Gesiene boer (71) ‘koelbloedig vermoor’

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 71-jarige beesboer van Vredefort in die Vrystaat is Sondagoggend buite sy huis deur ʼn groep verdagtes oorval en doodgeskiet.

AO Lorain Earle, woordvoerder van die polisie, het die boer as Dirk Steenkamp geïdentifiseer. Volgens Earle was Steenkamp ʼn gesiene sakeman en boer van die omgewing.

Steenkamp is Sondagoggend vroeg uit sy huis om ondersoek na ʼn waterpomp op die plaas in te stel. Hy was gewapen.

“Die verdagtes het hom oorval terwyl hy nog aan die waterpomp gewerk het,” sê sy. “Hulle het hom geskiet en sy vrou het die skote gehoor. Sy het daarna die polisie en die buurtwagte ontbied, waarna die verdagtes op die vlug geslaan het.”

Die verdagtes het glo net ʼn selfoon en ʼn vuurwapen in die voorval gesteel.

Volgens Earle is Steenkamp op die toneel dood. “Daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie,” sê sy.

ʼn Naasbestaande van die Steenkamps wat anoniem wou bly, het aan Maroela Media gesê die Vredefort-gemeenskap is kwaad én in rou. “Ons is vandag baie kwaad. Hulle het hom koelbloedig vermoor en eenvoudig weggehardloop.”

Earle kon nie bewerings bevestig dat Steenkamp se moord met teregstelling te doen gehad het soos daar op sosiale media beweer word nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie fynkam tans die gebied vir die verdagtes.

ʼn Saak van moord en roof is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Cecilia Steyn ·

Aggenee, nou gaan dit té ver! Cyril Ramaphosa moet nóu wys hy staan vir reg en geregtigheid!

Nicci ·

Cecilia, Cyril Ramaphosa staan nie vir reg en geregtigheid nie – dis die probleem. As hy vir reg en geregtigheid gestaan het, sou hy nie uitsprake gelewer het soos dat die onregte van die verlede reggemaak moet word deur grond by boere te vat nie! HY. VOEL. ‘N. VEER!!

Anoniem ·

Se dankie aan Julius malema wat die plaasmoorde aanhits my innnige simpatie aan sy vrou en naas bestaandes .het nie meer woorde nie ONS DIEN N GROOT GOD WAT NIE SLASP OF SLUIMER NIE

Wessie ·

Mense julle gryp na die President, hy ken jou nie en gaan jou ook nie ken. Hierdie was nie eerste en is ook nie die laaste. God behoed ons op hierdie staduim om nie op te staan nie en God sal ons ook deur hierdie krisisse lei nie Rhamaposa nie.

Andre Traut ·

Wessie ek stem saam. Persoonlik vertrou ek nie die anc president nie. Hy ken my as wit man nie en nog minder gaan hy n wit boer ken. Aan die dame wat vra hoe staan sy op? Maklik, bemagtig jouself. Gaan vir vuurwapen opleiding. Leer om n wapen te hanteer. Dra dit aan jou. Wees paraat en vertrou die minimum

Michael ·

Manne nog n MOORD!!!!! .Nou soek hulle vir groot moeilikheid . En glo my dit is naby !!!!!!!!

Mosiuoa G. P. Lekota ·

Onder die vorige regering en nou onder Pres. Ramaphosa word boere en plaaswerkers vermoor. Geen merkwaardige stappe word deur die regering geneem nie.
Inteendeel, Julius Malema, parlement lid, word toegelaat en publisiteit gegun om rassehaat teen ons blanke medeburgers aan tehits. Hoekom is daar geen stappe teen hom geneem deur die regering nie?

Louise ·

Ek stem heelhartig saam. Hy het n platvorm waarvan hy sy stem kan dik maak. Ons het dit nie. Waarom word plaasmoorde en ander blanke moorde net op Maroelamedia geplaas???? Is dit nie die hoofnuus waat hul snert verkoop werd nie?

J D ·

Mnr.Lekota dankie dat jy opstaan vir die boere en jou stem laat hoor.

leon ·

Jy is ‘n brawe man Mnr. Lekota, wat die waarheid vertel soos hy is. Die geskiedenis sal u heldhaftige toespraak, onder uitjouing, positief oordeel. Ek het jou in 1991 op die trappe voor die Merensky Bib by UP ontmoet en u het u visie vir die land uitgespel. U het u woord gehou, anders as elke politikus sedentdien swart of wit! Dit is jammer dat die meerderheid Suid Afrikaners nie u mening deel nie.

