Ghoemas reageer ná omstredenheid

Steve Hofmeyr

Die Ghoema Musiek Trust het eindelik gereageer ná vandeesweek se omstredenheid nadat die musiekvideo van “Die Land” van die benoemingslys van dié musiektoekennings verwyder is.

“Daar is soveel briljante kunstenaars wat eer verdien. Hulle harde werk kan nie oorskadu word deur die onttrekking [van Die Land] nie. Die gewig van die besluit lê in die viering van die kunstenaars,” het die Ghoema Musiek Trust in ʼn verklaring gesê.

Dié besluit is geneem op versoek van MultiChoice as gevolg van Steve Hofmeyr se betrokkenheid by “Die Land”. MultiChoice is die hoofborg van die Ghoemas.

ʼn Ultimatum is deur MultiChoice aan die Ghoema Musiek Trust gestel om die benoeming van die musiekvideo “Die Land” met Hofmeyr en ander betrokkenes te onttrek om nie met hom geassosieer te word nie.

Die trust het aangedui dat Coleske Artists aanvanklik genader is nadat MultiChoice sy ultimatum gerig het. Luidens die verklaring is daar toe aan Coleske Artists die opsie gegee om die benoeming te onttrek van die beste musiekvideo-kategorie.

“Coleske Artists is ook in direkte kontak met MultiChoice gebring in ʼn poging om die situasie te beredder. Geen finale terugvoer is egter ontvang nie en die trustees was dus genoodsaak om ʼn dringende besluit te maak. Die trustees het ’n meerderheidsbesluit geneem oor die uitsluiting van die video.”

Maroela Media het vroeër berig Arnold Coleske van Coleske Artists het gesê die platemaatskappy is hartseer oor die besluit dat die video aan die benoemings onttrek word. “Dít raak nie net die betrokke kunstenaars, komponiste van die liedjie en regisseur van die video nie, maar dit raak elke ander kunstenaar wat toekennings ontvang, omdat ons glo dat hierdie besluit die integriteit van die toekennings in gedrang bring,” het Coleske gesê.

Coleske het gesê die besluit is ʼn klap in die gesig van die kunste, vryheid van uitdrukking én vir die bevordering van Afrikaans.

Die Ghoema Musiek Trust hou egter voet by stuk dat hy die groter belang van die Ghoemas, soos ander kunstenaars, diensteverskaffers en kaartjiekopers in gedagte gehou het tydens die besluitnemingsproses.

Die prysaand het Woensdagaand in die Sun Arena in Pretoria plaasgevind waar Demi Lee Moore met die toekenning vir die beste musiekvideo weggestap het vir haar liedjie “Mis Eet Slaap Herhaal”. “Ek dink nie ek sou hier gestaan het as ‘Die Land’ nie onttrek is nie,” het sy onder luide toejuiging in haar toespraak gesê.

Luidens die verklaring was geen kategorieë, uitslae en optredes egter beïnvloed deur die ontrekking van die “Die land” nie. Ouditverslae sal volgende week beskikbaar wees indien enige ingeskryfde persoon/persone dit sou wou nagaan, het die Ghoema Musiek Trust gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

242 Kommentare

Ekke ·

Na hierdie petalje kan julle seker n veel beter en betroubare borg kry as Multichoice. Wie is hulle dan nou eintlik? Ek Laat hulle lankal nie in ons huis toe nie. Soek vir n beter SA border

Christiaan ·

Ek sien Pretoria FM beplan ‘n alternatiewe geleentheid. Dankie, sien uit daarna! Mag gehalte daar beloon word. Dis weer tyd dat Afrikaanse musiek hom/haarself bevry van die politiek, onthou julle nog die Voëlvrybeweging? Laat die wiele rol oor ons verwoeste land en laat Afrikaanse musiek vry bly van politieke inmenging…

Mev Dave v.d Walt ·

Julle kan n piering melk vir die mense gee wat Steve af kraak maar moet nie om he nie waar hy gaan sal pns gaan waar hy praat sal ons gaan waar hy sing sal ons sing hou sy naam HOOG

Riaan De Witt ·

Kom on wees maar nou eerlik, al hierdie borge wat so onttrek, MTN, Toyota, endiesmeer, is die eerstes wat die ANC en EFF se sakke volmaak vir hulle verkiesings veldtogte, en al sing die gespuis moor die Boer en word die Boer wel ook gemoor, is dit aanvaarbaar, want as hulle nie doen soos die ANC en EFF se nie, word hulle uitsaai lisensies ingekort. Die buying power le nie by die Boer nie maar by die swartman, alles gaan net oor GELD, that is the long and the short of it, punt, klaar!

Johan Viljoen ·

Steeds word die onderskeie maatskappye ondersteun deur die wat kwaad is. As ons as Afrikaanssprekende Afrikaners nie wil toelaat dat ons polities geboellie word nie moet ons onttrek van almal wat ons boellie. Almal moet saam staan. Hulle sal sien waar hul inkomste vandaan kom.

Ben ·

Dit was gelukig gratis advertensie vir n gerekende sanger. Sy stem sal nie verdwyn of stilgemaak word nie. Krediet aan die wat hom ondersteun het deur nie die funksie by te woon nie.

Pieter ·

Is NASPERS oftewel Nasionale Pers (Afrikaanse) die skatryk eienaar van Multichoice ? Afrikaners wil onteenseglike bewyse sien hoe volhardend die Ghoma Trust direk by die Hoofbestuur van Naspers gaan aanklop het vir beskerming, bystand en uitkoms oor iets volks gesind wat Afrikaans trots volkseie Steve Hofmeyer vele lange jare gelede ( vryspraak geregtig) geopper het.

In para 5 word beweer (erken) Ghoma Trust hul het vir Coleske die “opsie” (anders wat?) gegun het om Die Land te ontrek, en toe die stilbly het Goma Trust meerderheid sumier Die Land verban.

Ook para 9; Ghoma Trust beweer Die Land is ontrek in belang van kaartjiekopers, onder andere. Kort voor die aanbieding was die kaartjies mos alreeds verkoop en die borgstaan uitgifte alreeds gedek. Afrikaners sou, op vooraf saamstaan versoek, verniet optree.

Ghoma Trust het elk van ons, ons taal en ons volkseie belange gefaal.

Andreas ·

Hoe meer hulle spartel hoe dieper sak hulle in die modder weg.

Andreas ·

Die kruks van die hele storie is dat die organiseerders van die Ghoemas en MultiChoice het met hul besluit om ‘Die Land’ te onttrek, veroorsaak dat die hele gesprek en alle berigte nou om Die Land en die besluit gaan. Almal sal nou 2019 se Ghoemas onthou vir ‘Die Land’ wat deelname ontsê was, en tereg kan mens na die tyd sê die aand het aan ‘Die Land’ behoort, die organiseerders en MultiChoice moet eintlik hiervoor bedank word, want geen mens kan vir groter blootstelling vra as wat ‘Die Land’ nou kry nie.

Andreas ·

Die kruks van die hele storie is dat die organiseerders van die Ghoemas en MultiChoice het met hul besluit om ‘Die Land’ te onttrek, veroorsaak dat die hele gesprek en alle berigte nou om ‘Die Land’ en die besluit gaan. Almal sal nou 2019 se Ghoemas onthou vir ‘Die Land’ wat deelname ontsê was, en tereg kan mens na die tyd sê die aand het aan ‘Die Land’ behoort, die organiseerders en MultiChoice moet eintlik hiervoor bedank word, want geen mens kan vir groter blootstelling vra as wat ‘Die Land’ nou kry nie.

Deon ·

Ware kunstenaars lewer kommentaar op die wêreld rondom hulle, hetsy deur woorde, musiek, kwas of metaal. Ware kunstenaars laat hulle nie deur borge voorskryf nie. Ware kunstenaars sou teen Ghoema en Multichoice opgestaan het.

Hannes ·

Steve, is jy die DeLaRey waarvan Bok gepraat het? Leef op!

Frederick ·

Ek dink dis belaglik. Dit gaan nie oor Steve nie. Dit gaan oor om alles wat Afrikaans is af te breek. Het Multichoice al ooit vir Malema aangevat? Nee. Het Kyknet al ooit vir Malema aangevat? Nee. Die wiel sal draai

S ·

Ek stem saam met jou Frederick. Ek neem mense nie kwalik wat al hoe meer hulle DSTV kanselleer nie en eerder oorgaan na Netflix of Showmax. Kyknet het ook betreurenswaardig geword en teleurstellend!! Karen moet dalk ook haar stoel maar afstaan as hoof want sy staan ook nie op vir Kyknet meer nie en swik onder Multichoice-druk. Hoop mense boikot ook Kyknet se uitsendings van die Ghoema en kyk nie na dit nie!! Tyd dat hulle besef ons Afrikaanse mense staan op teen sulke negatiwiteit en besluite van ons Afrikaanse kunstenaars. Steve sal altyd n fan en ambassadeur bly vir baieeee Afrikaners. Almal wat Ghoema geboikot het, julle is tops en trots Afrikaans. Wat die liedjie “Die Land” en video aanbetref, julle bly die WENNERS in baieee se harte en ons sal julle bly ondersteun. Demi-Lee het jul ghoema gekry, ook maar net omdat julle geboikot is maar in Afrikaans se harte het julle sangers en daardie video BAIE MEER AS DAARDIE GHOEMA GEWEN!!

Naomi ·

Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand het reeds aangedui dat daar nie ander borge nodig is nie. Die Afrikaanse publiek (diegene wat nog trots Afrikaans is) het na AIG se petaljes al aangedui ons stort ons bydraes daar. Hoeveel van ons ondersteun liefdadigheid? Dan kan ons netsowel ons bydraes in die kunste stort. Dit gee ons ook ‘n stem. Geld praat. Dit was nie oor Steve nie. Dit was weereens ‘n aanslag op die Afrikaner en sy taal. Nie soseer die kultuur nie…die taal. Ondersteun Solidariteit, Afriforum, skole, kerke en enige vorm van Afrikaans om die taal te beveilig. Huisgenoot raak ook net al hoe dunner en duurder. Hy word soos die Son koerant in die Kaap…sensasioneel.

