Geweld by Brackenfell-skool veroordeel

Inwoners van Brackenfell in Kaapstad en betogers van die EFF raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell. (Foto: ANA)

Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer, het Maandagoggend se geweld by die Hoërskool Brackenfell ten sterkste veroordeel.

ʼn Storm het losgebars nadat beweer is dat ʼn private matriekafskeidsgeleentheid plaasgevind het en geen swart leerder van die skool glo genooi is nie.

Die EFF het weens die beweerde rassisme vir die derde keer die afgelope week na die skool opgeruk waar hulle teen die beweerde rassisme betoog het. Hier het hulle hul egter teen ʼn linie ouers en inwoners vasgeloop en emosies het gou oorgekook.

“Ek veroordeel die optrede van die EFF-lede en die ouers buite die skool, wat geweld gebruik het om hul griewe te lug, ten sterkste,” het Schäfer gesê.

“Gewelddadige aanvalle is bloot onaanvaarbaar en gaan ons leerders op geen manier baat nie. Geweld is nie ʼn oplossing vir geskille nie. Ek doen ʼn beroep op alle partye om op ʼn volwasse en verantwoordelike manier te beraadslaag en op die polisie om te verseker dat ons leerders teen hierdie soort geweld beskerm word.”

Minstens een persoon is op aanklag van openbare geweld aangekeer. (Foto: ANA)

Schäfer sê leerders skryf tans onder uiters moeilike omstandighede die gr. 12-eindeksamen en die EFF weet baie goed dat dié soort konfrontasie onderrig sal ontwrig en onnodige spanning vir leerders sal veroorsaak.

Die WKOD het die oproer veroordeel en sê dit plaas onnodige druk op leerders. (Foto: ANA)

“Om hierdie soort konflik doelbewus uit te lok, wys duidelik dat die EFF nie bekommerd is oor die welstand van leerders nie. Dit is net nog ʼn poging deur hulle om verdere verdeeldheid met populistiese manewales te veroorsaak.”

Schäfer sê ongeag wat mense se gevoel oor die funksie is, was dit steeds ʼn geselligheid wat deur private individue op hul eie by ʼn private venue gehou is. Die skool het niks met die organisering daarvan te doen gehad nie.

“Dit is nie op enige manier deur die skool gesteun, gefinansier of goedgekeur nie. Weens kommer oor Covid-19 het die skool nie vanjaar ʼn matriekbal gehou nie.

“Die Wes-Kaapse onderwysdepartement kan en gaan ook nie enige stappe doen teen onderwysers wat as gaste genooi en ʼn private geleentheid bygewoon het wat hulle nie gereël het nie en terwyl hulle ook nie vooraf geweet het wie dit gaan bywoon nie,” het Schäfer gesê.

Sy het gesê dit is ook nie vir die departement om voor te skryf wie na funksies buite die skoolterrein genooi word nie.

Susan Potgieter, ʼn adjunkhoof van die skool, wou geen kommentaar lewer nie en het alle navrae na die onderwysdepartement verwys.

Minstens een persoon is in hegtenis geneem ná vanoggend se oproer.

Mense raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Beste Debbie

Gaan vra asb vir die staatspresident en die minister van polisie waarom die EFF nog los rondloop daar buite. Dit help nie jy vra die EFF nie. Hulle weet self nie hoekom nie aangesien hulle net puppets is.

Groete

H ·

Hoe kan ons malema laat opsluit ???? Ek is bereid om n klag nou te gaan le !! Waar is die hoog geleerdes ??

Buks ·

N oorlog begin met ‘n paar klein veldslae hier en daar. Passop Suid-Afrika dis nog net die begin. Die wit Burgers van hierdie land is al lank bedreig en gedreig. Die tyd van mooi praat raak min. Mense raak keelvol vir die arrogante rooi bende.

Piet Pompies ·

en wat die beste van alles is hier in brackenfell was dit die wittes, kleurlinge en swartes van die gemeenskap wat saam gestaan het teen die terorriste

Willem ·

Veroordeel die EFF. Hul het niks daar te doen nie en seker nie een van hulle het kind daar op skool

Riana ·

Eish so nou mag ouers nie meer party hou vir hulle kinders en laat hulle nooi wie hulle wil. Julius se EFF ers reel julle eie party en nooi wie julle wil….Ek gaan braai die naweek en ek gaan net my close friends nooi… so wie wil kom moeilikheid maak…. duidelik geen begrip vsn privaat funksie nie….

Connie ·

Malema as jy by jou huis gebly het so daar nie moeilikheid gewees het nie. Dit was n privaat aan geleendheid wat n mamma vir haar dogter gedoen het. Maar nee die feetjies weet jy moet altyd jou neus indruk waar hy nie hoort nie. CR en Cele kan julle asb nou vir ons wys of julle ruggrate het, sluit malema en ki toe, want hulle is besig om die land lam te le. Al die sake wat so snoer met hom is ons geld wat gemors word, verdomp begin iets doen, ons raak gatvol.

Plaaskind ·

EFF kan nie nugter dink of redeneer of enige iets op ‘n beskaafde wyse doen nie, maar as iemand die taal praat wat hulle verstaan (geweld) met hulle terug praat, hardloop hulle vinnig weg en speel die arme “victim”.

JM ·

Die verdomde EFF se breins werk net in een rigting: dié van moeilikheid soek en afbreek. Hulle deug vir niks beter nie.

Rentia ·

Debbie, een ding is om die daad af te keur, wat gaan JY egter nou daaraan DOEN?

Ek, jy en almal weet dit gaan nie stop nie. Ek vra weer waar was die DA leier, aangesien hulle die Kaap beheer, waar was en is die premier? Wat is die reaksie op hierdie daad wat al hoe meer uitlokkend word? Waar was enige iemand van enige ander party? Is ons kinders nie belangrik genoeg dat alle partye kan help om hulle te beskerm nie, ONGEAG jou velkleur nie?