Indien ons nie die gemors nie uitsorteer nie staar konflik en hongersnood ons in die gesig.

Hannelie ·

Dankie Mnr Lekota, wens iemand wil net vir jou luister. U mening beteken baie vir ons.

Tyd vir selfbeskikking of massa uittog ·

Ons moet die gesprekke rondom grondgryp nou gebruik om te onderhandel vir of selfbeskikking of om in massas na ons voorouerlande of VSA te vlug. Ons kan nie meer so aangaan nie, begin nou beplan.

Casper Labuschagne ·

Ek stem heelhartig saam. Om met ‘n positiewe gesindheid in ‘n tou te staan tot tyd en wyl ons eie teregstelling aan die beurt kom, is wat die SA samelewing tans van ons minderheid vereis. Tensy ons self ons eie toekoms bepaal, is ‘n stelselmatige uitwissing gewis ons voorland.

Willem ·

En Malema het net nie brieke nie, kyk wat raak hy als in hierdie dae kwyt, vandag ook, hy daag nie net die staat se gesag uit nie, hy is besig om rewolusie aan te stook en niemand doen enigiets daaraan nie. Dit is ongelooflik, dat ook selfs die Afrikaanse organisasies aanvaar sy opruiende uitsprake gelate. Geen wonder dit gaan so …… met ons nie.

J D ·

Daar moet van Solidariteit en Agri SA se kant gepoog word om die ANC EN EEF te verplig om openlik aan hulle ondersteuners op publieke verhore te verkondig om op te hou om BOERE te vermoor .Dit moet nou einde kry n ou kan nie so aangaan nie.Die moorde is rasse haat in die ergste vorm.

Es ·

Ek lê dit voor ANC en EFF se voete neer. Hulle beleid is die rede hiervoor.

Uittog ·

Afriforum, reel asseblief met ander lande wat ons en ons belasting en vaardighede en werksetiek wardeer, om ons in te neem. Dis tyd vir n tweede groot trek.

Andre Traut ·

Uittog. Die antwoord lê nie by Afriforum nie. Doen dit self

Lein ·

Ek dink ook so, dalk sal Botswana of Mosambiek dankbaar wees vir die vaardighede en ekonomiese boost wat ons hulle kan bied. Hier is nie meer plek vir blankes in Suid-Afrika nie, hulle gaan ons uitdruk of uitmoor. Mens moet besef wanneer dit tyd is om te gaan, en daardie tyd het aangebreek, terwyl jy dalk nog jou huis verkoop kan kry voor hulle dit ook vat.

Michael ·

9Jaar terug het ek gese gee Zumpie n kans Wel hy het almal verkeerd bewys. n GROOT FLOP Maar ek se julle almal C R. nog n groter FLOP jy hoor niks van hom nie oor die plaasmoorde nie hoekom nie?????

Paul ·

My vriend. As jy jou hoop op CR plaas, het ek nuus vir jou. Die regering, hy inkluis, GEE NIE ‘N DUIWEL OM NIE!

Paul ·

Vanaand se nuus op DStv 144 was nodig dat almal se oë uiteinelik kan oopgaan. Wat is die man Julius as hy nie ‘n rewolusionêr is nie. Hy is nie verniet die ‘Commander en Chief” nie, dis mos die benaming wat mens aan iemand gee wat aan die hoof van die weermag is. Dus dra die naam opsigself ‘n sterk boodskap uit – hy is in beheer. Ek hoop Cyril het ook gekyk. Kom dan vra ek, en wat gaan nou gebeur, watter Afrikaanse organisasie gaan opstaan? Zils, niks, niemand, die ANC -regering bewe nou want hulle is bang hulle verloor stemme as hulle optree. Die DA het nie antwoord nie en die Afrikaanse organisasies is magteloos.

Tandloos!

Andre Traut ·

Paul ek het dit gekyk. Iemand sal daardie mannetjie moet stop

Johan. H. ·

Mnr Lekota , die land het iemand soos jy nodig,, Die antwoord is hulle soek n oorlog,eenvoudig gestel, Om weg te hardloop is nie die antwoord nie, Die land is ons almal sn,,,

Oolog oppad ·

Die massas gaan honger lei na grondgryp en ekonomiese ineenstorting, en dit sal tot oorlog lei en die ANC sal dan inelkgeval deur een of ander nuwe groep vervang word. Dis wat geskiedenis oor en oor bewys.

