Gemengde vooruitsig vir brandstofpryse vandeesmaand

(Argieffoto)

Die prys van sommige soorte brandstof gaan na verwagting in November daal, terwyl ander in die teenoorgestelde rigting beweeg.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gesê die prys van 93-oktaan-brandstof gaan na verwagting met vyf sent daal, terwyl 95-oktaan-petrol met 10 sent gaan styg. Die voorspelling vir diesel is dat die prys twee sent duurder gaan word. Die AA grond die voorspelling op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

“Die rand, wat in die tweede helfte van September beduidend versleg het teen die Amerikaanse dollar, het rondom R15,20 gestabiliseer en oor die algemeen die effense styging in internasionale oliepryse teengewerk,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

“Die olieprys het teruggeval van die skerp styging ná verlede maand se aanvalle op Saoedi-raffinaderye, wat ʼn meer bestendige prentjie vir motoriste verseker.”

Die AA sê dit lyk op die oog af of die olieprys weer na normale vlakke terugkeer en dat die rand, soos gewoonlik, ʼn voorbok is vir die huidige mengsel van slegte ekonomiese toestande en huiwering deur beleggers.

“Die rand was die afgelope paar dae sterker teenoor die dollar; dit is dus moontlik dat die vooruitsig teen die einde van die maand kan verbeter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Matt ·

…… en ons moet jubel en juig. Ek het vanaf 1995 statistiek opgebou oor die R/$ verhouding en ook die Brent olieprys, maar ongelukkig weens Eskom se beurtkrag die inligting verloor toe my rekenaar op pak. Deur die jare was daar ‘n tendens dat wanneer die olieprys styg, versterk die rand teenoor die doller en wanneer die olieprys daal, verswak die rand. DIe verskonings wat oor die verswakking aangegee word is soms lagwekkend en daarom glo ek gladnie dat die rand NIE deur die regering gemanupileer word nie. Die hoë brandstof pryse is om die kaders se sakke te vul met al die belastings (padinstandhouding-, padongelukkefonds en nog meer) wat aan die prys gekoppel word. Ons buurlande, wat brandstof by ons aankoop, se pryse is laer as ons sin en hul paaie is in ‘n beter toestand en, ja, hulle het ook nie so baie ongelukke nie want daar is sigbare wetstoepassing…….. as jy hul beamptes enigsins probeer omkoop beland jy in die tronk.

Piet parys ·

Die boere plant dis wanneer die regering mos skep met emmer want die boer moet diesel gebruik om te plant .

Johann cb ·

Die prys “daal” elke November en Desember. Daarna klim dit weer! Moenie gou bly word nie!

Johan Tolmay ·

Hoekom bly Sasol se prys vir brandstof die selfde as die van buitelandse brandstof produkte?

Chris Ws ·

Johny Tolmay,die NP regering van voor 1994 het ‘n oorkoms met die ander brandstof maatskappye aangegaan dat SASOL se pomp pryse DIESELFDE sal wees as hulle sin om te verhoed dat mense net Sasol sal ingooi.Dit het tot gevolg dat die regering BAIE ekstra geld in sy sak steek met SASOL se verkope want daar is GEEN pypleidings kostes by nie EN die produksie koste per liter is ongeveer een kwart (1/4) van ruolie .So die wins op Sasol is baie groot.Nou toe kom die anc aan bewind en hulle skep net voort!Daarom vermy ek ‘n SASOL vulstasie soos die pes.Maar ek merk dat BAIE van eie mense nog bietjie dom is en SASOl steed bly ondersteun al word hulle oop oe verneuk.Daar is niemand so blind soos ‘n mens wat NIE WIL sien nie.

Henk ·

Dit kos goedkoper om diesel as petrol te maak maar diesel word net duurder en duurder? Sasol brandstof is goedkoper in swaziland, botswana en namibie, hoe is dit moontlik?

Chris Ws ·

henk AL die ander brandstowwe is OOK goedkoper in ons buurlande.Dis omdat ons hulle dra.Ons betaal R3.65c per liter belasting op ons petrol en R3.61c per liter op diesel maar hulle NIKS.Ons eie regering doen ons in oop oe en ons aanvaar dit gelate.gEEN betogings oor brandstof nie.ALMAL is happy.

chrisjan ·

Henk ALLE make brandstowwe is goedkoper in al ons buurlande.Ons regering ry ons bloots!! En alml is tevrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.