Gevangene dood ‘in skermutseling met bewaarders’

Argieffoto

ʼn Gevangene is dood “in ʼn skermutseling met korrektiewe beamptes” nadat ʼn tronkbewaarder in die nek gesteek is by die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het bevestig ʼn beampte is in die hospitaal opgeneem ná ʼn steekvoorval. Volgens betroubare bronne het die aanval in die Medium B-afdeling van die tronk gebeur waar gevonnisde gevangenes aangehou word. Dit is ook dié bronne wat sê ʼn bewaarder is in die nek gesteek.

Nxumalo het gesê die gevangene wat die aanval begin het, is dood “in ʼn skermutseling met beamptes”. Hy het gesê die misdaadtoneel is deur die polisie afgesper om bewyse te versamel en hul ondersoek te doen.

“Hierdie is ʼn betreurenswaardige voorval vir DKD aangesien ons net ʼn paar maande gelede die polisie se nasionale taakspan by St. Albans moes ontplooi om bedrywighede by die sentrum te stabiliseer,” het Nxumalo gesê.

“Traumaberading is gereël en die departement sal die gevangenes monitor en die situasie so gou as moontlik stabiliseer.”

Hy het bevestig senior bestuurslede van die departement is op pad na St. Albans om ingelig te word oor wat presies gebeur het. “’n Volledige ondersoek sal deur die departement gedoen word en dit sal die gebeure aan die lig bring agter hierdie tragiese voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Derick ·

Ek het volle begrip vir wat in ST Albans Sentrum gebeur het omrede Gevangenes meer voorregte het as n lid wat met hulle werk! Dit moet meer ernstig gebeur van Lede se kant af om Lede te beskerm teen die misdadigers, verkragters, moordenaars, ens wat vere voel vir ander mense om hulle! Ek self was ontrent elke dag deur Gevangenes met doid gedreig terwyl ek nog in diens was! Die publiek en die Hoog geplaasde Lede wat in kantore sit agter rekenaars en lugreeling ken en weet nie wat dit behels om met Gevangenes te werk nie! Daar is n baie groot tekort aan Disseplinne en Respek aan albei kante binne die hoeke van die Gebou! Nommers Rule die Tronk en nie Bewaarders nie en dit is hoekom sulke aanrandings op Lede gebeur. Alle sterkte vir die New Generation Bewaarders!

JohanR ·

Behoort nou darem soe R10000 van belastinbetalers se geld elke maand te spaar!!

Attie ·

Ek is seker President Ramspoedig betreur die verlies van ‘n potensiële kieser.

jakes ·

Om bewaarders met n skerp voorwerp te steek is n verpligte vereiste vir 26 en 28 bendelede om n beter benderang in die tronk te bekom. Dit gebeur baie dikwels.

m ·

Bring die doodstaf terug, en sluit sommer manslag ook daarby in!!

Arno Scheepers ·

Goed gedoen bewaarders. Sterkte vir die beseerde lid.

Jepetto ·

So 400 see myl ooswes van Kapstad is daar a eiland Marion gaan los die spul tronkvoels daar sal baie goedkooperder wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.