Minstens 200 mense is in Nigerië dood nadat Boko Haram-militante, wat soos soldate aangetrek was, hulle aangeval het.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 Junie 2014
Griekwastad-moorde kon nie voorspel word nie
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Donderdag gehoor die Griekwastad-plaasmoorde kon nie voorspel word nie.
Sanral-grond vir uitgesettenes
Sanral het ʼn ander stuk grond wat ook aan hom behoort, aangebied as ʼn meer permanente tuiste vir die mense wat van Lwandle naby Strand in Kaapstad uitgeset is.
R52 miljoen-opgradering vir Witkoppenweg in JHB
Die departement van vervoer in Gauteng het Donderdag gesê Witkoppenweg in Johannesburg kan ʼn opgradering van R52 miljoen te wagte wees.
Kragnetwerk bly onder druk; Medupi-krag eers in 2015
Suid-Afrika se kragnetwerk sal tydens die winter onder druk verkeer, het Eskom Donderdag gesê.
Resep: Melktert (gebak)
Heerlike resep vir ‘n gebakte melktert
Kimberley-fotograaf laat vaar borgtogaansoek in kinderpornosaak
ʼn Bekende fotograaf van Heuwelsig in Kimberley het Donderdag sy aansoek om borgtog in die dorp se landdroshof laat vaar waar hy tereg staan op drie aanklagte van verkragting asook die vervaardiging van kinderpornografie.
Resensie: As’t ware: Hengelkluitjies in Vissous
Hierdie resensie deur Heinrich Schulze is op 28 en 31 Mei op RSG Sport uitgesaai en word met vergunning op Maroela Media gepubliseer.
Gevangenes by hof geskiet toe hulle probeer vlug
Drie gevangenes is Donderdag geskiet en gewond nadat hulle probeer het om by die Palm Ridge-landdros uit aanhouding te ontsnap.
Tiener glo by PTA-hoërskool ontvoer
Abigayle Schoonraad, ʼn 17-jarige skolier aan Hoërskool Overkruin in die noorde van Pretoria, word sedert Woensdagmiddag vermis en ʼn groot soektog na die man wat haar glo ontvoer het, is van stapel gestuur.
Afrikaans, transformasie en vervreemding op universiteite
Dirk Hermann bespreek die “absurde sosiale manipulasieprogramme” wat tans by universiteite toegepas word.
Vier stropers in KZN vasgetrek
Altesaam 36 vermeende renosterstropers is sedert die begin van die jaar in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, en die polisie het beslag gelê op 23 vuurwapens.
Zuma betuig meegevoel ná gru-ongeluk wat 10 eis
President Jacob Zuma het Donderdag sy meegevoel betuig aan die naasbestaandes van die mense wat tydens ʼn gru-ongeluk op die R40 buite Witrivier in Mpumalanga omgekom het of beseer is.
SA-dokter in Australië vermoor
Dr. Leonie Geldenhuys, wat vyf jaar gelede saam met haar gesin na Australië emigreer het, se twee tienerseuns het Dinsdagoggend op haar liggaam afgekom in hul huis in Lithgow, New South Wales.
Honderde dakloos ná brand
Honderde mense is dakloos gelaat ná ʼn brand Woensdagaand in Clare Estate in Durban.
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Die pa wat glo sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, het Donderdag glo probeer selfmoord pleeg kort nadat die Springs-landdroshof sy borgtogaansoek afgekeur het.
Uitdrukking: Kolmuis vreet wasgoed
Ken jy dié Afrikaanse uitdrukking “kolmuis vreet wasgoed” as iemand se klere in die gleuf van die boude optrek? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting!
Man in Brits gestenig
ʼn 30-jarige man van Oukasie in Brits is Woensdag dood toe ʼn groep inwoners die reg in eie hande geneem en hom gestenig het.
Potchefstromer aangewys as kampioen-mampoerstoker
Boet Schoeman van Potchefstroom in Noordwes is Saterdag tydens die Mampoerfees by die Willem Prinsloo-landboumuseum in Rayton aangewys as die nasionale kampioen-mampoerstoker.
Video: Bestellings vir vlieënde motors rol in
Die maatskappy Terrafugia se vlieënde motor, die Transition, sal dalk eers oor twee jaar in produksie wees, maar daar is reeds 100 van dié voertuie bestel.