Ellisras ·

Ek verstaan dat mense kwaad is. Ek is ook ontsteld. Maar Julius is nie genomineer in enige kategorie nie. Die keer is Julius onskuldig. Maak nie saak wat sy waardes is nie.

bekommerd ·

Heeltemal reg Frederick, Vir Ghoema gaan dit oor geld en sal sy siel verkoop vir n bord suur pap sodat hulle darem vir die volgende jaar daaruit kan drink totdat die pap op is…en dis binnekort. Jul integriteit grens aan zero

De Villiers ·

@Ellisras, Frederick verwys na Julius omdat die einste Multichoice op 1 Februarie vanjaar die EFF geborg het tydens hul gala geleentheid. Daar is niemand meer omstrede as Julius en die EFF nie, maar Multichoice ondersteun hulle en keur hul optredes stilswyend toe. Dís die dubbele standaarde wat Multichoice toepas.

Hennie ·

Dit is nou te laat die skade is gedoen . Ons moet net almal saam staan al die borge gaan die pad volg. Dit het by Huisgenoot begin.

Elsa ·

Dankie Vader ek het nog nooit n Huisgenoot gekoop of gelees. Regte skinder tydskrifte (en Rapport volg ook in daardie voetspore)

Ag regtig ·

Presies my idee ook, wonder wie is die Trustees, wys bietjie hulle gesigte dat ons sien hoe die ‘sell-outs’ lyk.

KOos ·

Tans is die Raad van Trustees as volg saamgestel:

Heidi Edeling – Hoof Uitvoerende Beampte
Frik Jordaan – Regsverteenwoordiger
Henico Schalekamp – Ouditeur/Rekenmeester
Karen Meiring
Loyiso Bala
Shihaam Domingo

Marlene Wood ·

Koos se lys trustees is reg, my lys is n ou een, sorry

Andreas ·

Koos, gee aub jou bron, ek sal graag verder wil gaan delf.

Saint ·

Sue,
Behalwe die Paashaas glo ek ook aan die tandemuis en krismisvader.

Karoodonkie ·

Die glansgeleentheid kon onmoontlik nie dieselfde gewees sonder al die gewilde kunstenaars wat onttrek het nie. Hier gaan dit nie oor die persone nie maar om die kunste.

Ray ·

Is Lesufi nie as ñ kort termyn een aangestel nie? Dit sal als verklaar. Mostert na die maal trustees ( beteken dit nie dat ons ons vertroue in julle moet stel nie?) Pragtige woorf wat nou verwoes is

S ·

Nou moet ons Afrikaanse mense, geleenthede waar die trustees van die Ghoema Raad teenwoordig is, ook boikot en eis dat niemand n kaartjie koop of daar sal wees as die genoemde trustees nie onttrek word nie. Karen het reeds al geswig en gefaal met Kyknet …. lankal glad nie die moeite en geld werd om na Kyknet programme te kyk meer nie!! Kyknet loop dieselfde paadjie as SAUK, swig onder die mag van politieke druk!!!

Faith ·

Publiek moes stem dws iemand het dit verander wat nie reg is nie. Hoekom word ‘n ding wat gesê is 2014 nou eers teen opgetree wat v al die ads wat gemaak is met Steve deur multichoice, mtn en Toyota en waar ‘n inkomste gekry is maar nou is hy goedgenoeg nie. Dalk is ek blond en verstaan nie. Wat van ander mense wat rassisties is hulle word heeldag en aldag in ons kele afgedruk,????????

adk ·

Vir my was hierdie glad nie oor Steve nie, dit het oor die lied “Die Land” gegaan. Die land is n treffer en versprei hoop en eenheid en word met trots gesing en ontvang. Dis n lied van emosies….As Steve nie daar was nie sou hulle n ander verskoning gekry het. Ek luister daagliks daarna, lief dit. Ek wil die skrywer, kunstenaars, samestellers komplimenteer. Dis top gehalte en hope talent. Ek skaf binnekort vir my Demi se CD aan. Sy gaan ook seker op n manier getarget word agv haar ondersteuning aan die wat te nagekom word. Die GhoemaTrust gaan in die toekoms nie van toepassing wees nie. Hulle moet daaraan dink om te ontbind.

Anon ·

Mnr. Coleske… Jý sou nie toegelaat het dat Multichoice jou boelie as dit jý was nie. Julle moes almal, kunstenaars in kluis, standpunt ingeneem het en dan eerder die geleentheid afgestel het. Dis hartseer dat ons geld julle sit waar julle sit en julle omdraai en namens die publiek besluit om deel te neem aan die verkragting van Steve Hofmeyr se loopbaan! Die lied Die Land is pragtig! Die taal Afrikaans is besonders. So waar is julle ruggrate?

Johan ·

Kort en kragtig. Politieke druk. Dit sal egter nooit erken word nie.

Helena. ·

Afrikaans is in die minderheid en ek is seker multi choice gaan nie die onttrekkings mis nie. Ek hoop hofmeyr sê vir julle dankie.. glo nie hyt dit in hom nie..te eie ek. Shame.

Johan ·

Helen hy het klaar. Is meer man as baie. Jy kry seke Sassa nou stem jy ANC

S ·

Helena en jou punt is !! Jy werk seker vir Multichoice …. shame …. en pasop as jy wakker skrik is jou koffie ook koud. Multichoice gaan jou nie n beloning gee vir jou kommentaartjie nie. Afrikaans is minderheid maar verseker is hulle harte is groot en trots Afrikaans en meer werd as daardie goue ghoema ornamentjie. Hierdie het die Afrikaanse mense net nog sterker gemaak en nog nader aan mekaar. Trots Afrikaans!!!

LBS ·

Ag shame, nè? Hierdie onderduimsgeid het juis Die Land op die “map” gesit! Steve, Bobby, Jay, Bok en Ruhan en al die ander sangers wat hulle bygestaan het, baie dankie. Dit is die eerste keer dat ek die lied gehoor het en ek gaan dit aankoop om hulle te ondersteun. Ek sal ook nie die enigste een wees nie, hulle gaan nou uit Die Land geldmaak soos bossies!
En Multichoice? Julle is i.e.g. besig om te duik! Julle sal maar planne moet beraam om op te maak vir die talle intelligente mense wat elke dag beter opsies kry as julle DUUR herhalende klomp programme. Terloops, julle kan die “remote” in die swart boks met sy goud-geskrewe boodskap van dank aan ‘n getroue ondersteuner wat by my deur afgelewer was terugkry! Ek sal dit nie nodig kry nie. Hoeveel ander mense het onlangs so iets van MC ontvang? Ek het lekker gelag!

Karolis ·

Afrikaans is dalk in die minderheid maar wie betaal in die meerderheid?

Jannie Loper ·

Om te dink die verslegte verhouding tussen Steve en Netwerk24 het begin oor ‘n koppie tee. Sedertdien was hy in hul propaganda visier.

Chris ·

Helena ,Afrikaans as huistaal staan beslis nie terug vir Engels nie!Vanaf Kaapstad in die Weskaap tot by PE in die Ooskaap en tot by Upington in die Noordkaap is die huistaal oorwegend Afrikaans.Dit vereenwoordig meer as 50% van die land se oppervlakte!

Andre ·

Steve het nie n ‘Ghumpta’ nodig nie, net soos ek nie DSTV of Media 24 nodig het nie. Die Ghoema is n groot KLUG.

Andre ·

Ek dink die 2019 Ghoema was ook die laaste Ghoema… Cheers Ghoema…slaan die ghoema.

Willem ·

“Die brother prentjie”. Geld, enige geld, al is dit ten minste van ander. Die Ghoemas get toegelaat dat hulle integriteit verkrag word, terms wille van geld/borgskappe. As dit ‘n swart kunstenaar of werknemer van enige maatskappy of installing was, her die bande al Lanka gebrand en het een of ander minister al klaar ‘n tronksel vir die “rassis” bespreek.

Anon ·

Afrikaans is dalk in die minderheid maar ten minste is ons trots op ons taal en praat ons nie 10 verskillende variasies daarvan nie. ? Multichoice sal wel die onttrekkings mis want geld is geld en hulle is gulsig. Elke R900tjie maak ‘n verskil Helena en ek onttrek met trots van Multichoice en hulle rassisme.

khoi ·

Chris- Dalk nie. Omtrent helfte van die bruinmense in die kaap het Engels as eerste taal en met die instroom van die swart bevolking verander die prentjie ook drasties.

Ai. ·

Die geagte mnr Coleski het geswig onder die druk en toe maar sy dertig stukke munte geneem nadat hy Afrikaans uitverkoop het! Soos ek se dit is die blanke Suid Afrikaanse rugstekers wat sy eie sal uitverkoop wat seerder maak as die verwagte rassistiese woorde van Juliase en Andiles! Multichoice neus gelei deur n snotkop kwota anti Steve meneertjie Javabu moet maar mooi verstaan dat multichoice nou no-choice is vir my en hopelik by ontnugterde ander Afrikaans sprekendes wat moeg is om geboelie te word deur die lot ook! Jul kan wel jul self laat geld deur mutichoice te kanselleer maar dieselfde vraag is of jul die karakter daarvoor het om te staan vir wat jul is of maar net nog n klomp Coleski en Amore geldgierige gemaklikke lot is wat eerder die gerief verkies bo standpunt inneem… Miskien die tyd wat jul wel besluit om op te staan vir julself is dit te laat…

Weskusklong ·

Khoi, gaan kyk na die 2011 sensus statistiek. Afrikaans is by verre dominant in die Weskaap, veral in die Suidkaap, Weskus, en Boland, sowel as die Noordkaap. Die meeste inwoners is bruin en hulle is ook gatvol is vir “engelse” indringers wat nie eers Engels kan praat nie. Bruin mense in Kaapstad is dalk fancy “engelse”. In bruin geledere in die Weskaap is daar oproepe om af te stig, en as wit man het hulle my steun.

