Die Springs-landdroshof het Donderdag borgtog geweier vir die pa wat glo sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het.
Alles vir Donderdag 5 Junie 2014
Ondernemer skend glo lyk om in kis te pas
Ronel Mostert, ʼn begrafnisondernemer van Siyakubonga Funerals in Grahamstad in die Oos-Kaap, word strafregtelik vervolg nadat sy glo die liggaam van ʼn lang man se bene afgesny het sodat hy in sy kis kon pas.
Video: Man doodgeslaan na hy glo selfoon steel
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n video wat wys hoe ‘n man deur ‘n groep mense doodgeslaan word nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n selfoon gesteel het.
Identiteit van skedel ná 14 jaar geëien
Die identiteit van ‘n vrou wie se skedel 14 jaar gelede in ‘n vissersnet in die Noordsee gevind is, is uiteindelik deur die polisie in Rotterdam, Nederland geëien.
Moord dalk nooit opgelos oor polisie se brouwerk
Albert van Vuuren (45), ʼn drankwinkelbestuurder van Bronkhorstspruit wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vrou Monica, hoor dalk volgende week of hy ʼn vry man gaan wees.
Kollega vra vir seks; afdanking nie geregverdig
Die arbeidshof in Kaapstad het bevind dat ‘n man wat sy vroulike kollega vir seks gevra het nie afdanking regverdig nie, berig The Times.
Valke ondersoek verkoop van amnestie-vuurwapens
Die Valke ondersoek die moontlike verkoop van vuurwapens wat tydens die amnestietydperk by die polisie ingehandig is.
ANC nader MRK oor spotprent, DA-twiet en OB-uitlatings
Die ANC het ‘n amptelike klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor ‘n “rassistiese” en “beledigende” spotprent, ‘n twiet deur ‘n DA-LP en uitlatings deur die openbare beskermer.
Foto’s: Tien sterf in gru-ongeluk
Tien mense is dood en veertig beseer na ‘n vragmotor, ‘n motor en ‘n bus Woensdagaand op die R40 buite Witrivier in Mpumalanga gebots het.
Gedagte vir die dag: Jou huis…’n tuiste
1Konings 8:12: “Toe het Salomo gesê: Die Here het gesê dat hy in donkerheid wil woon.” ‘n Huissoekery het baie uitdagings, maar die een met…