Giovanni (18) sterf ná terugslag in hospitaal

Giovanni Hendriks (Foto: Verskaf)

Giovanni Hendriks, die 18-jarige seun van Pretoria wat in Maart met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer is, het Maandagoggend in die Kalafong-hospitaal in dié stad gesterf.

Giani Hendriks, Giovanni se pa, het die tragiese nuus aan Maroela Media bevestig.

Giani en sy vrou, Elize, moes verlede week die hartverskeurende nuus ontvang dat dokters niks meer vir hul tienerseun kon doen nie. Dit nadat Giovanni omtrent twee weke gelede in die hospitaal aan kos verstik en van die kos in sy lugweg en longe beland het. Dit het daartoe gelei dat sy hart gaan staan het.

Giovanni kon genadiglik bygebring word, maar sy brein het ná die voorval begin swel en dokters kon nie weer die swelling onder beheer bring nie. Giovanni was in die tyd aan ʼn ventilator gekoppel en onder verdowing.

Maroela Media het vroeër berig Giovanni is in Maart in die hospitaal opgeneem nadat hy aanvanklik oor ʼn seer keel gekla het en ʼn uur later glad nie meer kon beweeg nie. Hy is met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer, die tweede keer in sy lewe dat hy dié sindroom opdoen. Die eerste keer was agt jaar gelede en hy het destyds ten volle herstel.

Hy het dié keer ook merkwaardig goed van die sindroom herstel en sou binnekort uit die hospitaal ontslaan geword het toe hy verstik het.

Begrafnisreëlings is nog nie bekendgemaak nie.

Lees alle vorige berigte oor Giovanni Hendriks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Heksie ·

Rus in Vrede kinta …
Sterkte aan jou ouers, familie en vriende

Heidi ·

Ai dis hartseer, so gehoop dit sou beter gaan. Baie sterkte aan geliefdes. RIP

Rika Cronje ·

Baie mense verstaan nie wat GBS is nie en hoe die persoon voel of deurgaan nie. Die pyn is erg, emosioneel dreinend vir beide pasient en persoon langs die bed. My vraag is, hoekom is hy toegelaat om te eet en drink met n ventilator op….jy het hard baklei seun en ek salueer jou. GBS is n harde stryd. Was 6 maande in ICU was nie hoop maar met Genade en liefde vat ek tree vir tree, dag vir dag.

Sandra ·

Ai dis so hartseer. GB is Baie ernstige siekte. Baie sterkte aan sy familie

Magda ·

Ons innige simpatie en baie sterkte aan sy Familie. Rus Sag in GOD se Arms.

CN ·

Dis bitter baie hartseer nuus :( Baie sterkte aan sy geliefdes

Arno Scheepers ·

Rus in vrede jongman, nou is daar geen meer pyn vir jou nie.
Sterkte aan die familie en geliefdes.

Hannetjie ·

Innige simpatie aan Giovanni se ouers en familie.Tragies hartseer so jongmens so jonk gesterf het

belinda ·

baie sterkte elize en familie, dit baie hartseer hy vooor my groot geword, gaan hom baie mis

Lollie ·

Hartseer nuus! Sterkte aan sy familie.
Tragies dat so jong seun so vroeg moet gaan. Ons land het elke jong blanke persoon so bitter nodig. Hy was op ń hoogtepunt in sy lewe.

johan 2 ·

ons het baie simpatie met julle en weet hoe moeilik dit is

HM ·

Rus in vrede jong man, jy.is vry. Sterkte vir ouers en familie. Dankie GOD JESUS CHRISTUS vir kosbare jare saam sy familie. U het hom waarlik genees. AMEN

Lizelda ·

Dalk nie wat die ouers en familie wil hoor nie, ook nie iets waaroor my seun graag praat nie. In 2014 was hy kritiek siek met n spinnekopbyt, toe Gr 8. Hulle het my seun n noodoperasie gegee om te keer dat die gif verder versprei. Sy hart het gaan staan op die operasie tafel. Hyt gehoor hoe die personeel skreeu “we losing him, we losing him.” Wat hy daarna beleef het was absolute vrede en heiligheid. My seun is “terug gestuur” omdat hy nie sy ma alleen wou los nie. Wat ek probeer se is dat al is dit HOE swaar, weet Giovanni is op n plek wat ons nie weet hoe wonderlik dit is nie, maar dat hy absoluut gelukkig is. Sterkte aan die ouers en almal wat hom geken het. Laat hom voortleef in julle harte. Ek bid vir absolute genesing in hierdie hartseer tyd.

