Gesoekte verdagtes in Karoo vasgetrek

Polisiebeamptes deursoek die motor. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes wat gesoek word vir misdade in Gauteng, Limpopo en Noordwes is Saterdag in Laingsburg in die Wes-Kaap aangekeer.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes op patrollie het twee mans in ’n verdagte motor met ’n Gauteng-registrasienommer op die dorp voorgekeer waarna hulle beslag gelê het op drie vuurwapens met die reeksnommers afgevyl, nóg ’n vuurwapen waarvan die wettige eienaar dood is en 24 patrone.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 35 jaar oud, word gesoek vir verskeie misdade wat in Gauteng, Limpopo en Noordwes aangemeld is, het Potelwa gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Laingsburg-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes wat die verdagtes voorgekeer het geloof.

“Die polisie in Laingsburg het voorkom dat gevaarlike misdadigers ander ernstige misdade pleeg. Hul optrede moet geloof word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon Pit ·

Die platteland se Polisie is nog trots op wat hul doen.
Pligsgetrou en paraat en dien die samelewing met trots.

Heidi ·

“….hulle optrede moet geloof word….”
Genade!, ek verstaan nie hoekom moet elke ou wat veronderstel is om sy werk te doen eers geprys word daarvoor nie. Hulle is mos nie kinders wat paaseiers soek nie!!!! Ek sou dink dié spulletjie moes al lankal agter tralies gewees het, hulle het al immers verskeie misdade gepleeg.

Swannie ·

`n Vuurwapen waarvan die eienaar oorlede is ? …Dalk nou afkomstig van die polisie indien die vuurwapen ingehandig is om vernietig te word ?

BlinkStephaans ·

n Voorwapen waarvan die eienaar dood is? Is dit net ek of klink dit soos iets wat by die polisie ingehandig is na die persoon se dood en daarna in ruil vir n paar rand weer die weg uit bewaring gevind het?

WitBlits ·

Ek glo hulle het wel paaseiers gesoek, want hoe anders het hulle anders geweet om wel hierdie voertuig uit talle ander te deursoek?
Goeie werk SAPS en moenie paaseiers van korrupsie en bedrog aanvaar nie. Mag julle nog baie “paaseiers” in die toekoms vind!

Koos ·

Daar is niks mee verkeerd om vir enige iemand te se dankie hy of sy het goeie werk gedoen , miskien moet meer mense dit in die werksplek doen die mense is darem maar negatief!!

Trol ·

Koos ons leer daagliks dat mense in die werkplekke n skoen teen die agterstrewe voel vir jare se pligsgetroue werklewering. Ek het eers gedink mense lieg dat hulle op een of ander gefire was vir die een of ander oortreding wat hulle nie begaan ht niè so om en by die tyd van hulle 55ste verjaardag. Maar te veel vertel daardie storie. So moenie hier kom Hansie en Grietjie nie. Die (wit) manne sal graag nog wil werk vir n salaris nie n daaglikse dankie nie maar niemand wil hulle meer hê nie.

Skroef ·

Stem saam Trol. Mens werk vir n salaris. As jou werk is om boewe vas te trek, is dit vanselfsprekend jou prioriteit nie n dankie sê seremonie nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.