Persheks Adri ·

Hoe lank dink hulle gaan ons staan vir hulle snert? Hulle bou niks op nie dis inteendeel andersom. Wel gedaan mense en kyk hoe vinnig het hulle weg gehardloop lekker bang ne! Word groot julle klomp EFF’ers ons is moeg vir julle stories.

Kom Cele waar kruip jy nou weer weg met jou maaitjes pffft

Michael ·

Hoekom is net blankes gearresteer terwyl eerste hul met klippe bestook het. Dit lyk of die sapd in die kaap bang is vir die eff en hul beskerm.

Dup ·

Solank die rooi t hemde op tv verskyn is hulle dag gemaak.Absolute breinlose optredes.Sterkte vir die skool,ouers en leerlinge.

Tanniepetoors ·

SAPD moes die hele spul EFF ondersteuners gearresteer het vir aanhitsing tot geweld en oproerigheid. Die matrieks skryf eksamen en hulle gaan so tekere. Geen respek vir ander. Ons weet lankal min van hulle het selfrespek. As jy selfrespek het gaan jy nie.so tekere nie.

Nico ·

Die polisie is te bang vir die rooi pette, dis hoekom niks gedoen word nie.

Antoinette ·

Ja ons is moeg om al ewig te se eksuus vir dinge wat ons nie deel was van nie.
eff kom 2 op n slag na die mense en dan klap KOOS hulle aan die brand dan word KOOS inhegtenis geneem en die 2 eff kom niks oor nie.

Casper ·

Dit was ‘n private funksie by ‘n plek buite die skoolgronde.Wat fet die eff daar gesoek.Scäfer, om met die eff te praat.Word groot,hulle luister vir niemand nie.

MakersMark ·

Twee klappe en mr. makatees slaan dekking. Die ground forces is toe nie so braaf nie. Wanneer veroordeel iemand die eff se gedrag wanneer hul betoog en vandalisme en intimidasie van mense plaasvind ?

Derek ·

Hoekom het Debbie nie n klag ingebring teen die EFF nie, dit is bloot logies dat indien die EFF nie opgedaag het daar geensins enige geweld sou wees nie. Dit is tyd dat die geleerdes wakker skrik en opstaan vir geregtigheid. Dit is die ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te beskerm want die politici swyg en wil nie erkenning gee aan die grondwet nie. Die “ras”” woord moet verbied word in SA. Dit bestaan nie en word deur sekere geleerdes aangewend om verdeeldheid aan te blaas. Die EFF moet groot word of hul skool geld terug eis, want opgevoede mense tree nie so op!

Wondermaarnet ·

Wat verstaan die EFF nie van PRIVAAT geleentheid nie?

Wakker akker ·

Dit is darm opvallend dat al die fotos in die berig wys hoe die wit mense die swart mense aanval. Dit het baie verder gegasn as dit, en daar het baie meer gebeur as wat julle wys.
Onthou, daar is orals mense met fone wat dit wys soos dit gebeur het.
Moenie dat eensydige beriggewing julle geloofwaadigheid verwoes nie.

Tokkel ·

ROOINARRE SOEK MOEILIKHEID EN ALMAL IS KEELVOL VIR JULLE…

Pieter J ·

Op hierdie video is dit soos in talle ander gevalle duidelik dat die polisie altyd teen die blankes kant kies. Iemand wat dit nou nog nie agter gekom het nie leef in ń droomwěreld. Debbie Schäfer is bang om haar teen die EFF uit te spreek of dit pas nie haar politieke agenda nie. Mense moet begin om op ń manier polisielede in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou soos die ou wat ń onskuldige toeskouer arresteer om sy wrewel teenoor witmense te bevredig. Ek hoop iemand het alreeds vir hierdie ou gehelp om regsverteenwoordiging te bekom.

Johanncb ·

Ai mense, is geweld régtig die antwoord? Maak ons nie onnodig ons naam sleg nie? Daar is reeds soveel geweld in ons land! Kom ons stel eerder ‘n voorbeeld vir diegene wat nie van beter weet nie!

myvyfsent ·

Kyk wat staan op daai man se THemp geskryf! “To kill or to be Killed” … Hoe is dit toelaatbaar. Jy hoef dit nie te sê nie jou hemp sê duidelik hoe jy voel anders sou jy dit nie aangetrek het nie! Die EFF maak soos hulle wil en ons moet stil staan en net vat wat hulle beveel? Ek dink nogals nie so nie.

Karlahari ·

Wat staan agter op die een se hemp?
Be willing to kill or be killed? Of so iets.
Is dit nie blatante haatspraak nie?
Hoekom is die MRK nou so stil?
Hitting a bit close to home?

Persheks Adri ·

Hulle is ook rassisties teenoor ons moet asb nie asem op hou vir MRK nie

Saartjievandiebosveld ·

Our people nooi wie hulle wil na hulle partytjies…
So ons kan seker nooi wie ons wil…m

LANA is ELANè ·

EFF 1, Burgerlike Samelewing nul.
Wonder watse eise die EFF nou gaan hê waaraan die skool MOET voldoen om te keer dat die EFF dit wat oor is vd skooljr verder gaan saboteer!
Dit maak mens siek!!

Danie ·

Dis dieselfde landgenote wat daarop aandring dat hulle gerespekteer moet word.
Hoe kan jy enigiemand respekteer wat hom soos ‘n idioot gedra en wanneer hy vasgetrek word oor sy leuens is die antwoord but english is not my home language.

Caro ·

Nou vra ek….Hoe de hel het die EFF van die privaat partytjie uitgevind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.