Gemeenskapsradiostasies vir gesogte toekenning benoem

Ruben Delmage en Arnold Geerts van #SlatDieSport.

Groot FM het vanjaar benoemings in 13 onderskeie kategorieë in die eerste ronde van die 11de jaarlikse Suid-Afrikaanse Radiotoekennings ingeoes.

Ruben Delmage is benoem in die kategorie vir beste aanbieder in ʼn middagprogram. Hy en Arnold Geerdts is ook benoem vir die beste sportprogram, #SlatDieSport.

Lindie Strydom is benoem vir die #JouMenseMyMense-gemeenskapsprojekte terwyl Francois van Rensburg benoem is vir die beste dagprogram, #LunchPunch, beste naweekprogram, #GisterSeGrotes, en as verkeersaanbieder.

Annelie Bouwer is benoem vir die beste musiekprogram, 5to9metAnnelie, en as nuusleser. Nina Coetzer is ook as nuusleser benoem. Pieter Cloete en dr. Jaco van Niekerk is benoem vir GROOT Trauma in die nuus- en aktualiteitskategorie.

Jacques Erasmus is benoem vir die beste stasieproduksie. Die stasie is ook benoem in die “My Station Awards – Most Loyal Listeners”-kategorie.

Anele du Plessis van Radio Helderberg is ook benoem in die kategorie vir beste aanbieder. Die stasie se middagprogram Cruise Control en aandprogram Weeknights with Lindi is ook benoem.

Radio Tygerberg is vanjaar in twee kategorieë benoem. Die eerste een is in die kategorie vir beste promosie en reklamefoefie. Radio Tygerberg het dié benoeming ontvang vir sy opwindende 27ste bestaansjaarviering wat gekombineer is met die “Jerusalema”-dans saam met die Blitzbokke.

Die stasie is ook benoem vir die gemeenskapsprojek God is able, day zero cancelled, ʼn dankseggingsdiens waartydens burgemeester Dan Plato saam met Hardus Zevenster van die Bloudrukgroep en verskeie gemeenskapsleiers aan die program deelgeneem het. Die doel was eenvoudig: om die Here te eer en te dank vir die reën wat Hy gestuur het.

PukFM se Charonike Nel en Khanyisile Mahlangu is in die kategorie vir beste ontbytprogramaanbieder benoem. Die ontbytprogram Big Bang Breakfast is ook benoem, asook die middagprogramme Flashback Friday en On the go.

MD Greyling van Pretoria FM is benoem vir die program Middag met MD. Klankkoerant Laatmiddag is benoem in die kategorie vir beste middagprogram, asook in die kategorie vir beste nuus- en aktualiteitsprogram. Klankkoerant en Klankkoerant Bylaag is ook vir ʼn toekenning benoem.

Die wenners van die radiotoekennings word op 16 Julie tydens ʼn virtuele seremonie aangekondig.

Klik hier vir die volledige lys van benoemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.