Padda-in-die-Pot ·

EFF soek nie ‘n oorlog nie. JuJu het dit gister nog gesê.
REDE; sy huidige strategie werk BAIE BETER as Zimbabwe s’n.
Vermoor boere een-vir-een, want dit trek nie aandag nie & die buiteland sal nie reageer nie . . . . business as usual.
Plaasbesetters sal die keerpunt wees wat die padda uit die pot sal laat spring.
Baie makliker om die padda & sy kamerade een-vir-een uit die weg te ruim . . . . stil-stil ; want dan sal die Padda sal nooit oorgaan tot daadwerklike aksie nie

PJC ·

Boere en hulle vrouens sal in die toekoms deur ń gewapende persoon vergesel moet word. Hiedie persoon sal dan op die agtergrond moet bly en gedurig die omgewing dophou soos ń lyfwag. Sodanige persone sal ook opleiding moet ontvang. Dit klink dalk buitensporig maar ongelukkig is dit een van die realiteite van SA dat boere in werksituasies aangeval word of wanneer hulle en hulle gades op plase aankom na afwesigheid.

Casper Labuschagne ·

Net om perspektief daar te stel, Vredefort is enkele kilometer van Parys af, nagenoeg veertig kilometer van Sasolburg af en die plaas waar die aanval plaasgevind het is bloot enkele kilometer van die N1 snelweg af. Dit plaas dus die gebied waar ‘n plaasboer op sy eie plaas nie meer sonder gewapende lyfwagte durf werk nie, letterlik op die rand van die stedelike gebiede. As dit so voortgaan sal die dag ook dan aanbreek waar voorstedelike gesinne ook deur gewapende wagte beskerm moet word.

M'Lady ·

Nadat ek vanaand JM se uitlatings op die nuus gesien het, het ek tot die besef gekom ons dae hier is finaal getel. Hy is in beheer en sy volgelinge hang aan sy lippe. Niemand gaan hom stop nie. Die haat vir die wit man is net te groot.

Casper Labuschagne ·

@M’Lady ek stem saam, haat is die groot faktor. As jy verby al die woorde kyk, sal jy die dieper boodskap agter dit alles raaksien – vergelding teen die wit minderheid.

Andre Traut ·

Paul ek het dit gekyk. Iemand sal daardie mannetjie moet stop

Vranet ·

Hoe kan hy, M, as leier/minister van ‘n groep wat in die Kabinet sit en dit word toegelaat dat hy sê of sing ‘Kill the Boer’. Ek is seker as enigeen van ons mense as Leier/Minister van ‘n groep in die Kabinet vir ‘hulle’ dit sal sê of sing summier uitgegooi sal word as Minister/Leier van die Kabinet/Land! Wanneer word iets hieraan gedoen…..!

Nita ·

Ek wens hierdie uitgerekte nagmerrie, hierdie enorme tragedie wat ons getref het, is al verby. Daar is nie woorde nie…

BR ·

Ek vra die President om eff eenkant te skuif en weier om saam te stem/werk. Kom nou
Mnr die President isoleer eff totaal. Hulle is gevaarlik.

Engela de Klerk ·

Iemand se advies is bewapen jouself eh dra dit ten alle tye. Dit het hierdie man gedoen en hy is steeds doodgeskiet én sy wapen is geneem! Dis malligheid om so ‘n voorstel te maak, want jy moet werk ook. Liewe Hemel, Suid-Afrika is uiters gevaarlik. Ek ween vir die land van my herkoms, maar ek is BAIE dankbaar ons het die helse moeilike besluit geneem om weg te trek.

Rina Kotze ·

Engela,
ek is bly julle kon wegkom, maar nie almal van ons het die finansies en kan werk kry oorsee nie.
Ons moet maar vasbyt, maar hoekom moet ons weghardloop, dit is ons land ook!
Bid alleen help nie, die Israeliete het eers gebid en toe geveg!
Dis tyd dat ons begin paraat word en weer op ons eie die kommando stelsel terugbring.
As iemand net teen Malema wil begin optree, sal dit ook help.

Karen van Zyl ·

Dit is nie meer ‘n weeklikse “ding” nie maar daagliks.

Johan Jooste ·

‘n Land op sy kniëe is onvoorspelbaar! Die mense het gebid, opinnies is gelewer, daar is saam na oplossings gesoek, wat bly nog oor vir versoening? As ‘n pligs getroue landsburger raak ek bekommerd oor “los-bek” pollitiekery” van sorglose mense wat agendas openlik propageer sonder dat hulle aangespreek word wat lei tot hierdie sinnelose moorde! Die harde werklikheid het geareeveer, die draaipunt is hier, hoe gaan dit uitspeel? Here help ons land en al sy mooi mense!

