Drie gevangenes is Donderdag geskiet en gewond nadat hulle probeer het om by die Palm Ridge-landdros uit aanhouding te ontsnap.
Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het vier gevangenes uit ʼn polisievoertuig gespring en weggehardloop toe hulle omstreeks 10:00 by die hof se aanhoudingselle afgelaai is. “Drie van hulle is geskiet en in hul bene gewond, die vierde man kon daarin slaag om te ontsnap,” het Dlamini gesê. Die polisie soek nog na die vierde gevangene.
Die gewonde gevangenes is na die Natalspruit-hospitaal in Katlehong geneem vir behandeling. – SAPA
Halwe job…
Ek stem Peter.