‘Glas’ in Liqui Fruit toe eintlik kremetart

Só lyk die blikkies.

Nadat Pioneer Foods die afgelope naweek die Nasionale Verbruikerskommissie ingelig het dat hy ʼn besending Liqui Fruit-blikkies onttrek omdat dit moontlik glasstukke bevat, sê hy nou dit was inderwaarheid kaliumbitartraat – ook bekend as wynsteen of goeie ou kremetart – wat daarin gevind is.

Die maatskappy sê ʼn onafhanklike ondersoek het bevestig die kristalle in die sap is kaliumbitartraat, ʼn middel wat natuurlik in produkte wat van druiwe gemaak word – soos sap en wyn – voorkom. Dit is nie skadelik vir menslike gebruik nie.

“Gegewe die voorkoms van die kristalle word verbruikers steeds aangeraai om nie die produk te gebruik of weg te gooi nie, maar vir ʼn volle terugbetaling [na die kleinhandelaar waar dit gekoop is] terug te neem,” het Pioneer Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die onttrekking van die spesifieke besending gaan egter steeds voort.

“Pioneer Foods vra om verskoning vir enige angstigheid of kommer wat veroorsaak is terwyl ons vir die uitslag van die omvattende ontleding van die kristalle gewag het.”

Dié besending word geraak:

Pioneer-voedselprodukkode: 27327

Strepieskode buite op kas: 6001240225615

Strepieskode op krimpverpakking: 6001240225608

Enkele eenheid-strepieskode (aan die kant van die blikke): 6001240225592

Datumkode: BB 01.04.2021 C Tyd en BB 02.04.2021 C Tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gawie ·

Baie bly dit was toe nie glas nie. Dankie aan Pioneer Foods wat so blitsig opgetree het.

Annelien ·

Goed gedoen Pioneer – dit wys dat jul stelsels mooi werk en dat bestuur ook betrokke is

christo ·

Pioneer, julle is ‘n voorbeeld vir alle Suid-Afrikaners. Julle neem verantwoordelikheid en stel julle gebruikers eerste. Dis wat mens
‘ integriteit ‘ noem. Ons weet dat ons Pioneer produkte met vertroue kan gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.