Graad 8-leerder sterf buite Ennerdale-skool

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Graad 8-leerder van Oakdale Secondary School in Ennerdale, Johannesburg, is dood toe hy buite die skool met ʼn mes aangeval is.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê ʼn graad 10-leerder, wat ook by die voorval betrokke was, ontvang tans mediese behandeling in ʼn hospitaal.

“Die voorval het glo plaasgevind toe die leerders met mekaar begin baklei het. Daar is boonop bewerings dat die bakleiery en die mesaanval beïnvloed is deur bendebedrywighede onder leerders van verskillende skole in die gebied.”

Die polisie stel ondersoek in.

Matome Chiloane, provinsiale LUR vir onderwys en jeugontwikkeling, het sy innige meegevoel betuig met die familie en skoolgemeenskap wat deur die voorval geraak word.

Die departement het beraders na die skool ontplooi vir diegene wat die traumatiese voorval sien gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Welgedaan ANC. Onder julle wettelose leierskap het alles ten gronde gegaan.

Casper ·

Ag dit is so verskriklik jammer dat die bloedjie met sy lewe moes boet vir die anc mislukkings maar hoedman en Lamola mors hulle tyd in howe.

Martie ·

As alles dan nou so verbeter het in SA soos Ramaphosa gisteraand gesê het hoekom is die skole dan nou vol boewe?

Marina ·

En dan wonder party mense nog hoekom ons so vir Afrikaanse skole baklei? Hierdie wetteloosheid is ons voorland. Kom ons praat nie van jong volwassenes op skoolbanke nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.