Groep SA’ners uit Wuhan klaar met kwarantyn

The Ranch Hotel in Polokwane. (Foto: Google)

Die groep van 112 Suid-Afrikaners wat vroeër vandeesmaand deur pres. Cyril Ramaphosa uit Wuhan, China, na Suid-Afrika gerepatrieer is, sal Maandag eindelik met hul geliefdes herenig word. Die groep se verpligte kwarantyn van 14 dae het Vrydag geëindig.

Die groep het die afgelope twee weke by The Ranch Hotel buite Polokwane in Limpopo gebly. Die groep het reeds negatief vir die nuwe koronavirus (wat die siekte Covid-19 veroorsaak) getoets.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Saterdagmiddag gedurende ’n mediakonferensie gesê die departement van gesondheid is besig met die nodige reëlings om die groep by hul geliefdes te kry.

“Die departement is verantwoordelik vir die studente se vervoer na hul onderskeie provinsies en om seker te maak dat hulle weer met hul gesinne herenig word. Daar is busse en minibusse beskikbaar gestel om die burgers van The Ranch Hotel na die res van die land te vervoer,” het Nzimande gesê.

Maroela Media het vroeër berig nog ’n groep van 80 Suid-Afrikaners is vanuit China gebring en onder kwarantyn in Ekurhuleni in Gauteng.

Volgens Nzimande is dié groep studente van TVET-kolleges wat vir Chinese maatskappye in China gewerk het. Die groep is met hul terugkeer onder kwarantyn by die Birchwood Hotel in Kempton Park geplaas. Hoewel twee van die groep positief vir tuberkulose getoets het, het hulle negatief vir Covid-19 getoets.

Die groep sal ook na hul onderskeie provinsies vervoer word sodra hul kwarantyntydperk eindig.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan ·

So die wuhan pandemiw was n klug hoe anders kan niemand positief weesnie…en kyk maar op bbc die fabrieke en dienste in wuhan werk weer terwyl die weste hulself opzluit en ekononiese selfmoord pleeg…

ElizeK ·

Hulle mag nou heen en weer gery word na n heerlike luukse vakansie op ons belasting betalers se onkoste, maar die seun wat sy Ma na sy oupa se dood wil gaan bystaan, vir dié sê die hof NEE!!!!
Is daar nie eers in n krisis tyd regverdigheid in die land nie.

Jan ·

Ja hille sal die wet oortree deur tussen provinsies te reis…en snaaks genoeg is nie enkele student siek of koorsig nie…nes ek van die begin af gwse het die media hwt alaml onnodig banggemaak..

Sobymykoolkop ·

Die vraag bly steeds, aan wie behoort die luukse vakansie oord waar hulle gehuisves was.

Jan ·

So die media het almal.laat glo die virus is die einde vd wereld en tog in werklikheid het nie een enkele student die virus opgedoen nie en op die oomblik is daar geen infeksies in china nie…so gogga het vir baba skrikgemaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.