Sharon ·

Dis reg as julle julself glo. Julle het net gehelp om aan ons, die ondersteuners van Afrikaanse musiek te wys wie het voete vam klei. Dankie dus Ghoemas…. Julle het my n hele paar rand gespaar

Corrie ·

Ek ook klaar met multi(gemors)choice. Julle is waglik om die minste te se

N Lourens Reitz ·

Jannie Loper jy is reg. Pieter du Toit het dit nou weer gewys met sy berig in News 24 dae gelede. Adriaan het seker in sy oor gefluister wat om te skryf?

Barries ·

Mnr Khoi, jy gaan vir die volgende paar weke weer as Swart geklassifiseer word, want dis weer verkiesing, maar bruin mense gaan daarna maar net weer moet baklei om bevordering in die staatsdiens te kry, soos jy se, die inkommers van die Ooskaap is “Engels”

SCHUMI ·

En die ouditverslae salsodanig verander word om die wenners ye bevoordeel wat die aand gewen het. Dit is ‘n klug. Dit moes dadelik gestel gewees het

Jan Nel ·

“Ultimatum” – wat ‘n mooi suikerwoordjie vir intimiderende afpersing deur die Afrikaanse musiekbedryf gyselaar te hou.

NieStupidNie ·

As dit waar was, was dit nie nodig om “die land” te onttrek nie. Ouditeurs het in elk geval nie ‘n edel naam in die land na die KPMG geval met Guptas, en die rekenkundige oneerlikheid by Steinhoff nie. Ons almal weet boeke en beoordeling kan gekook word en verander word na die tyd.

Sê net ·

“Ambidextrous Accounting” Dis die term vir boeke wat nie dadelik beskikbaar is nie. Die linkerhand moet verbloem wat die regterhand geskryf het. “We are not as green as we are cabbage looking”

AB ·

Uhmmmm….asof ons nou die ouditverslae sal glo. As ñ borg die “nominees” kan bepaal en voorskryf, kan hul dit sekerlik met die ouditverslae ook doen. Hou gerus die oudits, sal onnodige tydmors wees om dit bekend te maak. Jul geloofwaardigheid is nul tot niks.

Waarheid ·

Rugraatlose klomp .
Net so was die lot wat opgedaag het vir die klug van n aand met wenners wat maar eintlik 2de viool gespeel het. Dit is hoe dit onthou gaan word.

Gert van Wierdapark ·

Multi-choice met Grootboet Naspers “worry” nie oor ons reaksie nie. Hulle voel ten cent vir ons – so maak die keuse en stuur hul Choice mor toe. Kyk gerus ook wie het die besluit by MC gemaak! “Say No More”

A simple man ·

Plaas ook sommer audit verslae van wat julle, die trustees, geldelik sou verloor as multichoice sou ontrek.

LBS ·

Multichoice moet ook maar self nou ‘n audit laat doen en sien hoeveel meer kykers hulle verloor deur hulle simpel optrede.

A simple man ·

Want wees eerlik julle dit vir geld gedoen en nie vir Afrikaans of die kunstenaars, soos julle probeer voorgee.

Koos Venter ·

‘n Ghoema is ‘n tipe drom wat deur die Kaapse Maleiers bespeel word. Wat dit as ‘n simbool van erkenning met die afrikaanse kunste te doen het, gaan my verstand te bowe. Ek glo Pretoria FM gaan met ‘n meer gepaste simbool vorendag kom.

Johan ·

Hulle is ñ klomp boelies. Multi choice julle ken ons Afrikaan sprekende mense maar sleg. Wag maar ons mense is al klaar besig met nuwe planne.
Die paar choiners wst saam mey multi choise praat gaan hul woorde nog sluk.

Afikaans het altyd ñ plan, BRAVO STEVE EN DIE ANDER SANGERS SAAM MET HOM. Julle gaan nog sterker hieruit kom want die borge ry op jul, ons Afrikaanse sangers se rug om nog meer geld te maak.

SIES ONS SKAAM ONS VIR JULLE BORGE EN JULLR WAT SWIG ONDER DRUK.

Wdp ·

Linkse liberale gatkruipers by BEE hoogeplaastes. Wil tog so politiese korek wees.

pieter ·

Alles is n coverup vanaf eff en anc om ons mense te cerdeel voor die verkiessing. Kan al mense asb hulle MultiChoice intekenaar ondmiddelik opskort

Annatjie ·

As ek sien wie is die hoof van Multichoice raak dit duidelik waaroor dit gaan. Verduidelik ok hoekom daar alewig Engelse advertensies op die enigste Afrikaanse kanale verskyn. Gaan absoluut om ons taal te misken

Tante Koba ·

Ek stem saam. Multichoice diskrimineer teen Afrikaans. Ons pensionarisse en ander wat nie die duur pakette kan bekostig word erg afgeskeep met sulke min Afrikaanse kanale. Kyknet is deesdae eksklusief net vir die wat kan betaal, maar ons praat dieselfde Afrikaans. Ons waardeer ook goeie en keurige Afrikaanse nuus en programme. As hulle regtig vir Afrikaans en die kykers omgegee het sou hulle die Afrikaanse kanale meer bekostigbaar gemaak het.

Boerboel ·

Die Hilux bakkie is die top verkoper want meeste boere het een, raak van dit ontslae en ry iets anders, As ons geld nie goed genoeg is nie is julle produkte ook. So Toyota, Multi-Choice MTM, En goemas hou julle gemors, Ons is nou vir te lank geboelie. Ons moet ons eie ding reel waar kunstenaars vereer kan word.

mitz ·

Wat ‘n patesiese en belaglike antwoord! Ghoemas, hou nou op skarrel, julle val al dieper in jul eie gat. Punt is gemaak, ons kry dit! Ghoemas en Multichoice vaarwel. Multichoice al lankal, kan beter dinge met my geld doen, soos om Steve se cd’s, boeke en dvd’s te koop, dan het ek nog kleingeld ook. Jul laat my lag, jul maak ‘n bespotting van julle self!

Van Vuuren ·

Netso! Raak ontslae van die boelies se produkte… Multichoice veral, want hulle boelie almal deur hul arrogansie en monopolie! Die res kan volg….

Barry ·

Ek het laasjaar my eerste Toyota gekoop, dit was ook my laaste, ek sal in my lewe nooit weer een ry nie, boikot die lot, onthou julle wat met Spur gebeur het, amper bankrot gegaan.

De Villiers ·

Die Ghoema Musiek Trust het alles in gedagte gehou in sy besluitneming behalwe die belangrikste komponent, naamlik die ondersteuners van Afrikaanse musiek, want sonder hulle het hierdie kunstenaars geen bestaan nie. Julle besluit is sonder integriteit geneem, en ‘n borg is nie belangriker as die ondersteuners van die geleentheid nie.

Natuurlik het die onttrekking van ‘Die land’ ‘n groot effek op die kategorieë, uitslae en optredes gehad. Julle sê dit net sodat julle beter oor julself kan voel. Julle onderskat die intelligensie van die publiek, en kan niemand met jul verskonings en uitlatings nou bluf nie.

Boemerang ·

Hierdie is ‘n nagmerrie vir enige borg en sal sal by Multichoice spook indien hulle nie konsekwent optree nie.

Marilda Schoombee ·

Ghoemas, Multichoice en al die kaders! Jul is polities, rassisties, anti-‘Afrikaans, anti-Steve en anti-Alles waarvoor mense opstaan wat vir hul eie opkom en vir dit wat hul na aan die hart lê! Julle het jul keuse gemaak, geen verskoning is goed genoeg! Jul optrede en keuse sê ALLES!
Die doodgewone luisteraar en ondersteuners van Afrikaans is vuisvoos vir hierdie geboelie! Jul het nie met naïewe kinders te doen nie…. Dankie daarvoor, want hieruit het nuwe denke ontstaan en nuwe toekennings! Die kunstenaars is NIE afhanklik van julle nie!

Gert Louw ·

My vraag is die borg reg om te se wie en wat mag wen. Nee hulle het nie, maar die land het vir hulle n doring in die vlees gewees. Vir my het dit sekerheid gebring dat alles waar dit teen die beleid is van die regerende party en bondgenote in n swak lig stel, nie aanvaarbaar is nie. SA stuur af op n burgerlike opstand, want probleme gaan skep. Lyk my Multichoise is deel van die groep wat voorgeskryf word deur die regering, om alles wat van belang is vir die Afrikaner te breek en te vernietig.

Boerin ·

Helena watse snert raak jy kwyt..Steve is reeds een vd bekendste sangers..en waarvoor moet hy jammer se???

En Multi Choice gee niks terugvoer nie! Hoekom is ek nie verbaas nie Joe Heshu?
Wat gaan jy se…Ons laat ons nie vertrap nie! Wit Afrikaans en flippen Trots!!!

Janine ·

Ghoemas dis n patetiese verskoning. Sal nooit my geld mors op n kaartjie nie

Skepties ·

Het ‘n oudit nog waarde? Dien dit regtig as n gerusstelling? Watter oudit prosedures word uitgevoer?

