’n Voortdurende geraas by ʼn kommune in Brooklyn in die ooste van Pretoria het Woensdag tot die vonds van ʼn klein daggaplantasie gelei.
“ʼn Inwoner het uit pure desperaatheid oor ʼn raserige kommune in haar straat ʼn hofbevel bekom in ʼn poging om rustigheid in die buurt te probeer herstel,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, aan Maroela Media gesê.
Die polisie is Woensdag na die kommune in Prospectstraat om die inwoners oor die hofbevel in te lig. “Die beamptes het geruik iemand rook dagga terwyl hulle daar was. Hulle het op ʼn 19-jarige vrou in ʼn kamer afgekom wat ʼn daggasigaret gerook het. Hulle het haar ondervra en gevra waar sy die dagga gekry het. Sy het uit die kamer gestap en met haar kop na die agterplaas beduie.”
Die polisie het in die agterplaas verskeie potte met daggaplante aangetref. Die vrou het erken dat sy die plante daagliks natgooi.
Die vrou is in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn op aanklagte van die besit en kweek van dagga.
Pop, laat ons nou nie weer dadelik die raskaart speel nie. Kommunes in Brooklyn word feitlik almal bewoon deur studente van die UP, wit en swart, en die daggarokery onder alle studente is baie meer algemeen as wat jy mag dink.
Ja, bo blink en onder stink……
Ek besef nou ek raak oud. Ek plant niks meer in my tuin wat ek kan rook nie!
Ha-ha, toe die polisie by haar kom was sy steeds bang vir hulle, maar het net nie meer omgegee nie. Ek neem aan die lawaai is ook nou iets van die verlede. Wat is die nuwe naam vir dagga? Lawaaigras.