Gesin gered ná boot omslaan; hartseer einde toe omstander sterf  

(Foto: Verskaf/NSRI)

ʼn Gesin het ongedeerd daarvan afgekom nadat hul boot in die see by Yzerfontein omgeslaan het.

ʼn Omstander het egter kort ná die suksesvolle reddingspoging op die strand inmekaargesak en gesterf.

Volgens Junre Marais, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Yzerfontein-stasie, het hulle Woensdagmiddag ʼn noodoproep van ʼn vrou ontvang dat die boot waarin sy, haar man, haar seun en haar pa was sowat 200 m van die hawe omgeslaan het en dat hulle verbete vasklou.

Die man (43), sy vrou (39) en hul agtjarige seun het saam met die vrou se pa (65) het die oggend gaan hengel.

By hul terugkeer van Dassen-eiland na die hawe het ʼn brander oor de boot gespoel en dit omgekeer.

“Nadat hulle van die boot afgegooi is, kon hulle na die omgekeerde romp van die boot swem en daaraan vasklou, maar daar was geen teken van die agtjarige nie. Die pa en oupa het begin om hul baadjies en skoene uit te trek om met ʼn soektog te begin toe die kind op daardie oomblik onder die boot uitgekom het.

“Hy was onder die boot vasgekeer en het besef dat sy reddingsbaadjie hom sou verhoed om onder die romp uit te ontsnap. Hy het sy reddingsbaadjie verwyder wat hom in staat gestel het om te duik en onder die boot uit te swem.”

Die vrou het nog haar selfoon in haar baadjie se sak gehad en het die NSRI se hulp ontbied. ʼn Reddingsvaartuig het die gesinslede opgepik en na die hawe geneem waarna NSRI-bemanningslede terug die see in is om die boot te gaan haal.

Lede van die gemeenskap het intussen op die toneel aangekom om van hulp te wees. “Dit was toe dat ʼn 67-jarige man van Yzerfontein inmekaargesak het.”

NSRI-paramedici en ʼn omstander het met mond-tot-mond-asemhaling begin. Die provinsiale nooddienste, ʼn plaaslike dokter en die polisie was ook op die toneel. Ondanks alle pogings om die man te red, is hy op die toneel dood verklaar.”

Die NSRI het sy meegevoel met die oorledene se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Miena ·

Die berig gee nie duidelikheid nie – het die oorledene gehelp op die toneel toe hy inmekaar sak of het hy net daar gestaan en toe inmekaar gesak? Dit help nie MM berig van die gelukkige einde vir die gesin per boot nie – en dan word so n ekstra iets ingegooi wat eintlik niks met die gesin te doene het nie.

Delia ·

Ek sien op die foto niemand agterste boot het reddingsbaadjies asn. Die seun het syne uitgetrek in die water, so sê die artikel.
Maar die ander.
Baie bly hulle lewe…

Eden ·

Dir 8-jarige outjie en sy familie het mooi gedink en kalm gebly. My selfoon sou glad nie gewerk het nie, so daai vrou is gelukkig of het ‘n waterdigte foon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.