Louwboepens ·

Volgens die Ghoema Musiek Trust was dit `n meerderheids besluit om “Die Land” te ontrek.Met ander woorde die besluit was nie eenparig nie.Kan ons,die publiek,dan asseblief weet wie het daarvoor en wie het daarteen gestem sodat ons die kaf van die korrels kan onderskei.Moet nou asseblief nie skuil agter die ou uitgediende antwoord van:dit is vertroulike inligting nie!!

Anoniem ·

Groepsdruk, mense moet net bykom en hulle bepaal by dit wat belangriker is – ek gaan my skottel verkoop ?

KietieKat ·

Wie en wat is die Ghoema Trust. Wat het ons met julle audit verslae te doen?
Dankie dat julle na Multichoice geluister het Dankie dankie dankie want daardeur het ons reeds ander opregte borge met integriteit en n waardestelsel asook n opregte liefde vir ons TAAL AFRIKAANS EN DIE AFRIKANER VOLK het.
Weg met Ghoema en sy meelopers!!!
VIVA PRETORIA FM EN SOLIDARITEIT.
Trots om te weet ek is ingeskrewe lede by julle.
O ja Heleen jy kan maar gaan ………
Ons opregte AFRIKAANSE AFRIKANER bestaan uit AFRIKANERS wat in God glo en net aan instansies behoort wat opreg is met INTEGRITEIT.
My Volk ek is so trots op julle.
Steve jy en al die ander sangers wat onttrek het ons is trots op julle, dat julle opgestaan het vir dit waarin en in WIE julle
glo.
Bou voort op julle goeie en ordentlike sang. Ons eer julle.

Hennie ·

In die land kan alles aangepas word al die steme sal nou reg lyk.Dit gaan nie oor afrikaans nie maar oor geld .

fred ·

“groter belang”…???? seker hulle eie groter finansiële belang en om hulle BEE boeties te please…glo nie ons het hierdie borge nodig….hou dit eenvoudiger of wil hulle met die Oscars kompeteer?Dit gaan oor Afrikaanse musiek,nie status nie…

Elsa ·

Sal interesant wees om te weet hoeveel lees nog Huisgenoot. Regte skinder tydskrifte. Rapport en kyknet net so swak. Multi Choice is repeat and repeat and… Repeat. Over and over.

Anoniem ·

As die ghoema teust afrikaners is dan is julle die mees ruggraatlose afrikaners wat daar is.

Die Trust ·

So, die einste trust wat Besluit het Die Liedjie moet ‘n award kry is nou die trust wat besluit het dit moet maar eerder weg gevat word….

Rooi Jan ·

Dankie Ghoemas ons hoor julle punt, dankie MNET ons hoor julle punt maar ons is ongelukkig van n ander standpunt as julle dus wil ons nie meer besigheid met julle doen nie so totsiens.

Frik ·

Kyk geen Tv vir 8 jaar nie,Want jy word geproggameerd om soos die anc te dink, Dan word jy soos die pada in kookwater, Nou kyk ek wat ek wil kyk , en niemand kan my van Afrikaans of druk nie

Johan ·

n Bietjies te laat nou. Julle moes n ruggraat gekry het en vir Multichoice nee gese het. Nou het julle geen integriteit nie.

Cornel ·

Ek is baie bly vir die ander sangers wat wel gewen en vereer is vir hulle harde werk. En die ouditverslae sal dit seker beaam. En ons het nie verwag dat al die kunstenaars wegbly nie maar maar dat hulle sal opstaan vir die taal wat hulle sê hulle op trots is en wat hulle ondersteeun sou ek sê ja. Ghiema trust, sonder Afrikaans en Afrikaanse kunstenaars sou julle niks gehad het om weg te gee nie….. so hou aan, maak maar as of dit julle nie traak nie. Die Afrikaanse publiek het baie meer slaankrag as wat julle wil besef.

Morne ·

Baie baie maklik. Wie ondersteun Multichoice die meeste? … Blanke Afrikaners. Ek se wees gekant twen hulle, kanseleer jou subskripsie met hulle en stream online. Ek gaan dit doen. Het hulle nie nodig!

Lienkies ·

Ek dink in elk geval dit was die laaste jaar vir die Ghoemas.. Glo nie daar gaan volgende jaar Ghoemas wees nie.

Boet Fasie ·

KNET ek dink julle moet gaan, Karin Meiring en haar spannetjie moet bedank, die kunste het julle regtig nie nodig nie. Ek dink julle moet maar Hip Hop of iets van daai gemors gaan aanbied, die afrikaner het julle nie nodig nie. Ek glo die Land se verkope het drasties gestyg na julle veragterlike optrede. Ek ondersteun hierdie kunstenaars tenvole want dit is my land. Wat ‘n uitstekende CD !!!!!!!!!!!!

Retha Roux ·

Met die aankoop van Die Land CD, het ek nou die voorreg om dit kliphard in my huis en my motor te speel.

Paul ·

Hoop dit is die laaste hoor van Ghoema trust. Hulle sal nou ‘n stil dood sterf want ons Afrikaners sal nie deur julle misbruik word nie. Staan op afrikaans sprekendes en laat julle stem hoor. Laat die wêreld weet ons staan nog sterk.

Toffieappel ·

Bog Rooikappie, die meerderheid het hul mes in vir Afrikaners, of word jy nou eers wakker. Moet amal maar tevrede wees met die suigstokkies en spookasem wat vir ons gegooi word.

HPV ·

Patetiese ou spulletjie wil nou seker hê ons moet tranerig raak, mens kan net sulke instansies minag. Multichoice bevind hulself in dieselfde geselskap as die mrk met geen geloofwaadigheid. Ek het jare gelede al hul diens gestaak, lees ook net internet koerante en tydskrifte.

Johanna Botha ·

Kry ASB n ander meer betroubare borg ! SO moeg vir die storie nou ! ! En kom vir n slag op vir wat reg is goeie jimmel !

Ray ·

Is Lesufi nie as ñ kort termyn een aangestel nie? Dit sal als verklaar. Mostert na die maal trustees ( beteken dit nie dat ons ons vertroue in julle moet stel nie?) Pragtige woorf wat nou verwoes is

C ·

Ja en as dit nie vir Steve was nie sou Demi Lee seker ook nie so bekend gewees het nie. Persoonlik dink ek haar en Steve se liedjie het haar bekendgemaak hoop sy het darem op die verhoog dankie gesê aan Steve maar wat ek te min glo.

Elsa ·

Ai C, duidelik het jy nie veel gelees of gekyk wat aangegaan het nie. Demi Lee het hope talent en sy hoef beslis nie vir Steve daarvoor dankie te sê nie. Sy het wel haar toekenning OP DIE VERHOOG aan Die Land se kunstenaars opgedra en ook die persone wat die video gemaak het en die liedjie geskryf het.

HPV ·

Rooikappie, ek kan jou verseker dit gaan gladnie oor Steve nie, hulle gebruik hom net om ‘n aanslag op alle Afrikaners te loods omdat hulle te papbroekig is om dit self te doen. Ek ondersteun Steve as ‘n uitstekende kunstenaar, maar ek het ook my bedenkinge oor sommige van sy uitsprake. Ek boikot hom egter nie as kunstenaar omdat ek nie met van sy uitsprake saamstem nie. Wonder self of hy multichoice gebruik?

Hansie Slim ·

Ghoema trust. Ek dink julle trust nie meer nie. Word julle dan besit deur multichoice? Wanneer het multichoice julle gekoop? As julle wou groei to hoër hoogtes? Laat multichoice gaan of trou met hulle. Julle ghoemas se optrede was eintlik laakbaar om te swig.

Esta ·

Stuff Ghoema en multi choice. Begin n nuwe sing.. Peoples choice! Last die land besluit !

Johann M van Heerden ·

Ek hoop die kunstenaars en almal betelrokke by ‘Die Land’ word oorweldig deur verkope van hul lied en bewus van ons Afrikaner deernis. Ons voel vir julle. Kry ‘n alternatiewe toekenning en borge. Ek sal self paar sente gee.

Anoniem ·

Groepsdruk, mense moet net bykom en hulle bepaal by dit wat belangriker is – ek gaan my skottel verkoop ?

Sien jy bue die ghoema? ·

Is dit net ek of raak Kyknet elke jaar net swakker? Hul komedies is geensins snaaks nie, dan oordonder hulle ons met laeklas gemors soos Die Siener, Skelmpie en ander SWAK twak!

M ·

Man ons wil niks weet van Ghoemas nie. Te hel met julle en Multichoice. Ek het lankal
DSTV gekanseller en Netflix aangeskaf. Baie beter en dit kos my net R 129 n maand

Anoniem ·

Stem saam te duur ! Lyk my M sommige mense wil so duur betaal want hulle kan nie somme maak nie

aj ·

Waar en hoe kanselleer ons ons Multichoice lidmaatskap?

Gee asb ‘n nommer of webblad waar dit vinnig afgehandel kan word.

Moeg dat hulle swart gesigte en advertensies op my afforseer.

Kanselleer dstv ·

Bel multichoice: 011 022 6742
Se net jy wil canell.

M ·

Man ons wil niks weet van Ghoemas nie. Te hel met julle en Multichoice. Ek het lankal
DSTV gekanseller en Netflix aangeskaf. Baie beter en dit kos my net R 129 n maand. So hou julle verskoning vir julle self. Ona die publiek sal Steve Hofmeyer en die ander kunstenaars ondersteun

Tiaan van Dyk ·

Hierdie lied het ń nasionalistiese inslag en linkses probeer om enige vorm nasionalisme, of iets wat nasionalisme onder Afrikaners kan aanwakker , onderdruk. Steve is bloot as ń verskoning gebruik om nasionalisme te onderdruk. Hierdie was uit en uit ń politieke poging om te probeer verhoed dat Die Land (soos Delarey) gewild word. Onthou die bohaai na Delarey se gewildheid… Die Afrikaner kan nie toelaat dat sy vyande sy kultuur bepaal nie. Hierdie lied moet wyd gepropageer en soveel as moontlik gespeel word.

