Video: Gʼn plek meer vir ‘rassistiese vlae’

Ronald Lamola (links), minister van justisie en korrektiewe dienste, en Bheki Cele, minister van polisie, buite die Groblersdal-landdroshof. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

“Almal het die reg om te betoog, maar daar is nie plek meer vir rassistiese vlae nie.”

Só het Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, Woensdag buite die landdroshof op Groblersdal in Limpopo, gesê.

Lamola was saam met sy eweknie by die polisie, Bheki Cele, by die hof waar albei hul kommer te kenne gegee het oor sommige betogers wat verlede week met die Vierkleur by die hof opgedaag het.

‘n Betoger buite die hof. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Die ministers het ʼn skare betogers, wat lede van die EFF, ANC en ACDP ingesluit het, toegespreek terwyl die borgtogaansoek van Piet Groenewald en Stephan Greeff kortliks verdaag is. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle ʼn werker in diens van Groenewald se veiligheidsonderneming aangerand het.

Tydens Groenewald en Greeff se vorige hofverskyning verlede week, het lede van die Bittereinders-beweging buite die hof vir die twee se vrylating betoog.

Ondersteuners van die Bittereinders-beweging vroeër by die hof. (Foto: Isabel Venter)

Francois van der Merwe, ʼn direkteur van die Bittereinders, is ná ʼn woordewisseling met die polisie in hegtenis geneem. Benewens sy mededirekteur, Devon Hofmeyr, was daar Woensdag nie enige opmerklik ander Bittereinders-lede by die hof nie.

Cele het egter die wyse waarop Van der Merwe en die Bittereinders vroeër betoog het, veroordeel.

“Die reg moet toegelaat word om sy loop te neem. Die saak word aangehoor en mense moet kalm bly; al is dit hul grondwetlike reg om te betoog, moet hulle dit ordelik doen.”

Stephan Greeff (links) en Piet Groenewald voor die aanvang van die hofverrigtinge. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jan ·

Ja, hulle moet as hulle betoog die ordentlik doen. Soos die EFF en ANC?

Vonny ·

Hi my jitte.
Wat is jul probleem met diè vlag? Mos nie ons arme oranje, wit & blou…
Rèrig?! Too much

miraclealigner ·

Nou as die vlae nie meer toegelaat word nie, hou dan op met julle ‘Kill the Boer’ gemors?!

Heinrich ·

Moet hulle maar eerder bande brand, onskuldige mense met klippe gooi, besighede plunder en infrastruktuur vernieting soos die kamerade maak? Siestog, die vlaggie is tog net te erg…

Wouter ·

Wie besluit watse vlag is ‘n rasistiese vlag ? Waarom is die ‘Union Jack’ nie rasisties nie ?
Dit is die probleem met haatspraak wetgewing. Wanneer die regering nie van iets hou nie dan klasifiseer hulle dit eenvoudig as haatspraak.

AREND1 ·

Wat het cele uit te waai met die vlag.Hy moet hom erder bepaal by sy werk wat hy nie doen nie en gaan hulle nou n blerrie probleem he met al die blankes se vlae en hulle rassistiese vlae kan maar bly.

Jan Jacobs ·

Hulle is klaar besig om die geskiednis te verdraai, nou wil hulle ons tradisionelle simbole weg vat. Al wanneer hoed en sy wef lakei, by n hofsaak is, is wanneer die afrikaners op ruk.

Roek ·

Help my asb reg , is die vier kleur ook verklaar as ‘n rassistiese vlag ? so ver ek weet was die probleem die ou Landsvlag !!

George ·

Se my net wat “sing” daai betoger met sy vingers in gewere? Dis seker oraait Cele?

electricmango ·

Daai twee moet maar eerder weer terug kruip na die gate waar hulle vandaan kom dan sal dit ook biekie minder stink. Trek die lyn in die sand laat ons sien.

