Geregshof oorweeg ‘gevolge’ van besetting van Palestynse gebiede

Die Internasionale Geregshof is gesetel in die Vredespaleis in Den Haag. (Foto: Sandra Uittenbogaart / ANP MAG / ANP via AFP)

Die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof, die Internasionale Geregshof, begin vandag (Maandag) met verhore oor die regsgevolge van Israel se besetting van Palestynse gebiede. Dié besetting strek so ver terug as 1967.

Soveel as 52 lande, waaronder die Verenigde State, Rusland en China, sal na verwagting in die week lange verhoor in die Vredespaleis in Den Haag getuig.

Die VN se Algemene Vergadering het dié hof in Desember 2022 reeds gevra vir ʼn nie-bindende “adviserende mening” oor die “regsgevolge wat spruit uit die beleid en praktyke van Israel in die besette Palestynse gebied, insluitend Oos-Jerusalem”.

Die verhore is afsonderlik van Suid-Afrika se hoëprofielsaak voor dieselfde hof. In dié saak het Suid-Afrika Israel daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree het.

Die Algemene Vergadering vra die hof om twee kwessies te oorweeg: die regsgevolge van wat die VN as “die voortdurende skending deur Israel van die reg van die Palestynse volk op selfbeskikking” bestempel; en die gevolge van wat beskryf word as Israel se “aanneming van verwante diskriminerende wetgewing en maatreëls”.

Volgens die VN se Algemene Vergadering behoort die hof advies te gee oor hoe Israel se optrede “die regstatus van die besetting beïnvloed” en wat die gevolge vir die VN en ander lande is.

Die hof sal glo “dringend” oor die aangeleentheid beslis, waarskynlik teen die einde van die jaar.

Die Internasionale Geregshof lewer uitsprake in geskille tussen state en sy uitsprake is bindend, hoewel die hof min middele het om dit af te dwing.

In hierdie geval sal die mening wat die hof gee egter nié-bindend wees.

Die meeste raadgewende menings lewer in werklikheid tog optrede op.

Die Internasionale Geregshof het in die verlede al raadgewende menings gegee oor die wettigheid van Kosovo se 2008-verklaring van onafhanklikheid van Serwië en Suid-Afrika se besetting van Namibië.

Die hof het in 2004 ook ʼn mening gegee waarin verklaar is dat dele van die muur wat Israel in die besette Palestynse gebied opgerig het, onwettig is en afgebreek moes word.

Israel sal nié aan vandeesweek se sittings deelneem nie. Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het inderwaarheid woedend op die VN se versoek gereageer en dit as “veragtelik” en “skandelik” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Ek stem saam met Netanyahu. Dit is “veragtelik” en “skandelik”.

Tinus ·

Die hof moet sommer die regsgevolge van die 78 moorde per dag hier in SA ook ondersoek! Kry eers SA se probleme reg voor Palestina sn. Die hof kan ook sommer uitvind hoekom geen ander Arabiese land die Palestyne in hul land toelaat nie.

Frank ·

Bewys eerstens daar bestaan hoegenaamd ‘n Palestynse volk want vanaf die Romeinse tyd was “Palistina” eerder ‘n plek, soos bv die Karoo, wat deur eeue heen deur talle verskillende volke bewoon was en tweedens bewys dat daardie gebiede NIE skuiling en ondersteuning aan terroriste bied nie.

Wakkerslaper ·

Daram snaaks hoe die wêreld en howe (die einste ANC ingesluit) nou skielik volke se verskille en reg op selfbeskikking en geografiese onafhanklikheid (dus segregasie) wil erken en goedpraat, maar die ou Suid Afrika skerp veroordeel het omdat die regering presies dieselfde konsep hier wou toepas…

Anel ·

En almal sommer ook stil oor Rusland se inval. Wat nog te sê van wat hier, sommer plaaslik, gebeur. Haar eers die balk uit jou eie oog…….!!!!

Pieter ·

Hou die wereld hulself blind vir dit wat die palestyne gedoen het?
Hulle het gaan krap wat dit nie jeuk nie, en toe Israel hulle bom , toe is dit so vreeslik.

Hulle laat my dink aan die eff, hulle hou aan tart en tart, maar as hulle pakslae kry, dan is hulle die victim.

Martie Smartie ·

Die VN ondersteun terrorisme, dis bewys. So hierdie hof is niks anders as ‘n antisemitiese boendoe hof nie.

Jacobus ·

Die tragedie is dat net die ANC se mening geld by monde van die Pandoor karakter. Dit lyk asof die wokes aan die rol is oral in die wereld – een plek meer belaglik as die ander. Terreur en belediging nou super aanvaarbaar.

Marous ·

Ruslans en Sjina ? Die vn is ‘n groot bedrogspul nes die wgo . Hulle sit agter globalisme .

Casper ·

Israel het die Palestynse gebiede in 1967 beset,dit wil sê Israel het die Palestyne onderdruk vandaar soveel aanvalle op Israel vanuit Palestynse grondgebied.Wat sou gebeur indien Israel die grondgebied teruggee aan die Palestyne mits Hamas ontbind en Palestina deur Palestyne regeer word en Israel bly voortbestaan as ‘n volwaardige nasie,sal daar dan nog konflik wees?Hamas treë nie namens die Palestyne op nie maar opereer as terroriste organisasie.Ek het gelees dat Israel in Rafa tot Hamas tunnels onder die VN se hoofkwartier gevind het en daar ook terroriste gedood het.Waar is die gyselaars.Die geregshof het beveel dat alle gyselaars vrygelaat word,het dit gebeur ,nee want hulle word as menslike skilde gebruik deur lafaards.

Talia ·

Vir almal wat Isreal verdedig, doen jouself n guns en gaan kyk op Gift of the Givers se FB blad. Die hoeveelheid kinders wat hulle al vermoor het, of wat sonders ouers in n bom gelos is is buitenspoorig groot. Hulle probeer die mense uitwis, en ons almal is kinders van God. Geen kind verdien om so hanteer te word nie, ons moet alle kinders van die wereld beskerm.

Dit kon so maklik jy en jou kinders gewees het. Al daai mense is ook maar net daar gebore, hulle het niks verkeerd gedoen nie. Hulle het nie eens vir Hamas in gestem nie. Die laaste keer wat gestem was, was 30 jaar terug. Meer as helfde van die Palusteine is onder die ouderdom van 30.

Martie ·

Nou waarom is Hamas dan die kitaarslaner? Ag nee wat die kinderstorie raak afgesaag. Dis net soos hier, kinders hoort in die skool maar met elke optog hardloop hulle voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.