Getal huishoudings verdubbel in SA

Pres. Cyril Ramaphosa ontvang die 2022-sensusverslag (Foto: Khumbudzo Ntshavheni/Twitter)

Die getal huishoudings in Suid-Afrika het byna verdubbel, van 9,1 miljoen in 1996 tot 17,8 miljoen in 2022.

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die eerste deel van die uitslag van die 2022-sensus aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Die 2022-sensus was die eerste digitale sensus wat in Suid-Afrika plaasgevind het, deur middel van ʼn rekenaar-geassisteerde persoonlike onderhoud, rekenaar-geassisteerde web-onderhoud en rekenaar-geassisteerde telefoniese onderhoud.

Bevolkingsgetalle

Die bevolking van Suid-Afrika het van 51,7 miljoen in 2011 tot meer as 62 miljoen in 2022 toegeneem – ʼn groeikoers van 1,8%.

Vroue verteenwoordig 51,5% van die totale bevolking teenoor 48,5% mans.

Gauteng en KwaZulu-Natal het die grootste bevolking op 15 miljoen en 12,4 miljoen onderskeidelik. Die Noord-Kaap het die kleinste bevolking op 1,3 miljoen.

Swart Afrikane bly die dominante bevolkingsgroep op 81,4%, gevolg deur die bruin bevolking op 8,2%. Die wit bevolking het afgeneem na 7,3% in 2022 van 8,9% in 2011. Die Indier/Asiër-bevolking het effe verhoog van 2,5% in 2011 tot 2,7% in 2022.

Die gemiddelde ouderdom het toegeneem na 28 jaar in vergelyking met 25 jaar in 2011.

Meer as 55 000 hawelose persone is aangeteken waarvan 70,1% mans en 29,9% vroue (vir beide dakloos en in skuilings).

Haweloosheid

Haweloosheid kom meer gereeld voor in metropolitaanse gebiede (74,1%) in vergelyking met niemetropolitaanse gebiede (25,9%). Die grootste getal haweloses bly in Pretoria (18,1%), gevolg deur Johannesburg (15,6%).

Onder die topvyf redes vir haweloosheid is werksverlies of geen inkomste nie aangemeld vir mans en vroue (41,3%), gevolg deur alkohol- of dwelmmisbruik (25%).

Migrasie

Die twee provinsies wat die meeste geraak word deur interne migrasie, is Gauteng – met meer as ʼn derde van alle interne migrante, gevolg deur die Wes-Kaap met 15%.

Oor die tydperk het inwoners die meeste uit vier provinsies verhuis, naamlik Limpopo, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat.

Sensus 2022 het gewys daar was meer as 2,4 miljoen internasionale migrante, wat neerkom op net meer as 3% van die totale bevolking. Meeste van dié migrante kom van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-streek (86%) en hiervan kom 45,5% van Zimbabwe, gevolg deur Mosambiek (18,7%) en Lesotho (10,2%).

Die topvyf lande wat migrante na Suid-Afrika stuur, is Zimbabwe, Mosambiek, Malawi, Lesotho en die Verenigde Koninkryk. Dié vyf lande het hul rang sedert 2011 behou.

Opvoeding

Meer as drie miljoen kinders (0 – 4 jaar) het aan Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) deelgeneem. Provinsiaal was kinders in die Noord-Kaap (57%) en Noordwes (52,4%) meer waarskynlik om nie aan VKO deel te neem nie, in vergelyking met ander provinsies.

Sewe uit tien swart kinders het ʼn VKO-fasiliteit bygewoon, in vergelyking met agt uit 10 wit kinders.

Bywoning aan ʼn opleidingsinstansie het toegeneem tot ʼn byna universele vlak tussen 1996 en 2022 vir vyfjarige en sesjarige kinders. Die bywoningskoers vir ouderdomme 15 – 24 het egter begin afneem.

Bywoning het toegeneem vir swart mense, bruin mense en wit mense oor die periode. Die Indiër/Asiër-bevolking het min verandering getoon.

Huishoudings

Die getal huishoudings het van 14,4 miljoen in 2011 toegeneem tot 17,8 miljoen in 2022, ʼn groeikoers van 2% vir die periode.

Die grootte van huishoudings het afgeneem van 3,6 tot 3,5 in 2022.

KwaZulu-Natal het deurlopend die grootste huishoudinggetal (4,4%), gevolg deur die Noord-Kaap (4,1%).

Die meerderheid van huishoudings woon in formele huise (88,5%).

Die verspreiding van hoof van huishoudings tussen vroue en mans is byna gelyk, met ongeveer 50/50-aandeel vir elk. KwaZulu-Natal het die hoogste getal huishoudings waar vroue aan die hoof staan.

Water

Alhoewel daar ʼn toename is in die getal huishoudings met waterpype, het die koers van toename mettertyd verlangsaam.

Byna die helfte van huishoudings (48,4%) het wateronderbrekings aangemeld vir twee of meer agtereenvolgende dae. Die Noord-Kaap (65,8%) het die hoogste getal wateronderbrekings aangemeld, gevolg deur Noordwes (65,2%). Die Wes-Kaap het die minste wateronderbrekings aangemeld (28%).

Internet

Huishoudings met toegang tot die internet het toegeneem tot 79% in 2022 van 35% in 2011.

Internettoegang via selfoon was die mees algemene bron van internettoegang vir meeste huishoudings.

Landbou

Daar was ʼn effense afname in die getal huishoudings wat aan landbou deelgeneem het oor ses van die nege provinsies van 2011 tot 2022.

Die uitsondering was Limpopo, waar die getal landbou-huishoudings met byna 5% toegeneem het. Effense stygings is ook aangemeld vir Gauteng en Mpumalanga.

