Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Saterdag in Waterval in ʼn voorval van bende-geregtigheid aangerand en aan die brand gesteek is.
Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die voorval het in die Mpheni-nedersetting plaasgevind.
“Ontstoke gemeenskapslede het ʼn Zimbabwiër, wie se ouderdom onbekend is, aangekeer en van verkragting beskuldig,” het Mojapelo gesê.
“Hulle het hom na die huis van ʼn plaaslike gemeenskapsleier geneem. Die leier het voorgestel die polisie moet ontbied word om die saak verder te voer.”
Mojapelo het gesê die groep het geweier en die man weggevat, waarna hulle hom aangerand en aan die brand gesteek het.
“Die polisie is ontbied en met hul aankoms op die toneel, was die slagoffer reeds dood. Hy het onherkenbaar verbrand.”
Die polisie het die gemeenskap se optrede ten sterkste veroordeel en gewaarsku enigiemand wat in verband met die voorval in hegtenis geneem word, sal aangekla word van moord.
“Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede om alle kriminele dade by die polisie aan te meld sodat dit wettig vervolg kan word en om hulle te weerhou van boendoe-geregtigheid,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
…die gemeenskap veroordeel die polisie se optrede ook ten sterkste. Polisie, regering, kry julle sake in orde! Julle is veronderstel om die misdadigers vas te vat maar julle doen nie!
Wreed wreed! Onmenslik wreed!
Barbaars. Jy kan mos nie n man aan die brand steek net omdat hy blood n verdagte is nie.watter bewys is daar dat die oorledene wel die vrou verwag het. Miskien sou die polisie die nodige bewyse in die hande kry om die ware very raster vas te trek. Dit is heeltemal verkeerd dat die gemeenskap die reg in eie hande neem.
Munie se dis wreed. Hu wreed is dit om boere te martel tot di dood. Di gemeenskappe is g vol vi die inkommers vani buurlande
Nie bende geregtigheid nie, dit was gemeenskap geregtigheid. Die gemeenskap smag na die doodstraf.