Gestremde vrou, twee seuns sterf in brand

(Foto: pixabay)

ʼn Brand in Bonteheuwel in Kaapstad het Sondag in die vroeë oggendure die lewe van drie mense geëis.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstadse nooddienste, sê brandbestryders van Epping, Belhar en Gugulethu is om 01:40 na die brand in Oliehoutweg ontbied.

“Brandbestryders het twee strukture in ligte laaie aangetref en het die brand teen 02:52 in bedwang gebring en geblus,” sê Carelse.

“Die liggame van ʼn vrou en twee seuns is onder die puin aangetref. ʼn Vrou en ʼn seun is vir brandwonde behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Dis winter.. Vure word gemaak vir hitte maar ongelukkig is daar vele hout hutte wat dodelik is. Bou huise vir die mense…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.