In albei sensusse het KwaZulu-Natal, Limpopo en die Oos-Kaap die hoogste getal huishoudings gehad wat aan landbou deelneem.

Byna 2 miljoen huishoudings het aangemeld dat hulle slegs aan landbou-aktiwiteit deelneem vir huishoudelike verbruik, en dit het verskil van die bevolkingsgroep van die hoof van die huishouding: 93% was swart, terwyl slegs 3% wit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Loun ·

En almal is getel?
Ek het geen sensus siel gesien nie……nog n klug.

John ·

Ek stem. Ons nie eens geweet daar is/was ‘n sensus nie.
So kan vir jou sê dat nie een van ons klein plaas gemeenskap se Afrikaans sprekende mense getel is nie.

Wondermaarnet ·

By ons was daar ook niemand, dus het ek maar aanlyn myself en my gesin laat “tel”.

Elma ·

ek ook nie. In elk geval, ek antwoord nie “rekenaar geassisteerde oproepe” nie.

Karoo ·

9,1 miljoen in 1996 tot 17,8 miljoen in 2022….. en met die aanspooring deur om jong mense letterlik te betaal om kinders te he sal dit spoedig weer verdubel, en so ook die las.

Salome ·

Hoeveel van hierdie getalle is eindelik van die buurlande. Stuur hulle terug na hulle eie lande en dan sal dit beter gaan in SA

hpven ·

Jy is reg Salome, die realiteit egter is dat van die mense vir besighede soos myne werk want die plaaslike mense word betaal om by die huis te sit, te betoog, plunder en weer vir die ANC te stem.

Wit Leeu ·

Ag asseblief ! Jy leef in ‘n droom wêreld beesneus ! Al die statistieke is twak !

Heila Isabella ·

Aag asseblief ons het 5 kinders met hul eie gesinne regoor petoria en natal en niemand van ons het enige sensus persoon gesien of wat aan ons deure gekop het nie so wie het ons getel

Suzette ·

Stem Heila, ek het 3 seuns en 1 dogter, almal getroud met kinders wyd versprei en selle as jy. Hulle (wie ookal) het ons ook gemis. Hierdie regering het beslis spoke wat vir hulle werk. Hulle kan NET MOOI NIKS DOEN OF OPLOS NIE. NIE EERS N DISPRIN NIE.

Porseleintjie ·

Nie almal gebore Suid- Afrikaners nie. Al dai extra miljoene is beslis van oor die grense.

Schalk ·

Op die vooraand van die verkiesing is die getalle nou weer aangepas om stemme te manipuleer.

Danie ·

Ag man Ramaphosa jy lieg . Hulle het meer as verdubbeld en hoekom. Want jul grense le oop en jul betaal jul jongmense om soos konyne op te tree. Dit is hoekom daar ook so n groot verkragtings syfer is want julle is soos n springhaas, van gat na gat.

Harley Davidson ·

Ek en my gesin is nooit getel of het enige vorm ingevul nie,my werkers op die plaas wat net Zimbabwiërs is is nooit getel nie,so hoe korrek is hierdie statistieke. In 2017 was daar ‘n +- 3 miljoen onwettige Zimbabwiërs net in Pretoria gewees.

Nico ·

Daar was ‘n geboortebeperking wat net onder ‘n sekere groep mense gewerk het wat gestop is. Nou word daar ‘n grant gegee wat die bevolkings aanwas aan help. Is die sensus en getalle ware feite.

Kokerboom ·

Met ‘n bevolkingsgroeikoers op die syfers van amper 2% per jaar teenoor ‘n nasionale ekonomiese groeikoers op die syfers wat sukkel om .6% te bereik is dit geen wonder ons land is in die gemors!
Syfers kan ook met ‘n knippie sout geneem word. Met oop grense is dit nader aan 70 milj. Dis nag!

Raadsman ·

Niks word gese oor werkloosheid nie. Van 60m mense en’n werksmag van 20m het slegs 12m mense werk. So 2.4m buitelanders wat hier is uitsluitlik vir werk neem dit meer as 15% van SAners se werk in beslag. Dis hoekom daar soveel xenofobia teenwoordig is in SA en dit gaan meer word!!!

Barney ·

Op papier stem ek saam met jou. In realiteit is Suid-Afrikaners of te lui om te werk of nie bereid om vir dieselfde lae salarisse te werk as die buitelanders nie. Ons tuinier is van Zimbabwe – hy doen sy werk, kla nie en ons het geen van die entitlement snert wat die Suid-Afrikaners mense gee nie. Ons misbruik hom natuurlik nie en betaal ‘n regverdige salaris.

Shakespeare ·

Dis nog niks. Maak die grense heeltemal oop soos lieplapper Julias dit wil hê dan sal ons chaos Cum Laude sien.

Jr ·

Ja nou skud hulle hande en slaat hulle self op die rug vir wat hulle *vermag * het. Oooh eeh eeh

gatgogga ·

Hoekom vir Ramapossa gee? Hy sal niks lees nie, want hy weet hy sal niks daarvan begryp nie.

jmboonzaaier ·

Watter paragraaf is korrek?
Die heel eerste paragraag of die eerste paragraaf onder huishoudings?

Mariana ·

Statistieke in SA is ‘n klug, almal weet dit of behoort dit te weet. In elk geval die aanteling van mense in hierdie land is niks om op trots te wees nie, inteendeel dalk is daar reeds te veel.

Jakes ·

Maar hierdie manne kan nasiebou. Ek dink dat ons die getal met ten minste nog n hele paar miljoen kan vergroot. Daar is nie werk of genoeg kos vir almal nie maar ten spyte daarvan kan hulle goed patapata.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.