Anel ·

Wat soek hulle daar? Hulle hoort in hul kantore, maar nou ja, dis werk, iets wat hulle nie ken nie. Nou meng hulle is by goed waarmee hulle niks te doen het nie. Net omdat daar kameras is. En eie betaal vir die uitstappie? En hoekom is hulle nie teenwoordig by sake waar blanke boere vermoor word nie? Klomp narre!!! Geen respek vir die 2 nie. Hulle is die oorsaak van die oproerigheid. As hulle nie daar was nie, was daar nie oproer nie. Maar alles is verkiesingfoefies. Alles om die blankes te na te kom. En dit gaan ook nou nie meer oor die oorspronklike klagte nie. Die man was gesuip op diens en ek glo hy het amok gemaak toe hy afgedank is. En wat sou wie hom mee gespuit het? Hy weet hy was verkeerd. Maar so gaan dit orals. En wat van die eff sy rasistiese vlae?

Andre ·

…Cele, onse Julius, Mbucks, Mantashe en julle dink vrede het nog ‘n kans in SA?
Wakker word!!

Pieter ·

So help my reg. Volgens Codesa was alle mage veronderstel om te ontbind. Steeds sit ons met Umkhonto We Sizwe. Oop en bloot word daar paraddeer. Sou een van die ou veiligheidsmagte elemente dit waag word hulle afgemaak as rassiste. Alle politieke partye het vlae. Om sekere vlae af te maak as rassistiese vlae is soos om finansiële raad te vra by ‘n dronkaard. Dit maak nie sin nie.

George ·

Dis verkiesingsjaar, julle gaan voorbeelde wees. Los daai oud vlae onder julle lapas en garages.

bfree ·

maar dis okay om “kill the boer’ te sing? waar trek mens die lyn?

Casper ·

Dan het Cyril die vermetelheid om te sê Israel het ons ook nodig.Van wanneer af is die vierkleur haatspraak .Hoedman en Lamola ai siestog.

Ronel ·

Dis om van naar te word!!! Geen begrip wat in die wêreld aangaan nie – absoluut “one-track minded”!!!

Tinus ·

Moenie mense in diens neem wat jy nie ken nie. Moenie mense vertrou wat jy weet n risiko is nie. Dit is mos duidelik dat die sondebok altyd die een is wat die werk verskaf het.

tweeling ·

Meeste swart mense weet nie eens van die 4 kleur nie, maar as jy ‘n stok soek sal jy dit kry!

Nicky ·

in Warrenton waai die ou vlag te mooi in die township, my self dit gesien TE MOOI MAN TE MOOI

Alta Alleman ·

En so word ons stilgemaak. Enigeiets wat met Jan van Riebeek te doen het is taboe. En ons anvaar dit maar gedweë.

Henker ·

Kyk die hoof foto, lyk of hy n staredown kompetisie begin. Het ook seker gelyk of hy soos Rocky Balboa heen en weer gewieg het soos hy loop. O en onthou die balle onder die arms

Jannie van Niekerk ·

Maar daar is wel plek vir die plaasmoorde en bomaanvallers vlag? Verwysend na die ANC Partyvlag wat ek assosieer met bomplanters en plaasaanvalle. Net soos die ou vlag vir julle aanstoot gee net so gee daai groen vlag met die assegaai skild vir my aanstoot

Katinka ·

Wat probeer mense beryk deur daai vlag nog rond te swaai, ek skaam myself dood.

Skadu ·

Die huidige landsvlag is die kombinasie van die Vierkleur en die ANC vlag.
As die Vierkleur nie op sy eie mag gebruik word nie mag die ANC vlag mos ook nie!

OU SAAR ·

Hulle is besig om die Afrikaners te ver te dryf…
Ons kan baie vat en baie sluk, maar pasop as die Afrikaner besluit het hy het genoeg gevat en genoeg gesluk…
Daai dag is op pad, en vinnig ook…

Koen ·

Klomp agtergeblewenis wat die ou vlae so rondswaai. En ek is baie seker dis daardie klomp wat destyds geen respek vir die ou SA vlag gehad het nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

OU SAAR, so sê baie Afrikaners al vir 50 jaar…

Gaitsigubib ·

Koen, ek dog dis goed om geen respek vir die ou SA vlag te nie? Is jy vandag net nie seker wat jy wil se nie, of laat jy steeds die ou vlag wapper wanneer jy die kans kry? Op my vlag is word ons familie wapen vertoon. Dink jy ek mag hom laat wapper of gaan dit iewers iemand heinner aan kolonialisme, daar is dalk te veel wit op die vlag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.