Gesoekte moordenaar sterf tydens polisie-skietgeveg

(Foto: Verskaf)

’n Man wat al vir ’n ruk deur die polisie gesoek word vir moord en ander geweldsmisdade is saam met vyf ander verdagtes tydens ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het die skietery Donderdagmiddag op Abbot Francis-pad in Marriannhill, Durban, plaasgevind.

(Foto: Verskaf)

“Inligting het die polisie na die gesoekte verdagtes gelei waar hulle op die betrokke pad in ’n motor gery het. Die polisie het beduie dat die verdagtes van die pad moet aftrek, waarna die verdagtes skote op die polisie afgevuur het. Die polisie het teruggeskiet en ’n skietgeveg het ontstaan,” bevestig Netshiunda.

Vyf verdagtes het tydens die skietery noodlottige skietwonde opgedoen.

“Die polisie was op die spoor van een van die verdagtes en hy word verbind met ’n reeks moorde en ander ernstige geweldsmisdade.”

Hy word onder meer verbind met die Mariannhill-skrootwerwe-moorde waar vyf mense in Februarie vanjaar in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is.

Die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) is van die voorval ingelig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.