‘Genoeg’ sê ACDP oor geweld teen vroue en kinders

Uyinene Mrwetyana (Foto: Facebook

Marie Sukers, ’n ACDP-LP, het Dinsdag gedurende die Vrouedag-debat in die parlement verskeie LP’s oor die kole gehaal nadat hulle ʼn jong parlementslid uitgejou het wat koerantopskrifte en statistieke oor die lot van vroue in Suid-Afrika aangehaal het.

“Hoe kan ons as vroue ons stemme in die middel van ʼn debat verhef en [iemand] uitjou? Ons mense verdien beter,” het Sukers gesê.

“Honderde jong vroue sterf op die grusaamste maniere in ons strate. Mense is bang; 70 000 het in een week by ʼn beweging aangesluit om te sê: Genoeg.”

Sukers het gesê die wyse waarop die jong LP in die parlement behandel is, dui op ʼn krisis in leierskap.

Volgens Sukers het geweld teen vroue en kinders Suid-Afrika in ʼn oorlogsone omskep.

“Suid-Afrika is nie veilig vir sy vroue en kinders nie. ʼn Volk wat eens vir die wêreld ʼn baken van versoening en hoop was, het ʼn plek van vrees geword.”

Sukers het in haar toespraak na die onlangse moord van die Ikeys-student Uyinene Mrwetyana in ʼn poskantoor in Claremont verwys.

“Uyinene Mrwetyana is simbolies van ons demokrasie. Jonk, mooi en vol belofte. Sy het geword waarvoor ons geveg het. Sy het toegang tot gehalte-onderwys gehad. Sy het die geleentheid gehad om te ontwikkel en miskien eendag ʼn ma te word wat dié keuse sou kon uitoefen.

“Tog is sy deur ʼn gewelddadige moord van haar toekoms ontneem,” het Sukers gesê.

Sy het gesê die ACDP vra dus die parlement om politiek te vergeet en ʼn volk in gebed te lei.

“Buite hierdie mure is ons mense opstandig en verskrik. Hulle kan nie op ons woorde wag nie. Hulle soek ons ​​optrede. En ons moet beslissend lei,” het die party gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter C ·

My vrou is ‘n kraamsuster. Sy is einde Julie deur ‘n Genikoloog deur die gesig geklap tydens ‘n keisersnit, met sy bebloede handskoen, net omdat sy nie sy geskree in die teater wou beantwoord nie. Die hospitaal het ons aangeraai om ‘n aanrandingsaak aan te meld. Toe ek gister die polisie skakel om te verneem waar die saak trek, moes ek verneem dat “iemand” die saak teruggetrek het. Die hospitaal het hom laat wegkom met slegs ‘n waarskuwing en dat hy vir “angermanagement” moet gaan!! Is dit hoe mens behandel word en sake hanteer word as hulle dan kastig so ernstig is oor vroue en kinders en selfs ‘n vrouemaand hou??
Als is net ‘n klug

Pieter C ·

Kom ek probeer weer, my kommentaar is om een of ander rede nie geplaas nie.
My vrou is in Julie deur ‘n genikoloog deur die gesig geklap in die teater tydens ‘n keisersnit. Sy is ‘n kraamsuster. Sy het in die teater ingekom en hy het op haar begin skree omdat sy volgens hom laat was. Toe sy nie reageer op sy tirade nie, het hy haar met sy bebloede handskoen deur die gesig geklap.
Die hospitaal het ons aangeraai om ‘n aanrandingsaak by die polisie aan te meld. Toe ek die polisie gister skakel om uit te vind hoe die saak vorder, moes ek verneem die saak is teruggetrek sonder ons medewete. Niemand kon vir ons sê deur wie nie.
By die hospitaal het hy weggekom met ‘n waarskuwing en dat hy vir “angermanagement” moet gaan.
Is dit hoe ‘n vrou behandel word deur die staat as hulle dan nou so ernstig is oor beskerming van vrouens en kinders?
Geen wonder baie vrouens meld nie aanrandings aan nie!!

Rupert Ashford ·

Die land was nooit meer as net lippediens aan die ideale van hoop en versoening nie. Van die eerste aksies van die “nuwe” SA se leierskap was om die bose se hande vrye teuels te gee deur wetgewing en vandag pluk ons die vrugte daarvan.

Lena Jonk ·

Ek stem 100% saam met jou, SA moet God aanvaar en saam bid, dis al hoe daardie land weer uit daardie hoolgat uit sal kom, maar God is mos nie belangrik vir hulle nie, voorspoed vir hulle sal eindig gouer as wat hulle dink. Kry jongmense bymekaar, bid saam en praat met hulle asb. Ons sal saam met julle bid soos ons elke dag doen. Laat jy sterk staan as ACDP julle sal Seen ontvang.

Janet ·

Ons is te bang om uit ons huise te gaan. Of jy nou wit, swart is maak nie saak. Ons moet net aan hou bid dit kan nie langer so aangaan.

Michael P ·

Pieter gaan maak die saak weer oop Geen dokter het die reg om sy kraamsustet aan te rand nie hierdie soort gedrag moet in koerante geplaas word ook op t v nuus uigesaai te word moet dit nie net los nie .Dit is n baie erenstige klag hulle preek dag en nag oor die mishandling van vroue en hy word net oor die vingers getik. jy het n sterk saak my maat .

jakes ·

Wees nou maar eerlik, al verklaar 10 mijoen mense dat hulle nou genoeg gehad het van aanvalle op vroue en kinders, sal dit nou regtig n einde daaraan maak? Gewis nie, verander die strafproseswet sodat skuldiges n minimum van 15 jaar tronkstraf kry dan sal daar dalk n verandering plaasvind.

Suzie ·

As julle monde oop gaan is dit vroue regte, wat van kinder regte. Moeders mag kinders blootstel aan dwelms, lovers in hulle huise in vat terwyl hulle mans weg van die huis af werk. Wat dink die wit vroue landros daarvan “dis in die verlede” mamma is nou skoon. Die trauma wat die arme kinders deur gaan is blykbaar ook in die verlede. Mooi so mamma’s, dis mos nou vroue regte.

Dries Moolman ·

Moet daar nie maar net summier opgetree word teen geweld van enige aard nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.