Gestremde brand amper dood; ma tronk toe

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Veertigjarige vrou is verlede Woensdag in die Galeshewe-streekhof in Kimberley tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die poging tot moord op haar 15-jarige gestremde seun.

Die vrou het op 16 Desember 2018 haar seun uit sy rolstoel opgetel en op ’n bed in hul huis gesit, waarna sy paraffien oor hom uitgegooi en dit aan die brand gesteek het.

Die seun se pa kon betyds sy brandende seun red. Die seun het ernstige brandwonde opgedoen en is vir bykans vyf maande in die hospitaal behandel.

Tydens die vonnisoplegging is die vrou onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Lt.kol. Marli Strydom, die bevelvoerder van Galeshewe se gesinsgeweld- en kinderbeskermingseenheid, het die ondersoekbeampte, Conrad de Jongh, gelukgewens met die suksesvolle ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ellie ·

Wat het die onbevoegheid van ‘n vuurwapen lisensie te doen met die vonnisoplegging? maak nie sin nie!

Hugh ·

Dit sou meer van pas gewees het, as sy onbevoeg verklaar word om vlambare vloeistof en vuurhoudjies te besit of naby kinders te kom . Sy besit seker nie eens ‘n vuurwapen nie.

Dries ·

Ek stem saam. Duidelik is daar weer meer agter die storie, maar party nuusberigte deesdae gee net onsamehangende feite. Ongeag dit alles, dank Vader sy is nou in die tronk.

Oe la la ·

Ek stem glad nie saam met hierdie optreede nie… Maar daai arme vrou moet seker so moedeloos wees ek glo nie om so spesiale seuntjie groot te maak is maklik nie. Dis n ander vlak van geduld..

En weer ek praat nie reg wat sy gedoen het nie…

Porseleintjie ·

In die laaste dae sal mense liefhebbers van hulle self wees.

Niné ·

Daad van desperaadheid. Mense weet nie waar hulp is as hulle dit nodig het nie. Of hulle kry nie hulp nie. Die arme kind. Wat gaan nou van hom word?

Sandra ·

Die vrou is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit? Hopelik sal sy nie een in die tronk het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.