Gr. 7-leerder neem eie lewe

skool-skoolskoene-onderwys

’n Gr. 7-leerder van Laerskool Lynnwood het Maandagaand haar eie lewe geneem.(Argieffoto ter illustrasie)

’n Gr. 7-leerder van Laerskool Lynnwood in Pretoria-Oos het Maandagaand haar eie lewe geneem.

Steve Stolk, skoolhoof, het dié hartseer nuus Dinsdag in ’n omsendbrief met ouers gedeel.

“Ons harte is gebreek en ons bid vir vertroosting vir haar ouers, broer en suster, familie en vriende.”

Stolk sê dat hy self die nuus Dinsdag aan die gr. 7-leerders oorgedra het, waarna ds. Immanuel van Tonder van die Lynnwood-gemeente met hulle gepraat het. Die skool het ook ’n berader beskikbaar gestel om individuele ondersteuning aan leerders te bied.

Luidens die omsendbrief is ouers van gr. 7-leerders in kennis gestel dat hulle hul kinders by die skool kan gaan haal indien nodig. Die skool sê dat hulle nie die gebeurtenis met gr. RRR tot gr. 3-leerders gedeel het nie.

Stolk het verder aangedui dat die skool ’n foto van die leerder in die voortuin sal plaas waar blomme of briefies ter nagedagtenis neergelê kan word.

“Wees lief vir jou kind en maak seker julle praat elke dag met mekaar oor dít wat regtig saak maak. Bid asseblief vir ons,” het Stolk van ouers gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ria ·

Sjoe dis bitterlik hartseer. Sterkte aan al die familie en vriende.

Mieke ·

My innigste meegevoel met die ouers, broers en susters.. Mag julle vertroosting by die Here vind. Baie sterkte gedurende hierdie hartseer tyd.

Prontuit ·

jis hoe krimp my hart ineen so bitter jonk en so GROOT besluit wat geneem is , my hart gaan uit aan die ouers en familie, wat ‘n tragiese gebeurtenis en ek dink daar is soveel vrae – sterkte aan ALMAL betrokke want so ding het ‘n helse rippel effek

Irma ·

Sjoe, wat het in haar lewetjie gebeur wat haar tot so ‘n drastiese stap gedryf het? Sterkte aan die familie.

Cindy ·

ai so hartseer, so jonk :( ‘n vriendin het haarself baie jare terug begin van gr 8 geskiet, 27 jaar later wonder ek nogsteeds hoekom, en hoekom niemand gesien het sy was oppad na so hartseer dood nie. My innige simpatie aan haar geliefdes :(

Kathleen ·

agge nee , hoe verskriklik , my hart gaan uit na haar gesin en ander familie . so jonk !

Outspoken ·

Baie sterkte aan die ouers en familie. Dis baie hartseer nuus. Ek hoop sy het vir haar ouers ‘n briefie gelos en verduidelik watse seer sy ervaar het. Dit maak dit nie makliker nie maar help met die verwerking daarvan.

Misky ·

Dis bitter hartseer en sy was nog so jonk. Sterkte aan almal betrokke

Dana ·

Dit is verskriklik hartseer. Sterkte aan die familie en mede-leerders. Ek kan my nie eens begin indink waardeur hul gaan nie. Steve is ‘n uitstekende hoof en toe my dogter nog daar op skool was het sy deur altyd oopgestaan vir die leerders. My gebede is met almal.

Mier14 ·

3e selfmoord in 2 weke waarvan ek weet, waarvan 2 kinders is. Ek bid dat mense met iemand sal praat, kry professionele berading as dit kan. Kry medikasie indien v toepassing. So hartseer. Mag ons Hemelse Vader die gesinne vertroos en versterk.

Adrie ·

Dit is hartverskeurend! My innige simpatie met haar familie, skoolmaats en personeel.

Anoniem ·

Sterkte aan die familie en vriende. Dit is bitter hartseer.

Deon ·

Bitter bitter hartseer, sterkte aan haar mense…. Kan die skole nie maar ook bietjie aandag skenk op n manier aan hierdie goed om dit te probeer verhoed nie? Een of ander program soos die voedings program of die sport programme..

Belinda ·

Ai dat sulke klein kinders al so selfmoord pleeg, dis verskriklik. Mag haar familie die vertroosting vind waarna hul smag xxx

Karina ·

My innigste simpatie aan die ouers en familie. Mag haar vriende die nodige berading kry. Bitter hartseer

modiglianigirl ·

Hoe hartseer, magteloos, gefrustreerd voel ek nou. As daar tog net ‘n tydmasjien was wat ons kon terugdraai om dit te verhoed. Ek glo die hele wêreld sou nou saam met my aan daardie knop gedraai het.
Daar móét eenvoudig net iets wees wat ons daaraan kan doen om te verhoed dat die tragedie herhaal.
Enige voorstelle?
Kom Mammas en Pappas krap saam kop ons kindertjies kry swaar. As ons álmal saam werk kan ons ‘n daadwerklike verskil maak met ‘n program waarby die gemeenskap betrokke kan raak.
Ek kan nie net staan en toekyk hoe dié hartseer dinge gebeur nie.

Martie ·

Dit is so hartseer en dit maak my bekommerd! Weet ons werklik hoe ons kinders voel ????

Claudette ·

My innige simpatie aan die familie en vriende..dis bitterlik seer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.