Dirk Lourens ·

Skiet ‘n 71 jarige boer en hardloop weg. Dit is mos hoe ons die sogenaamde naaste van ons ken. Die blankes wat hulle hoop vestig op Ramaphosa sal bitter vining moet wakker skrik en dalk weer hulle geskiedeis gaan naslaan.

Mien ·

Hoe kan ons te werk gaan dat ander lande ons sal skuiling bied wanneer ons huise en plase gevat word? Elke dag word nog n witmens vermoor
Maar ek dink die ergste is nog oppad wanneer hul nuwe wet in werking tree dat hul net kan vat wat hul wil.

Boerseun ·

Goed gestel. Die rooi kleur van hul klere pas ook by die rooi en uitgediende moorddadige kommunistiese ideologie wat hul aanhang.

Elsa ·

Ramaphosa KAN verseker iets doen…eerstens afreken met malema wat die opstoker is, elke moordenaar MOET aan die pen ry en mee afgereken word, maklik omte se bewapen jou, daar moet betroubare polisie en sekuriteite en weermaglede ontplooi wprd, begin by paaie met HOT SPOT tekens, kriminele skuil daar en geen polisie sigtbaar, malema gee uitsprake en sy aanhangers kry pertrol pm te moor, begin by malema, verwyder die man sonder begrip, moorde en keel afsny is nie die antwoord, maak van malema ‘n voorbeeld, Plaasmoorde MOET prioriteit nr EEN wees, nie more of oormore, NOU, guptas kruip steeds eg, sp sal malema ook kan as hy nie vasgevat word nie, Boere MOET beskerm word , so ook elke omgewing, dorp stad, paaie….VALK oe dopgehou word, kyk na al die klippie langs hoofwee….

Riekie ·

Hoekom moet ons weghardloop uit ons eie land. Ons voorvaders draai in hulle grafte om vandag. Waarvoor het hulle baklei, vir ons om ons land te verlaat? Ons sit net en toekyk hoe ons boere elke dag vermoor word. Wanneer gaan ons as n nasie saamstaan. Ja, ons moet ons hulp van ons Groot Vader kry, maar dit is net so goed ek bid vir God vir werk, maar stuur nie my CV in nie en dan verwag ek om werk te kry. Iets sal moet gedoen word.

Willem Botha ·

Dit is reg en goed om positief te wees en ons moet op ons knieë bly en os geloof behou. Ons moet egter nie horende doof en siende blind wees nie.
Ek glo die tyd het gekom dat ons as Afrikanervolk ons rug moet styfmaak en duidelik sê: “Dit is genoeg! Sovêr maar nie verder nie!
Ons HERE JESUS het ń sweep gevleg en wettelose mense wat sy heiligdom geskend het met geweld beveg.
Dit het tyd geword dat ons Afrikaner leiers dringend, NOU, ń vergadering aanvra met die preident en dit ondubbelsinnig vir hom die keuse stel:
Of jy stop die haatspraak teen en die vervolging van ons volk en ons boere, of ons sal ander alternatiewe moet oorweeg!!!
Kom ons gee vir Cyril Ramaphosa ń billike kans om die saak dringend te beredder. My politieke sienswyse en syne verskil radikaal maar sovêr ek hom ken is hy ń wyse en verstandige man en sovêr ek weet ń gelowige. Hy was destyds bereid was om ń beter bedeling vir die Afrikaner te aanvaar as wat ons leiers gedoen het.
Ek doen ń dringende en ernstige beroep op ons Afrikaner leiers en op ons politici om onmiddelik aksie te neem en hierdie saak as dringend te beskou en te hanteer.
Laat dit nooit gesê word dat hierdie Afrikanervolk van Bloedrivier, wat die Britse magte aangedurf het, wat kaalvoet oor die Drakensberge getrek het vir hulle vryheid, sommer so sonder teestand verdwyn het nie.
Dankie vir plasing
Willem Botha

LB ·

Ek sien oral dat almal roep nou na die nuwe president Ramaphosa om iets te doen. Hy was al die jare van korrupsie en vergrype van die ANC regering snoesig aan die sy van Zuma en nie in enige van sy toesprake as president is verwys na die misdaad en moorde wat dringend aandag moet kry nie maar eerder na die finansies / geld god van die mensdom om aandag en geloof in hom te vestig. Soos dit vir my lyk van buite, keur Ramaphosa soos sy voorganger die moorde toe anders sou hy onmiddelik ingegryp het of minstens in ‘n baie sterk bewoorde toespraak sy volkie tot bedaring en verantwoording geroep het.

