Geweld neem af ná polisie ekstra lede in Gauteng ontplooi

Foto: SAPD

Altesame 289 mense is sedert Sondag in Gauteng in hegtenis geneem en die polisie in die provinsie sê daar was reeds ʼn beduidende afname in voorvalle van openbare geweld en plundery in Johannesburg en Pretoria.

“Die polisiebestuur is egter bekommerd oor ʼn veldtog van fopnuus op sosiale media met voorvalle van geweld wat vrees onder Gautengse inwoners inboesem,” het kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

In Ekurhuleni is 100 mense oornag in hegtenis geneem nadat die polisie gereageer het op verskeie voorvalle van geweld en plundery. Die polisie het 54 van die verdagtes in Thokoza en Katlehong omsingel, terwyl hulle twee sakeondernemings van meubels en kruideniersware besteel het.

“Verskeie ander mense is in Buhle Park, Germiston en Elsburg vir openbare geweld in hegtenis geneem,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê vals inligting wat op sosiale media versprei word, sluit in skole wat afgebrand word en skoolkinders wat glo in Katlehong ontvoer is. “Dit is daarop gemik om geweld uit te lok en vrees in Gautengse gemeenskappe te veroorsaak.

“Die misbruik van sosiale media sedert die vlaag voorvalle van geweld en plundery in sommige dele van Gauteng word ten sterkste veroordeel.”

Volgens die polisie ondermyn dit die gesag van die staat.

Gauteng se polisiehoof het reeds beveel dat meer polisielede in die provinsie ontplooi word, totdat die situasie gestabiliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Werner ·

Sien hulle begin ons nou opfoeter in nigerie mtn en chekkers loop deur hulle rand SA kaners ook in strate aan volgens news 24

J.J. ·

Maar net 289 inhegtenis geneem?
Daar was baie meer wat geplunder het.

Ig ·

Sodra dit rustig raak dan onttrek hulle weer, what a joke! Hou die baie polisie daar en haal die culprits uit. Die werklike probleem oor hoekom daar geplunder word gaan nie weg nie.

HC ·

Daar het mos meer as 2 miljoen van buitelanders onwettig in Suid-Afrika, net 289 hegtenis geneem en ander is 468 ook hegtenis geneem… En waar is nog 1,999 000 buitelanders in Suid-Afrika? Is hulle alreeds gevlug of weggekruip?

Pottie ·

Hehe ou hc hulle weet nie wie is wettig en onwettig in die land nie

SoosDitIs ·

Ondermyn die gesag van die staat? Laat ek julle een ding vertel, ek vertrou nie die staat nie, ek vertrou nie ons polisie nie en ek vertrou geen persoon wat veronderstel is om ons veilig te hou nie. Nie omdat ek dink hulle is onbekwaam nie, maar omdat ons kriminele soveel meer is dat daar nie genoeg mense is om hulle te keer as hulle eers SA aan die brand wil steek en verwoes nie. So ja, ons ondermyn die staat. Bewys ons verkeerd, en stop hierdie nagmerrie waarin ons moet lewe voor dit te ver gaan, dan sal ons dalk anders voel

Werner ·

Al hoekom mense dink dit neem af is omdat daar nie meer beriggewing is nie wat van Springs en Boksburg se geweld

Magda ·

LOOTERS – NOTHING ELSE – STEALING & AND MAKING BABIES – THE NEW LAW OF THE BEW SOUTH AFRICA.

Hannes ·

Agree 100% even in Africa north of the Limpopo other african country residents realize them as such

Dieter ·

Dis nie waar nie. Daar het vandag meer verslae deurgekom op polisierings forums oor ketting winkels waar goedere gebuit is as in die laaste 2 dae.

Gert van Wierdapark ·

Natuurlik sal die plundering ens afneem, want in daardie gebiede is daar boggerol oor om te plunder! Die Plundering van die staatskas/bronne gaan egter ongesteurd voort!!

isabel ·

Ai is daar nog enige mens wat die droom van gelykheid,wedersydse respek, vryheid en verdraagsaamheid van 1994 onthou? Al hierdie dinge is vir my net baie teleurstellend om nie eers te praat van hoe bang dit my maak nie. Maar ek se net as ek kwaad genoeg, moeg genoeg, en uitgesluit genoeg voel, sal ek ook in die mark wees vir n vry TV of kos of klere, en ek sal ook voel dat ek vir net n oomblik alles gelyk gemaak het.

NET EK ·

Ag more of oormore is hulle almal weer uit. So ons kan die herhaal volgende week weer verwag???

KrokodilBotha ·

Ons moet asseblief nie die staat ondermyn nie. Alles is onder beheer. Tye wat ek in Zambia, Malawie, Mosambiek , Zimbabwe deur was , het ek bitter min gemors op die mense se stoepe gesien. In Malawie het ek al voor sonop die mense sien aan die land werk. Terug by ons, sodra jy Beitbrug Messina inry, le die rommel en gemors gestrooi. Dit was baie duidelik nie die selde kaliber mense wat ek oorkant ervaar het nie. In Zim was daar wel n paar hansworse. As jy nog nie oor na daai lande was nie, sal jy nie verstaan. Ons sit met n probleem, wat net demand.

Alida ·

Dit is nie fopnuus nie dit is n werklikheid. Die land brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.