Die beleërde minister van binnelande sake, Malusi Gigaba, het Woensdag onvoorwaardelik verskoning gevra dat hy sy pinkie in die nasionale vergadering vir die EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi gewys het.
Gigaba, ʼn ANC-LP, het sy pinkie Dinsdag tydens pres. Cyril Ramaphosa se vurige vraag-en-antwoordsessie in Ndlozi se rigting gewaai
Ndlozi het voorgestel ministers moet selfone sonder kameras gebruik en nie hulself opneem nie. Sy opmerkings het blykbaar verwys na Gigaba se seksvideo, wat die afgelope week opslae maak. Ndlozi het ʼn goedkoop selfoon aan parlementslede gewys wat nie “gekraak” kan word nie, soos Gigaba beweer het met syne gebeur het.
In reaksie op Ndlozi se spottery het Gigaba, wie se video intussen op ʼn pornowebwerf beskikbaar gestel is, sy pinkie omhoog gehoog, ʼn gebaar wat daarop sinspeel dat hy beter bedeeld as Ndlozi is.
ʼn Merkbaar ontstelde Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, het by die speaker, Baleka Mbete, oor die onbeleefde gebaar gekla.
Gigaba het Woensdag getwiet: “Ek vra onvoorwaardelik verskoning vir die gebaar. Die kleinlike uittarting wat dit uitgelok het en die druk waaronder ek die afgelope tien dae verkeer, is geen verskoning vir my indiskresie nie, wat perfek in dié twiet deur Sphe Dludla opgesom word.”
Dludla, die sakeredakteur van African News Agency, het vroeër getwiet dat Gigaba se gebaar teenoor Ndlozi bydra tot die “toksiese hipermanlikheidstereotipes oor die grootte van ʼn man se geslagsorgaan en hoe dit jaloesie by mans aanwakker wat lei tot geslagsgebaseerde geweld en moord op vroue.
Nomboniso Gasa, ʼn geslagsaktivis en kulturele akademikus, het aangedui sy is van voorneme om ʼn klag by die parlement in te dien oor Gigaba se gedrag. Sy beskryf sy reaksie op Ndlozi as “aanstootlik en fallosentries” en sprekend van “heteronormatiwiteit en toksiese manlikheid”.
Gigaba het voorverlede Sondag getwiet sommige mense dreig hom af nadat hulle onregmatige toegang tot sy foon gekry en ʼn seksvideo uitgelek het wat vir sy vrou bedoel was.
Gigaba is genadeloos gespot nadat die video soos ʼn veldbrand in die sosiale media versprei het. Hy het verskoning vir die video gevra, maar weier om gehoor te gee aan eise dat hy bedank.
Wat ‘n sirkus.
Hy is soos ‘n klein hondjie met blaf maar geen byt.(raak ontslae van hom vinnig )
En hy het politieke aspirasies! Skandelik. Watse voorbeeld stel hy vir SA?
Lyk my sommige mense dink as hulle “onvoorwaardelik” verskoning vra, moet almal maar net vergewe.
Waar trek ons nou na 25 jaar? Mens is skaam om jou tv op die nuuskanaal te he vir kinders om te sien… selfs die troeteldiere maak dat hulle wegkom.
Wat beteken dit as jy jou pinkie vir iemand anders wys?
Tillie lees die berig dan sal jy sien!
@ Tillie, dit staan duidelik in paragraaf vier van die berig, lees net weer deur dit.
Dit openbaar maar net weereens die algehele gebrek aan emosionele volwassenheid van die land se sogenaamde leiers!
Ons leiers is ‘n grap vir die Wêreld. . . .
En sy ander vinger wys hy vir die hele SA!
Tillie – die betekenis van die gebaar word verduidelik in die berig, paragraaf 4.
So leer ek ook iets vandag ?
Ek dink Tillie vra dieselfde vraag as wat ek vra, wat gaan gebeur as ek as vrou my pinkie vir ‘n vrou wys? Ek leer ook vandag baie
Nog ‘n vraag van my kant af, baie vrouens se pinkies swaai ook doeer in die lug as hulle tee skink of koek eet. Wat beteken dit, kan sy beter koek bak as ek?
LOL!!! Baie skerp een…
Jou onvoorwaardleike verkosingn BETEKEN NIKS – want jy het dit NIE opreg bedoel nie . Bedank as jy enige opregtheid in jou as mens het.
Die woord JAMMER is nie in enige politieke party se woordeskat nie.
Vicky Momberg het ook om verskoning gevra maar dit het niks beteken nie.
Daar is n wesentlike verskil tussen Afrika en westerse waardes en dit is nie net daar vir almal om te sien nie, maar dit is ook n vingerwysing na die verskil in standaarde, letterlik en figuurlik gesproke!
So wat ek aflei van die berig is dat as jy jou pinkie vir iemand wys kan dit lei tot geslagsgebaseerde geweld en moord op vrouens, maar die liedjie oor die vermoor van ‘n hele ras word goedgekeur as kultuur en dra nie by tot die moord van genoemde ras nie. Interessante tye waarin ons leef.
Reg opgesom! Soveel skeefgetrekte waardes en oordele tans in SA, en ‘n regering moreel so bankrot dat dit mens siek maak.
Really now!
Wat staan op ons voorkoppe?
Dalk ‘n ander kultuur maar wat beteken ‘n pinkie? Ek weet wat het hy in die video gewys maar wat wys hy hier?
Is net jammer di eff vra ni onvoorwaardelik on verskoning as daar gese word kill the Boer kill the farmer. So di pinkie beteken vir my niks
Hy bied deesdae gereeld verskoning aan.
Hy bewys maar net weereens dat hy moet gaan!!!! Hy hoort nie daar nie total onbevoeg.
“Toksiese manlikheid” – wat is dit?
Moet ek nou my geslag verander?
Kom ons neem net gou weer oorsug van die laaste 24 jaar.
Moord op babas word gewettig (aborsie)
Onderdrukking word gewettig ( BEE en regstellinde aksie)
Diefstal word amptelike beleid (Onteiening sonder vergoeding)
Ontwapening (wapen wet)
Diefstal van pensioengelde (spoorweg, E-tol)
Diefstal van belastings (SARS tekort)
Selfverryking (Guptas, melkplaas Zuma se zumavill)
Ministers takel mekaar net die vuis in parlement.
Ministers maak porn.
Ministers spog oor persoonlike bedeeltheid in parlement.
Ministers speel games in parlement.
Raai nou waar ons oppad heen is……….?