Therese van Schalkwyk ·

Tiaan van Dyk

Stem saam.
“Die Land” is beslis ‘n lied wat dieselfde patriotiese effek het as die destydse “De la Rey, De la Rey”.
Albei sal doodgeswyg word in die linkse hoofstroom, met die hartlike samewerking van Afrikaanses.
Lees Pieter du Toit in News24 en huil in jou hande.

Franco Scheffer ·

Ghoema, ‘n drom gespeel deur die Cape Malay mense. Oulik maar dit het niks eers met die Afrikaner se kultuur te doen nie.

roelie ·

Aai siestog Ghoemas julle moet die musiek los en eerder n politieke party stig julle sal beter in dit vaar.

Hein ·

Eks is teleurgestel dat die kunstenasrs in hul totaliteit nie dié aand geboikot het en weggebly het nie.
As Lesufi dmv die ANC so maklik maatskappye kan kry om Steve te boikot, hoe maklik kan hulle dan nie teen hulle ook draai nie?
Die kunstenaars het n gulde geleentheid gemis om hul Ware kleure te wys

pb ·

Min musici het geboikot..en die saal was tjok en blok vol gaste! Lyk nie of steve gemis is nie?

Boet Fasie ·

Die hele DSTV “sucks” dit bedien net ‘n sekere mark, sportkanale is net sokker, sokker en nogmaals sokker. Die afrikaner se voorkeure en programme word voorgeskryf wie mag optree en wat gesing en gese mag word, terwyl ons ten duurste moet betaal vir her- uitsendings van programme. Lyk my DSTV is ook op beurtkrag.

gatiep ·

Dit lyk darm of hulle nota gevat het oor wat gebeur het.
Ek het geen woede meer vir die wat gegaan het nie.Was net teleurgestel.
Weet net nou wie is staatmakers.

Anoniem ·

Gelukkig kan ek besluit of ek verder vir MultiChoice wil betaal of nie en ek het so pas by hulle getjaila, tata ? Gaan sommer my skottel gebruik om reënwater mee op te VANG ?

Julle is regtig pateties om Julle met groepsdruk te laat VANG want dié AANSIEN en met wie Julle meng is tog SO belangrik MAAR Julle MIS DIE PUNT

DeLange ·

Twak! As die Ghoemas régtig vír kunstenaars en die kunste was sou hulle nie digterlike vryheid en die integriteit van die kunste in gedrang gebring het deur die knie te buig voor MultiChoice se boeliegedrag en toegelaat het dat hulle sensuur toepas nie. PW sou trots gewees het.

Roxy ·

Ek het Donderdag Afrikaans is Groot gekoop vir die liedjie Die Land. Geniet ook al die ander liedjies op die cd.. Ek verafsku die mense wat ons taal wil vernietig.

Roxy ·

Ek het Donderdag Afrikaans is Groot se cd gekoop vir Die Land. Geniet al die liedjies op die cd. Ek verafsku mense wat ons taal Afrikaans wil vernietig

Adam ·

Die Ghoema Trust het ongelukkig sy geloofwaardigheid verloor en kan mee weggedoen word. Kyknet het onder Karen Mering se leiding al treuriger geword, net soos Rapport na die Tim du Plessis dae ‘n vrotsige koerant geword het. Steve Hofmeyr kan gerus tot die besef kom dat hy nie namens alle Afrikaners praat nie en dat sy toekomstige heil of in die politiek of in sy kuns gestalte moet kry, maar nie in beide nie. Solank daar in lande nie ‘n 100% homogene bevolking bestaan nie, en dit sluit alle lande in die wereld in, sal daar nie iets soos nie-rassigheid bestaan nie en hoe gouer dit besef word, hoe beter. Europa het duidelik bewys dat die toelaat van miljoene migrante ‘n enorme groei in nasionalisme ontketen het en dit sal voortaan bly groei en nooit verdwyn nie. Dieselfde geld die blatante groei van rassisme wat in SA posgevat het toe die meerderheid van die bevolking die politieke leisels in hul hande gekry het.Dit sal ook nie verander nie en so ook nie die ironie wat daarin opgelsluit is dat ‘n meerderheid so “hellbent” is om hulself teen minderhede te beskerm nie. Hofmeyr, die Ghoema’s, die ANC, EFF, BLF en SA in die algemeen, moet besef dat elkeen sy eie bed opgemaak het en daarin gaan geslaap moet word.

Dries du Toit ·

Op Media 24 het Pieter du Toit nou behoorlik sy bek uitgespoel oor Steve Hofmeyer. Snaaks as hy oor Malema en BLF praat sluk sluk hy maar en is hy nie so hatig soos oor Steve nie. Die verraaiers in ons eie geledere is baie groter vyande as wat ons besef

Susna ·

Dries du Toit, Stem 100% saam met jou. Ons eie mense wat ons so uitverkoop. Gelukkig het ek al drie jaar gelede my DS TV gekanseleer en ek mis dit glad nie .

Jan ·

Ek lees: ” ‘n ultimatum is deur multichoice aan die ghoema musiek trust gestel ……”
1) Indien Die Land nie in aanmerking was vir ‘n prys nie, waarom dit onttrek?
2) So ver ek kan vestaan is die lied se naam “Die Land” en NIE “Steve se Land of Die Land van Steve” NIE

Dit is baie maklik om Steve as die sondebok voor te hou om Afrikaans by tekom. PUNT

Jax ·

Ghoema musiek trustees – lees mooi: MUSIEK! Dit gaan oor die ver-eering van bestes tov musiek en beeld. Dit het ZERO te doen met enige politieke standpunte nie. As n mens teen n persoon se uitkyk op die lewe so n uitsluiting op nommer 99 maak, ruik ek die geur van jaloesie en rassisme! Ek sê weer, vir ingeval die Ghoema-groot-koppe nie lekker die eerste keer gesien het nie, Ghoema MUSIEK trustees! MultiChoice en Ghoemas verdien elke boikot wat hulle kant toe kom! Dit is regtig n baie hartseer gebeurtenis teenoor jul Mede-mense met baie Godgegewe talent!

Wielspore ·

Steve is ‘n goeie sanger, ek hou van sy stem, dit is uniek. Politiek is nie vir Steve, hy raak te maklik emosioneel oor sake en sy kommentaar is ook emosioneel en dit is wat hom in die warm water laat beland.
Dit is nie die beste besluit om jou kultuur in die hande van iemand te sit van ‘n instansie wat nie jou kultuur se belange op die hart gaan dra. Dit gaan van jou verwag word om van die waardes van jou kultuur af te staan ten einde vreemdelinge gelukkig te maak.
In kort, as jy afrikaans en sy kultuur in die vorm van musiek wil bevorder gebruik jy ‘n afrikaanse instansie.
Los die Ghoemas, begin jou eie Woemas.

Pieter v H ·

Die publiek is keelvol, en sê dit duidelik. Dit verstaan ek en ondersteun ek ook, maar…
Hierdie gaan vir my oor BEGINSELS…besigheidsbeginsels, etiek, respek. Multichoice het al hierdie beginsels verbreek (maak nie saak wie die kunstenaar is nie). Hier is geen haatspraak of rassisme (in Die Land) ter sprake nie, dus is daar geen gronde vir Multichoice om te kom dreig nie, watwo nog te kom voorskryf aan ‘n “onafhanklike trust” oor keuses. Multichoice eien homself ‘n bedrieglike reg toe (deur te dreig met onttrekking as borg), en verkrag hierdeur etiese geloofwaardigheid van besigheidsbeginsels. DIT is hoekom ek my distansieer van Multichoice (asook Media24, KykNet en Toyota).

aj ·

Bel die ‘gemors’ en staak julle lidmaatskap in massas!

DSTV Customer Care Number Johannesburg (011) 289 2222
DSTV Contact Number Pretoria (012) 422 2222
DSTV Call Centre Number Durban (031) 710 2222
DSTV Call Centre Contact Number Cape Town (021) 508 2222
DSTV Customer Care Number Port Elizabeth (041) 395 2222
DSTV Call Centre No Bloemfontein (051) 503 2222

Susna ·

aj, jy is n wenner. En hulle daar by DSTV vra nie eers waarom jy kanselleer nie, klink asof dit n daaglikse gebeurtenis is.

Michelle ·

Ek het nie Multichoice nodig om na Steve Hofmeyr te luister nie. Hy het nie die toekenning nou gekry nie maar daardie liedjie wat hy en die ouens gemaak laat mens stil staan. Dit laat mens se dankie Vader dat ons nog ‘n dag nog ‘n kans het. Hulle het nie toekennings nodig om te sing nie my stem het hul beslis.

Mellie ·

Ghoema Trust, vee tog net daai bruin ring om jul nekke af. PATETIES som nie eens die helfde van my gevoelens op nie.

Hans ·

Ja dit het ook die einde van my subskripsie by multichoice bevestig. Geen coca cola, toyota sal ook in my erf kom nie. Weg met hierdie duiwels wat vir afrikaners wil vertel wat om te doen. Alles wat hul nou het is uit die vrygewige hand van afrikaners bewerkstellig.

Pieter ·

As dit is wat Multichoice met ‘n kunstenaat kan doen kan julle dink wat doen hulle met die nuus. Kyknet het in elk geval ‘n trompoppie stasie geword.

Nick ·

Wat kry ons eie mense daaruit om so g@t te kruip by die goed wat ons taal en waardes so onderdruk???

Khoi ·

Ek sal my geensins verbaas as Hofmeyr een van die dae soos sy vriendin Sunet Bridges en Paul Kruger van ouds, uit die land vlug nie. Die skade is mos nou reeds gedoen.

