Gr. 1-leerder glo by skool verkrag

(Argieffoto ter illustrasie.)

’n Gr. 1-leerder van die Khensani Primary School in Soshanguve is glo deur ’n personeellid van dié skool verkrag toe sy die toilet wou besoek.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die beweerde voorval Dinsdag ten sterkste veroordeel en gesê hy is “uiters ontsteld” oor dié aantygings.

Die voorval het glo op Maandag 2 Augustus gedurende skoolure plaasgevind toe die meisie die klaskamer verlaat het om die toilet te gebruik.

’n Assistent wat by die skool werksaam is, het haar glo in die kleedkamer voorgekeer en verkrag.

Luidens ’n verklaring wat deur die departement uitgereik is, het die meisie haar ma die volgende dag oor die voorval ingelig.

Sy het intussen mediese behandeling en berading ontvang en is nog nie terug by die skool nie.

“Ons strewe altyd daarna om skole ’n veilige hawe vir leerders te maak en is woedend dat ’n jong meisie glo by een van ons skole verkrag is,” sê Lesufi.

“Ons veroordeel alle dade wat ons leerders in gevaar stel en doen deurlopend ’n beroep op die polisie om in spoedig in sodanige gevalle op te tree sodat veiligheid by skole verseker kan word.”

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die saak word tans ondersoek.

“Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ”

Die drukgroep Action Society het opnuut ’n beroep op die regering gedoen om die nasionale register vir seksoortreders (NRSO) aan die publiek bekend te stel en die doeltreffendheid daarvan uit te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johanna ·

Lufusi….skrik Walker. Die kind is verkrag….
Sy is nog nie eers n Jong meisie nie.
Wat se tipe skollies word Assistente by skole??

Ek sal Suid Afrika op sy dak omkeer as my kind molesteer word by n skool. Dis verregaande!!!!!

Agge nee ·

Alle onderwysers moet polisieklaring kry en by SACE registreer, maar met die duisende assistente, covidbeamptes en skoonmakers wat so oorhaastig aangestel is , kon elke Tom, Dick en Sipho by die skole werk kry.

wippie ·

Hy sal skoon in n ander bloedgroep wakker word wan ek met hom klaar is.

Madeleine ·

Wat gaan aan met die mensdom. Dis verby siek. Dit moes my kind gewees het! :(

Elinette ·

‘n Assistent by die skool …. Die kind het haar Ma eers die volgende dag vertel …. Seker nadat sy al gewas het en sodoende die kollekteer van enige DNS-monster dus onmoontlik gemaak het. Hoekom het die meisie nie die onderwyser/es DADELIK vertel nie???? Sodoende kan daardie maniak wegkom hiermee, want as daar nie voldoende forensiese getuienis is nie ………..

Sêmanet ·

Hulle weet wie dit is, maar “niemand is nog in hegtenis geneem nie”. Ek wonder hoekom?

Tokkel ·

“Luisoufie.”..dan worry jy oor seuns wat baklei by skool oor nonsens! Gaan jy ook nou die skoolhoof en juffrou “FIRE?”

Eugene ·

En Lesufi is ontsteld. Wanneer gaan iemand kwaad raak oor die aanhoudende verkragtung van kinders? Dit is belaglik dat iemand wat so iets doen so sagkens behandel word. In die heel eerste plek moet daar nie tyd gemors word met n borgaansoek nie. Verhoor en stuur die gemors tronk toe

Nie Verbaas ·

Skokkend, maar ons weet ook al dat daar sekeres is wat geen selfrespek of enige respek het vir niks en niemand nie maar dit word in ons kele afgedwing dat hulle menseregte het en ons moet dit respekteer.

Die Boerepompie ·

Ek kan nie glo die SAP het nog nie n arestasie gedoennie die man werk dan by die skool …of weet hulle nou nie waar die man bly nie …more lees n mens weer hulle het hom gebrand …laat ek dit maar daar las

Mariana ·

Hy is uiters ontsteld oor die aantygings. Dis asof hy nie die dogter glo nie. Soos gewoonlik is sy prioriteite nie waar dit hoort nie. Nog ‘n kind se lewe verwoes.

Darts girl ·

Kyk as ek op so artikel afkom dan begin my bloed klaar kook. Ek gee nie om wat die vel kleur is nie, dis n kind; wat het daai persoon die reg gegee om daai kind so seer te maak, om te dink wat daai kind nou moet deur gaan n 7jarige meisiekind. Dit breek my hart. Jy wat die wreedste ding gedoen het aan daai meisie, jou dag sal kom… Die wiel draai, stadig maar seker draai hy

Elize ·

Kom nou Lesufi dit help nie jy is ontsteld nie. Die hoof moet ten minste die trekpas kry, al die kinders berading en die ouers moet kompensasie ontvang want julle is te sleg om verkeerde gedrag te straf.

Anoniem ·

Niemand is nêrens meer veilig nie. Die Regering kyk teen hul ooglede vas en dink die wêreld glo al die snert wat hul kwyt raak. Hoe moet die arme kind weer veilig voel om uit haar ouer huis te gaan. Sterkte aan die ouers en die kind. Die wêreld en veral RSA is ‘n siek spul.

JohanR ·

Wow, laat ek dit maar in Engels se…..there is just no justice for anyone in South Africa! Dis nou seker een van daai maanetjies wat Lefusi aangestel het wat nou moet toesig hou oor die leerders, en ‘n salaris kry. Het self net Std6.

LANA is ELANè ·

Hoekom is Lesufi en sy entourage nog nie daarby die skool om self ondersoek te gaan instel en onderwysers ens te intimideer nie?
Hy het dan letterlik die Koeitjies en Kalfies skool in die spervuur gehad met sy besoek nadat “hy” besluit het die skool pleeg vlg hom rasse diskriminasie na vals aantygings deur ‘n ouer, in so mate dat die skool sy deure gesluit het agv politici se inmenging en venyn.
Nou word ‘n kind verkrag en al wat hy doen is, is om sy misnoeë publiek te maak. Is dit oor die skool se status dat hy nie self soontoe gaan nie, gaan hy nie genoeg politiek daar kan speel nie? Sy dubbele standaarde wat skole se demografie betref maak my naar!
Was die insident nou by ‘n sg voorheen model C skool, waar veral Afrikaans gepraat word, was hy en sy hele weermag daar in die teenwoordigheid van ‘n hele tv nuusspan.
‘n Kind is verkrag en hy is nêrens by die skool te siene nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.