Landie ·

My innige simpatie aan die ouers en familie van Giovanni. Jammer vir julle verlies. Mag die Hemelse Vader julle vertroos in die moeilike tyd.

lh ·

Hartverskeurend. . . . Mag God julle troos en dra in hierdie hartseer tyd.
Mag jy in vrede rus Giovanni . . .

Tania ·

Abba Vader, U het gekom en U kosbare pêrel kom haal. Vou hierdie familie toe in U onvoorwaardelike liefde. Vertroos hulle in hier seer. Rus in vrede, jy was voorwaar ‘n groot yster gewees en hard geveg in die laaste paar maande. Rus in vrede. Innige simpatie aan sy ouers.

CK ·

Innige simpatie met hierdie gesin en familie. Ek ken die kind van geen kant, maar my hart is vanoggend seer saam met hierdie ouers. Ons kan julle net in ons gebede opdra.

Pam ·

Rus in vrede Boeta. Mag die liewe Heer die ouers en famile krag gee om deur hierdie moeilike tyd te gaan.

Ella Bella ·

My hart breek vir julle en ek huil saam al ken ek julle nie persoonlik nie. Laat my terug dink aan my ma se heen gaan. Ook in ICU opgeneem, herstel net om twee maande later te sterf. Maar ek sien die ekstra twee maande as ekstra tyd, kon alles se wat ek wou se en doen wat ek wou doen. Sien sy laaste tyd saam as afskeids tyd. Mag die Here julle troos en bystaan

Ilse ·

Some people come into our lives and quietly go….. Others stay a while and leave footprints on our hearts forever.
Pragtige seun

Pensioenaris ·

Dis nou ‘n groot teleurstelling vir ons, maar kan ons net bly glo dat dit in die plan van die Here was. My innige simpatie met die ouers, mag julle krag, sterkte en moed vir die pad vorentoe kry. Daar is seker niks erger as om jou kind aan die dood af te staan NIE.

Ansa ·

Sterkte aan die familie. Het sy vordering gevolg in die koerant en op Facebook. My hart saam met julle stukkend. Mag God julle die vertroosting gee dat hy hom nodig gehad het en dat hy nou veilig by sy Hemelse Vader.

Liza ·

Ai dis so hartseer, sterkte aan die ouers en familie, alleen ons Vader kan vir julle die vetroosting gee, hou net van aan die Here…….
Rus sag seun, nou is jy ontslae van al die pyn en lyding op hierdie aarde.

Carien ·

Dit is ongelooflik hartseer. Sterkte aan die ouers. Die storie het my hart geraak want ek is self deur Guillain Barre sindroom in Desember.

Johan ·

Rus in Vrede Giovanni.
Baie vaie sterkte aan die familie en vriende.
Ek dink aan julle.
Ek het regtig gehoop dit sou beter gaan.????

Dankbaar ·

So bitter jammer vir julle kosbare verlies. Innige simpatie vir julle en die familie. :(

Adriaan ·

Ai Seuna, so gehoop jy herstel. Ons almal hier het hard gebid, maar God se wil is nie altyd ons s’n. My innige meegevoel en simpatie aan die familie en vriende. Mag Hy jul dra en troos in hierdie moeilike tyd. Jul is in ons gedagtes.

Rus in vrede.

Shimmy ·

Ons innige simpatie, my hart is baie seer vir die ouers en familie. Sterkte aan die familie

Shimmy ·

Ons innige simpatie, my hart is baie seer vir die ouers en familie. Sterkte aan die familie. Ons bid dat die Hemelse Vader julle sal dra in hierdie tyd.

Esme ·

My hart breek in stukke vir julle. Kan myself nie indink hoe dit moet wees om jou kind aan die dood af te staan nie.. Ek is so jammer.. Bid vir julle..

Jakalas ·

Ek het so gehoop die man maak dit. Baie sterkte aan die familie vir die verlies.

Ansa ·

Sterkte aan die familie. Het sy vordering gevolg in die koerant en op Facebook. My hart saam met julle stukkend. Mag God julle die vertroosting gee dat hy hom nodig gehad het en dat hy nou veilig by sy Hemelse Vader.

Lali ·

Die is vir my so hartseer as ouer om dit te hoor. Geen ouer moet ‘n kind aan die dood afstaan nie. As ouer droom mens so groot vir mens se kinders en dan breek die hartseer mens so. Maar geloof dat God sy mooiste blomme eerste vat en ons hulle eendag weer gaan sien hou mens aan die lewe. Baie sterkte ouers hoop julle klou vas aan al die mooi goed van sy lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.