Anne ·

Waarom sal hy vlug? Nee wat, hy gaan nerens nie , dis sy land ook hierdie.

S ·

Nee wat Khoi, ons Steve sal nie vlug uit sy land nie …. hy lief sy land, sy ondersteuners en sy AFRIKAANS. Hy staan op en staan vas teen mense wat hom wil uitboelie. Steve het dit al oor en oor en oor bewys en sal altyd. STEVE ONS LIEF JOU BAIE EN SAL ALTYD STAAN, DEUR DUK EN DUN, saam met jou EN ONS ANDER AFRIKAANSE SANGERS WAT OPSTAAN VIR AFRIKAANS en hulle nie laat boelie nie of laat omkoop nie.

LBS ·

Jy sit die pot ver mis. Steve sal hier bly, hy is bereid om te sterf vir sy land. DAAROM hou hy van Die Stem!

Eerlik ·

Julle noem julle self “Ghoema Musiek Trust” en julle het ‘n besluit in “groter belang van musiek” geneem? TWAK MAN!!!
Julle is te slapgat om ‘n besluit te neem! Die besluit was vir julle geneem deur dwang van Multichoice se politieke skaap wat gedreig het om hulle borgskap te onttrek in hulle poging om Afrikaans se onderdrukking verder te onderdruk. Wees eerlik en erken dit!!

JohanC ·

Ek kyk na julle mense se kommentaar en ek kan niks byoeg nie behalwe om t sê dat dit baie duidelik is dat die Ghoema Trust en Multichoice ENIGIETS sal doen net om aansien by die ANC te geniet

Ben Esterhuizen ·

Besef die mense nie hier is iets veel groter op die spel nie? Dit gaan hier oor die inbring van self-sensuur. Iemand (Multichoice & Ghoema trust) besluit oor wat die publiek wil sien en wat nie. Die media (met ANC kader ontplooiing) sal van nou af besluit wat ons wil luister, wat ons wil eet (suikerbelasting), wat ons sal ry (koolstofbelasting) so meer.

Willem ·

Ek vra om verskoning vir die slegte spelling. Die woorde is reggespel, maar “predictive spelling ” het dit “gekorrigeer”

Anneke Barnard ·

Daar is geen morele regverdiging vir die onttrekking van die video nie.

Ek verstaan dit is teen Steve Hofmeyer gemik maar het hy werklik al enige iemand leed aangedoen?

Hierdie regering wil die witman in hierdie land alle reg tot vryheid van denke en spraak ontsê

Is daar werklik enige morele regverdiging in Multichoice se besluit? Deur wie word Multichoice bestuur?

Khoi ·

Ja, hy doen mense leed aan. Uitsprake soos dat swartmense die argitekte van Apartheid was, maak swartmense seer en het ‘n verdelende uitwerking op nasiebou.

Wildeboer ·

Khoikie, hier was nog nooit ‘n Suid Afrikaanse nasie nie, en daar sal nooit ‘n nasie wees nie. SA is ‘n gedrog wat nooit moes bestaan het nie.

Nasie bou ne Khoi.! ·

Watse nasie praat jy van ? Die een wat die ander een probeer ontneem va n n bestaansreg , kultuur en taal of die een wat aan die ontvang kant is van BEE, positiewe diskriminsie,blatante rassisme ens…Ja khoi ek weet nie of ek so baie van julle kant van nasie bou hou nie…

Donderstorm ·

Elke dag hoor mens “this is not the white mans land” …… of “you dont belong here” dit is waaroor dit gaan hul hou nie van die lied nie want dit se net die omgekeerde hul weet ons volk is verdeeld en hul ry daai trein sover hul kan die lied glo ek laat ons mense begin saam staan ook so dit is nog n rede hoekom hul hom nie “like” nie

penny smit ·

En die ghoemas het maar net “ja baas, reg baas, goed baas” gese. Of dit multichoice of coleske plate of mtn of toyota of enige ander naam was ongeag wie het Ghoemas nie n eie stem om in die land te staan nie. Hou op verskoning soek en maak en die skuld by jul borge se voete te le, jul kon dood eenvoudig net gese het dis my land ons land en basta met die res

Alida ·

Steve is koning. Huisgenoot skouspel was altyd gewild totdat die “slim” mense besluit het Steve moet uit. Kyk wat het nou gebeur. Daar val nog een. STEVE VERKOOP DIE KAARTJIES. Ai ai.

Osie ·

Begin om vir Heide Edeling kwaad te wees. Sy is die Uitvoerende Hoof en weet blykbaar al 2 maande dat Multichoice “Die Land” se benoeming terug wou trek. En sy hou dit stil tot 2 dae voor die Toekennings. En dan haar ‘best bud”; Karen Meiring wat in beheer is van KYKNET……voels vd enerste vere

Riaan ·

Seker saam aan partytjie by daai Kampsbaai hotel deur kyknet geborg?

LBS ·

Sulke agterbaksheid. Laat eers toe dat die mense kaartjies koop en blaker hul keuse uit twee dae voor die tyd. Wel, hulle het Steve en die ander ‘n groot guns bewys, Die Lied sal nou vir altyd op die “map” wees!

Retha Roux ·

Dit was die rede van propvol saal. Baie mense wat ek weet wat sou gaan het hul kartjies opgeskeur en in die vuur gegooi, ongelukkig was daar mense wat dit nie kon bekostig om die kaartjies waarvoor hul duur betaal het weg te gooi nie. Snaaks genoeg Demi-Lee het ook liedjie saam mat Steve opgeneem e as hy daar was sou hul 10 teen 1 dit nog saam gesing het ook. die applous wat sy gekry het was nie omdat sy gesê het dat as die Die Land gesing was sy nie erkenning sou kry nie. Dit was omdat haar optrede goed was. Elke haan is koning op sy eie hoop en nie ten koste of ten gunste van iemand anders nie.

At ·

Ek gaan nou my skottel gebruik om in te braai met ‘Die Land’ wat in die agtergrond speel, of moet ek se kliphard speel.

AmY ·

Ek gaan nou elke keer wanneer ek kommentaar hier lewer die kommentaar ‘skermskoot’, en as julle dit weer verwyder sonder dat daar iets fout is daarmee, gaan ek my debietorder aan julle kanseleer.

Hier is dit: Geen verskoning van Multichoice, kykNet of die Ghoemas sal ooit aanvaarbaar wees nie.

Ons gesin het óók demokraties gestem en besluit om dstv aan die einde van die maand te kanseleer en sommer die bordspeletjies uit die kas gehaal.

Monopoly, Scrabble en Rummycub en nog baie ander is hoe ons nou ons tyd tussen ses-uur en agt-uur gaan spandeer.

GPC ·

Snaaks hoe geldgieriges dans as geld meer belanrik as regverdigheid is. Mense word “betaal” (Borge stel ultimatums) om Steve te veroordeel. En die borge ondersteun volksuitwissing of massamoord, want dieselfde instansies is “hand om die blaas” met die aanhitsers.

Kobus ·

Ek stem saam met Gideon en het self gepoog om my mening daaroor te lig. Maroela Media het skynbaar besluit om my kommentaar te verwyder, waarskynlik omrede ek die Ghoema trustees se integriteit en intelligensie bevraagteken.

Anne ·

Khoi, die Eff, blf en anc dan ? Jy praat van nasiebou maar se niks van hulle nie maar is gou om Steve uit te wys. Hy staan op vir sy taal en kultuur in my boek ‘n held .

Khoi ·

Die bohaai gaan oor Steve se betrokkenheid NIE oor die inhoud van die lied nie. Niemand het ooit gekla oor die inhoud van die lied nie. As Steve nie een van die sangers was nie, is die lied toegelaat tot die kompetisie. Die borge wil op geen vlak meer met Steve geassosieer wees nie.

Willem Grobler ·

Ek is klaar met Multichoice en ek koop later vandag Die Land.

Khoi ·

Dis bloot toevallig dat die land ‘n patriotiese lied is. As ‘n lied van Steve wat byvoorbeeld gaan oor groente op ‘n plaas ingeskryf was, sou die borge ook onttrek het. Hulle wil niks met Steve as persoon te doen hê nie (weens sy sotlike uitsprake).

Kobus ·

Khoi, dit mag so wees maar hoekom word daar nie standpunt ingeneem teen diegene in die EFF en ander se uitsprake nie? Of is ń uitspraak net sotlik as dit van iemand uit ń sekere bevolkingsgroep kom?

Khoi ·

Ek stem saam, Kobus, maar jy kan nie stry dat Steve sotlikhede kwytraak soos dat swartmense argitekte van apartheid was, ens. Dit maak mense seer en is verdelend. EFF het nie deelgeneem aan ‘n kompetisie nie. Two wrongs don’t make a right.

Anne ·

Ek het dieselfde vraag as jy gevra Kobus maar my kommentaar is verwyde Sekere mense moet ophou verskoning soek vir die sotlike gedrag van de eff en net ‘n sekere persoon uit te sonder

Alida Engelbrecht ·

Khoi, ek dink nie jy verstaan wat Steve 5 jaar gelede bedoel het toe hy gese het dat swartmense die argitek van apartheid was nie. Steve is n intelligente man . Onthou n dwaas sal ook wys geag word as hy swyg.

khoi ·

Alida wat het hy daarmee bedoel? Jy sien as dit skadeloos was, moet hy mos verduidelik wat hy bedoel het en dan verskoning vra vir die mense wat daardeur seergemaak is.

Kobus ·

Ghoema Musiek Trust, julle kort ń brein trust. Is die snert hierbo die beste verduideliking waarmee julle vorendag kon kom? Deur kuns, kunstenaars en die publiek (wat kwansuis die wenners bepaal) terwille van politieke korrektheid en geld met onderduimse kruipery te verloën het julle alle geloofwaardigheid ingeboet. Los eerder musiek en probeer komedie. En julle noem julself ń Trust? Google bietjie die betekenis van “ironie”.