Hoekom is Malema en sy span rooi pette nog nie inhegtenis geneem vir die haatspraak en oproep tot moord op die boervolk nie? Was daar nie ‘n saak teen hom waarin hy geen openbare uitsprake mag maak meer nie of het daardie hof uitspraak verval?

Toekie ·

Ja!!! Maar wat kan ons doen? Maak ons ons roers skoon en ons patroone bymekaar? Dan is ons moordenaars! Doen ons niks? Sit ons met ons lewens in anderouens se koppe! Hulle beplan groot dinge!!! Maar hulle moet vir oom Mogabe gaan vra wat het hy alles verkeerd gedoen! En dalkies daaruit leer! Anders is ons geball!!! Teruggaan waar ons voorouers vandaan kom? Onmoontlik!

lizl ·

My steun lè by Lekota. Maar ek moet sè, ek sien nie meer `n toekoms vir die witman in SA nie. Dit is hartseer, en maak mens kwaad. Maar ons kan nie voortgaan nie. Ons word uitgemoor en ons grond gevat. Ons mag nie aansoek doen vir werk nie, ons kinders mag nie studeer nie. Hoekom moet ons hier bly en Malema en vriende bly voer ???

BOLANDER ·

Pappa Vader, ek weet ons mag nie vra waneer U iets spesifiek gaan doen nie want die woord leer ons dat U dit op U tyd doen. Maar ek gaan vandag vir U vra. HERE asb, antwoord ons gebede en stop hierdie onnodige moorde en onskuldige mense wat sterf.!!!!! AMEN, AMEN.

Janosh ·

Hierdie boer se Pa, Oom Barry Steenkamp het jarre terug ons familieplaas “Espernanza” gekoop toe my Ouma en Oupa klaar geboer het. Dit is ‘n reuse terugslag vir ons boere, want die Steenkamps was uitstaande boere. Mag hulle die lafhartige moordenaars gou opspoor asb. Baie sterkte aan sy familie. Ons is saam met julle in rou!!

wicus ·

EK HET NOOIT OOIT GEDINK EK SAL IETS HIER LEES WAT MY DIREK SAL RAAK NIE . OOM DIRK RUS IN VREDE , OOM GAAN VREESLIK GEMIS WORD, ONS SAL DIE FORT HOU HIER TOT ONS WEER ONTMOET

Bertus ·

Die berig praat van moontlike teregstelling. Wie gee die mense die reg daartoe. Dit is en bly moord.

Chris Yuro ·

International media doesn’t cover the situation that is developing in SA at all. If you had the option, would you consider to flee your homes to seek asylum, if that means you can keep your family save? (sorry for the English, I’m Dutch and unable to write Afrikaans, can read 95% of it though)

Groottrek2 ·

Thank you for your comment Chris. Media coverage will only start when war is here, therefore we have to start with our move in mass, old and young, poor and rich, back to where we came from, before the genocide is upon us.

Helena ·

Chris Yuro
Everybody can not afford to flee South Africa .
Die moorde gaan al jare aan die ANC en EFF hits die moordenaars aan dit gaan nog erger word nie beter hulle wil ons almal doodmaak dan is daar mos nie verskonings dat hulle moet betaal vir dit wat hulle net kan vat nie hulle het immers die reg verkry om dit te doen geen mooipraatjies van Cyril sal die tipe handelinge kan stop nie alles wat ons voor gewerk het en swaar betaal het is nou fair game VAT MAAR AS JY WIL is nou die leuse saam met maak dood soveel witmense as wat jy kan as jy tronk toe gaan moenie bekommerd wees nie ons sal jou daar royal behandeling gee en nog beter opleiding hoe om NIE gevang te word nie

Boeremeisie ·

Hoe meer werkloses daar is, hoe meer manne het Julia om hom te help om boere uit te moor vir hul grond.

Maggie ·

Ek was geskok toe ek di boodskap kry Sondag oggend van di aanval.RIV oom Dirk en sterkte aan di familie in di moeilike tyd.Is dankbaar hulle het vi tannie uitgelos en ni seer gemaak ni
Die Vader sal jul versterk in di moeilike tyd wat voorle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.