
Argieffoto
Robin Stransham-Ford (65), ʼn voormalige advokaat van Kaapstad, is Donderdag, ure nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om genadedood goedgekeur het, oorlede.
Dignity SA, die organisasie wat hom bygestaan het met die hofaansoek, het sy sterfte in ʼn enkelreëlverklaring bevestig, maar nie verdere besonderhede verskaf nie. “Adv. Robin Stransham-Ford se versorger en metgesel het prof. Sean Davison, voorsitter van Dignity SA, vroeër vanmiddag [Donderdagmiddag] in kennis gestel dat Robin vreedsaam dood is aan natuurlike oorsake,” lui die verklaring.
Stransham-Ford se prokureurs het in die hof aangevoer dat hy in pyn en lyding verkeer weens sy prostaatkanker en dit druis in teen sy grondwetlike reg op menswaardigheid. Die hof het Donderdagoggend die aansoek goedgekeur en toestemming gegee dat ʼn dokter ʼn dodelike middel aan hom mag toedien indien hy nie in staat is om dit self te doen nie, sonder dat die dokter vervolg mag word.
Lees alle vorige berigte oor genadedood op Maroela Media.
Bron: Jenna Etheridge, News24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ag shame arme man en God her ingetree
God het ingetree armeman het baie gely RIP
Nou kan die NVG nie ‘n sirkus maak van die hele storie nie.
Genadedood óf nie?
Daar is ook ‘n ander teer sakie: Verassing (lykverbranding) óf nie? Kom ons hoor?