Dries du Toit ·

As al hierdie mense wat se hulle kanseleer DSTV dit werklik doen dan het ek hoop vir ons volk. Dan wag ek net om te sien hoeveel mense vir die VF+ stem. As hulle nie 100% beter doen nie dan gaan ek werklik sterk oorweeg om uit hierdie land te immigreer. Dan weet ek die Afrikaner se doodswens word sterk binne hom gedra

Weskusklong ·

Die VF+ loop en praat in sirkels. Hulle moet begin werk vir geografiese selfbeskikking, binne èn buite die parlement. Om te wag vir ‘n paar honderd duisend stemme om 30 mense parlement toe te stuur is wensdenkery. Dertig LPs sal net meer praat en beloftes maak as 4, en steeds sal hulle in sirkels loop sonder ‘n duidelike plan. Teen 2025 sal dit te laat wees, dan sal ons moet inpas in ‘n sinkende SA of emigreer.

Gideon Vosloo ·

Die Ghoema trust moet maar ontbind en die Ghoema toekennings dood verklaar. Julle het ingegee onder die druk van ‘n borg. In die toekoms gaan die borg daarop aandring om volle beheer oor te neem van die nominasies en sal hulle selfs die uitslag ook kan beinvloed. Hierdie jaar het die Ghoema trust hulle siele verkoop vir een pot lensiesop. Wat hulle nie besef nie is dat niemand ooit weer in die geloofwaardigheid van die Ghoemas sal kan glo nie. As Steve nou ‘n CD uitbring wat alle rekords oortref en hy in elke moonlike katogorie benoem word, waarin hy benoem kan word, wat gaan die Ghoema Trust dan kan doen? Dan sal hulle maar moet erken dat hulle besluit van 2019 die Ghoemas se dood veroorsaak het.

Elsa ·

Afrikaanssprekendes moet net sorg dat daar nie volgende jaar weer ‘n Ghoema sirkus gaan wees nie, deur geen kaartjies te koop vir so ‘n geleentheid nie. Ek neem nie regtig die mense kwalik wat dit hierdie jaar bygewoon het nie, want hulle het sekerlik duur betaal vir hul kaartjies. Vir dié wat bereid was om hul geld te verloor en weg te bly, het ek sommer BAIE respek gekry.

As daar dan Afrikaanse kunstenaars is wat nog steeds deel van die Ghoema toekennings wil wees, hoe gaan so ‘n geleentheid kan plaasvind as daar geen toeskouers is nie? Daar is sekerlik genoeg tyd vir ‘n heel nuwe liggaam om gestig te word en alles net suiwer Afrikaans te hou, waar geen ander taalgroep ‘n sê gaan hê nie.

Basjan ·

Multichoice moet maar aangaan en liewer die ANC EFF ens borg en skenkings vir hul gala aande gee soos hulle alreeds doen.Sommer die bedrae ook bekend maak hulle hoef hulle mos nie te skaam daaroor nie? Moet trots wees daarop.

Alida ·

Ek het altyd gedink n besigheid borg n geleentheid om hulself te bemark. Nou bkyk dit hulle besluit ook sommer oor die inhoud van die funksie of geleentheid. Baie het verander in die nuwe rampspoedige RSA.

Khoi ·

Hulle gaan nie iets borg wat hul beeld skade berokken nie. Steve het nou ‘n berugte reputasie wat die meerderheid van hul klante van weet. Nou bly hulle eerder weg.

Riaan ·

Soos ek eergister gese het – Afriforum en Gerrie Nel ondersoek blackchoice se uitsaai lisensie! Ek is seker dat rasistiese en diskrimenerende besluite en afpersing teen die voorwaardes van hulle lisensie is!!

Denise ·

Dit was n uiters swak besluit. Jul moes van die begin geweet het een gaan weer n eier wil le oor Steve, maar dit gaan nie oor hom nie dit gaan oor die taal, musiek en kreatiewiteit en harde werk van verskeie kunstenaars. Al die kunstenaars het nou n negatiewe ervaring waar dit n positiewe een moes wees en dit oor geld. Seker iemand anders sou met graagte hulle geld vir hul teruggegee het. n Mooi geleentheid is in iets bitter & lelik verander oor 1 belaglike opdrag & besluit. Laat iemand met meer guts, maar liewer in die toekoms vir die kunstenaars dit aanbied

Anton ·

Sulke Ghoema sonder Woema drog-Amerikaanse toekennings is nie nodig nie. Koop die kunstenaars se musiek en vereer hulle so. Verklaar die gebruik van engelse woorde in ons taal as verraad en roei dit uit. Raak weer n Gemeenskap van Regte Afrikaners waar plaaslike kunstenaars en skrywers gehoor en gesien kan word by plaaslike aangeleenthede. Televisie uitsendings en “Grammy’s” is nie nodig nie. Nie in vandag se land nie.

Dries du Toit ·

Khoi. Jy moet mooi gaan dink wat is die rede dat Steve gese het Swartes is die rede vir apartheid. Dat dit moontlik n ligsinnige uitlating was sal ek nie stry nie. Tydens apartheid was boere nie op hul plase vermoor nie. Ons in stede het met oop deure geslaap. Hiermee regverdig ek nie apartheid nie. Maar is Steve se uitlating regtigwaar so n onvergeeflike daad in die lig van die absolute walglike uitlatings van die ANC, EFF en BLF. Verseker nie. Kom nou man wees nou regverdig

Khoi ·

Hofmeyr moet sy uitlatings in die openbaar verduidelik en daarvoor verskoning maak want dit het mense seergemaak. Maar hy sal nie, dink te veel van homself. Die twak wat EFF, ens. praat is ook nie aanvaarbaar nie maar two wrongs don’t make a right. Al hierdie partye moet maar kry wat na hulle toe kom.

LBS ·

Dries, hy het nie gesê hulle is die rede vir apartheid nie. Hy het gesê: Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.
Diè wat so teen hom is, is BANG vir hom want hy draai nie doekies om nie.

S ·

Nee wat Khoi, ons Steve sal nie vlug uit sy land nie …. hy lief sy land, sy ondersteuners en sy AFRIKAANS. Hy staan op en staan vas teen mense wat hom wil uitboelie. Steve het dit al oor en oor en oor bewys en sal altyd. STEVE ONS LIEF JOU BAIE EN SAL ALTYD STAAN, DEUR DUK EN DUN, saam met jou EN ONS ANDER AFRIKAANSE SANGERS WAT OPSTAAN VIR AFRIKAANS en hulle nie laat boelie nie of laat omkoop nie.

A Mac ·

Die besluit van Multi Choice het nou net een ding tot gevolg – Steve en Afrikaanse se vlam brand nou sterker en die fakkel word so hoog gelig dag dinge nou net beter sal gaan vir Afrikaanse sangers en akteurs. Persoonlik was die besluit net teenproduktief vir Multi Choice en sy saamlopers. Almal wat nou so protes aangeteken het moet nou net wys waar hul geld en tyd sit en hul mense ondersteun.

Pieter Schoombee ·

Volgende op die program vir Multichoice en Ghoema: Verbrand boeke waarmee julle nie geassosieer wil wees nie en sny skilderye in repe.

Piesang ·

F Ghoema en Multichoice! Die sukses van Afrikaanse sangers hang nie van julle af nie!!!! Ons, die Agrikanervolk bepaal daardie faktor! So weereens ‘n GROOT F vir julle!

B.B. ·

Steve, en vriende…Ons sien uit na julle volgende CD…Niemand gaan julle of vir jou STOP nie…” Jy MAG maar sing…Dankie aan Radio FM…..Bring asb n nuwe Ghoema…en n gepaslike naam…en ons ondersteun dit 100%….Toyota en Dstv…Beslis koop ek nie weer een nie…en gaan my Dstv ook kanselleer..
Ons laat ons nie Boelie nie….(dankie aan almal wat Steve ondersteun het..)

Hannes ·

In die apartheids jare is films en liedjies gesensor! Nou word dit weer gedoen! Nou wil ek net weet wat is die verskil tussen apartheid en vandag? My leke kennis sê dis pressies dieselfde!

Bella ·

Ek bid vir Multichoice. Dit is die gebed van ‘n vernederde Afrikaner wat bid vir my Mede Afrikaners. Vader U Sien wat Multichoice en ander aan ons Afrikaners doen. Wreek ons asb Vader. Ons mag nie wraak neem nie. Dit kom U toe. In Jesus Heilige Naam. Amen.

Sheryah ·

Die Ghoemas moes nie toegegee het aan Multi Choice se dreigement nie. Die Afrikaners sou vinning ingespring het om die koste te dra. En hulle kon ‘n lewendige uitsending oor YouTube en Facebook gedoen het om op te maak vir die feit dat DSTV dit nie meer sou uitsaai nie, maar hulle het gekies om oneties op te tree en ‘n waardige wenner te ontrek en het met hulle aksies duidelik gewys dat hulle hulle rug op Afrikaans draai.

Kobus ·

Khoi jy het duidelik jou mes in vir Steve maar probeer om objektief na die situasie te kyk. Jy verdedig die Goema Musiek se lamsakkigheid en MultuChoice se tweegesig-optrede aan die hand van Steve Homyer se uitlatings . Goed so, jy het ń punt beet. My punt is dat MultiChoice dubbele standaarde het omdat hulle EFF -geleenthede borg. My vraag aan jou is of optrede slegs geregverdig is indie dit teen ń wit Afrikaanssprekende gehrig is? As Multichoice die bastion van versoening en nie-rassigheid wil wees moet hulle dit mos sonder vrees of vooroordeel toepas, of hoe?

