besoedel net die land en riviere en is skadellik vir diere , die sakkies is in elkceval so dun skeur gou en jy betaal baie vir niks so meer sakkies moet gekoop wprd om meer geld te maak die goed le die wereld vol en die mensdom gooi net neer maak nie saak waar nie mense moet beboet word ekt my eie syl sakke kan baie vat en is sterk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.