Gideon ·

Khoi, wat van Multichoice se reputasie in die korrupsie skandaal met die SABC. En elke ander persoon wat al kaf kwytgeraak het? Dit gaan nie oor Steve nie. Lees bietjie dieper op oor Lesufi – hy, en baie ander wat dink soos hy, sal nie rus voordat alles wat Afrikaans is totaal vernietig is nie. Die groot jammerte is die Afrikaners wat meehelp. Steve is ‘n maklike teiken.

Gideon ·

Ghoemas nou die “Ghoemptas” , laat hulle skaamkry, as hulle kan, ek twyfel egter. Ons wag vir die uitslag van die korrupsie ondersoek teen Multichoice. My bronne laat weet benoude katte maak gewaagde spronge. Die kripvreters slaap nie kekker nie.

Andreas ·

Maar kom ons wees nou maar eerlik, Steve is verseker nie ‘n messias nie. Hy is nie ‘n sanger met ‘n politiese boodskap in sy sang nie, hy is nie soos daardie groot Amekriaanse sangers wat die land op sy kop laat staanmaak het nie, hy hou dit eenkant, maar dan twiet hy of laat waai hy op Facebook.

Andreas ·

Ten slotte, of ek saam stem met Steve al die nie, hy is nie die een wat my Afikanerskap sal bepaal nie. Ander kunstenaars doen dit met hul sang, hy twiet, paas geskrifte op Facebook of as daar ‘n geleentheid of saamtrek is, praat hy van die verhoog af. Kom Steve, skryf vir ons ‘n vryheidsliedsliedere om ons saam op jou pad te vat.

Andreas ·

Wat ek dus sê is gaan voluit vir waaraan jy glo, raak ‘n aktivis vir Afrikaans en die Afrikaner met jou sang.

Hanna Hoekom ·

Ons is nou in ‘n stryd gewikkel…. reg.
Ons sal dan maar ‘n paar stryd liedere moet kry… wat nie apartheid of wie se skuld is nie… gebore uit die stryd vir vrye afrikaanse behoud. Ons sal moet beskryf letterlik wat ons te doen staan om die stryd te stry. Dis al.

Andreas ·

Hanna, Bok doen dit met sy sang. Dan weet ons mos ook wie het De la Rey geskryf, Elsje as ek reg het.

Anita ·

Daar is net een metode …boikot Multichoice, MTM, as Afrikaners net ‘n grap maak word dit as rassisme beskou. Malema mag die aller vreeslike uitdrukkings maak oor blankes en niks gebeur nie. Dir Staatspresident stel ‘n SAUK raad aan sonde enige verteenwoordiger van die “Wit of die Khoi” in die raad, dit is rassisme, ons kan nie almal betaal vir duur TV programme nie en is aangewese op die gewone TV , waar ons niks kry om na te kyk nie, dus waarom moet ons TV liksensie betaal? Steve het eerlik sy gedagtes uitgespreek veel ander doen dit maar net in stilte. Mense kom dat ons eenkeer SAAM staan en ons kunstenaars ondersteun van ons kultuur dit is ‘n reg.

Andreas ·

Vir die wat na Die Lap-Pop geluister het, sal die klou by die oor bring, ons kan maar net sowel die Lap-Pop met Afrikaans en ons situasie van vandag vervang, dis wat my vasgevang het. En natuulik is daar ook ‘n pampoen wat op die ashoop gelê het.

Ontnugter ·

Man julle almal wat so grootmond hier kommentaar lewer is keyboard soldate. Grootbel agter n keyboard maar dis waar dit bly. Nie een van julle gaan iets doen nie. Trust me.

Khoi ·

Hier klim die rassistiese sleutelbord boere krygers nou uit die kas uit. Kort net so bietjie lokaas en aansporing. LOL

Khoi ·

Lekker ou sakkie man. Altyd tyd vir ‘n lekker rieldans. LOL

Andreas ·

Hierdie woorde is die hoofopskrif op die voorblad van vandag se Rapport:

“Einde van Ghoemas?
Die stof oor die “verbanning” van ’n musiekvideo waarin Steve Hofmeyr verskyn uit die kykNET- Ghoemas het nog lank nie gaan lê nie. Die herrie dreig trouens nou om die Ghoemas se raad van trustees in twee te skeur.”

Andreas ·

Tans is die Raad van Trustees as volg saamgestel:

Heidi Edeling – Hoof Uitvoerende Beampte
Frik Jordaan – Regsverteenwoordiger
Henico Schalekamp – Ouditeur/Rekenmeester
Karen Meiring
Loyiso Bala
Shihaam Domingo

Andreas ·

Mag ons die vraag vra, hoe ernstig is elkeen van persone wat op die raad van trustees dien oor die toekoms en vooruitgang van Afrikaans, het hulle dit veil vir Afrikaans, en wat laat hulle kwalifiseer dat hulle op die raad dien?

Andreas ·

En hier is Tim Du Plessis se reaksie vandag in Rapport:

“Tim du Plessis: Ghoemas: Breyten en Prinsloo tot Steve
Suid-Afrika het ’n “trotse” tradisie van die gruwelike skending van die reg op vrye meningsuiting en kreatiewe uitdrukking om dienstigheid te betuig aan ’n heersende ideologie en sy politieke afdwingers.”

Watchit ·

Daar is hy, hy het gebyt. “Hook line and sincer”. Ek het vir jou RAS kaart gewag. NIKS gesê daarvan. Ek het die kultuur en die taal in gedagte geplaas toe ek dit skryf. Ek ken dit nie, ek verstaan dit nie, ek het geen behoefte om die van die minderheid te ontneem nie. Daarom my belofte dat ek sal hulle taal en kultuur in vrede laat. Sou ek die taal wel aanleer en die kultuur leer ken sal dit uit bewondering daarvoor wees sonder dat ek myself oor hulle gaan uitspreek. Steeds gelei deur my mindere kennis van die geselskap om my. Daar is mense met wie mens kan praat en ander nie. Dit wil voorkom jy is een. Kies jy eers genoemde of laasgenoemde.

Osie ·

Al van “Cut Glass’ se dae, was karen meiring die ‘weakest link…toe KKNK opgeneuk, nou ploeter sy aan by Kyknet……haar raktyd is verby.

James ·

Steve is 3 grootste vyande is:
* Esmarie Weideman( Huisgenoot),
*Karen Meiring( Kyknet),
*Heidi Edeling( “bekend-vir-niks)
Hulle kan hom verseker NIE verdra nie weens sy suskes.

Khoi ·

Lyk asof hy baie selfgemaakte vyande het. Meeste borge, meeste politici, meeste swartmense, meeste ondernemings, dalk die meeste witmense ook. Lyk nie goed vir hom nie en dink net daaraan, al wat hy hoef te doen is om verskoning te vra vir sy sotlikhede. Maar nee…..

Deon ·

Weideman het afgetree, die res sal ook aftree en verdwyn. Dit is maar hoe dit gaan in die lewe. Nuwe mense sal oorneem.

Kobus ·

Khoi, as iemand om verskoning vra vir ń fout, is dit goeie maniere en moed om die fout te erken. As iemand met ń eerlike maar ongewilde standpunt op tone getrap het en ter wille van gewildheid en finansies om verskoning vra is die persoon ñ huigelaar. Iemand in sy standpunt glo en daarby staan, is hy beginselvas. Ek ondersteun dan eerder iemand soos Steve Hofmyer vir sy beginselvastheid as MultiChoice en die Ghoema trustees wat hulle seile na die wind span vir geld en gewidheid. Vir die rekord, ek het geen van Steve Hofmyer se musiek nie voel van sy uitsprake is onvanpas.

FvR ·

Ek het Dstv nie betaal nie en nou is dit af. Sal dit nie weer hernu agv van Multichoice se inmenging hier. DIT SWEER EK.

Francois le Cochon ·

Gisteraand na Ghoemas gekyk. Ek was beindruk met die a la Pink Floyd “stage set” en beliging. Het sommer daarna na Pink Floyd se Pulse Live gekyk.

Willie ·

Ek is glad nie ten gunste van politieke inmengery nie. Maar kom ons dink ‘n bietjie. Net ‘n kort rukkie gelede was ons ou volkie nie bereid om teen ‘n ander land krieket te speel nie, omdat daar ‘n nie-blanke in hul span was. Vandag besluit ‘n maatskappy om nie ‘n geleentheid te borg nie, omdat ‘n bepaalde ou met die geleentheid geassosieer word. Dis mos dieselfde, of hoe? So, julle wat so kerm oor hierdie jongste protes deur ‘n borg, moet ons nie dalk tweemaal dink voordat ons so te kere gaan nie?

Andreas ·

Praat jy wat gehoor wil word, of dalk reaksie ontlok. Wel hier hy jy myne, jy wat nou in die geskiedenis vashaak.

Johan ·

Mense as die wat nog nie wakker is hier is nog bewys dat die Afrikaner en sy taal onder groot druk is en enige verskoning gebruik sal word. Die einstes wat ons taal en kultuur wil onderdruk is blankes wat bekend was as Hensoppers wat met die vyand geheul het. Daar sal altyd sulkes wees wat val waar vir hulle voordeel is. Kom ons staan saam en wys Multichoice waar die geld vandaan kom en elkeen wat dink dit is verkeerd, deur jou DSTV te kanselleer. Vat aan hulle sakke waar dit seermaak.

Francois P Theron ·

Ongelukkig het net ‘n paar ware kunstenaars Steve in die openbaar ondersteun, die ander lamsakkiges en jabroers natuurlik nie. Ek is hoegenaamd nie ‘n ondersteuner van Steve nie, nog minder deel ek sy politieke siening, maar wat reg is, is reg en wat verkeerd is, is verkeerd. Geen kunstenaar kan gemuiband word nie en nog minder kan jou vyande my vyande wees…Punt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.