Groot afwagting heers vir die lig wat ʼn toespraak deur pres. Cyril Ramaphosa môre in Kimberley kan werp op verskeie kwessies wat Suid-Afrika teister.
Ramaphosa sal die ANC se jaarlikse verjaardagboodskap in die Diamantstad lewer en veral sy uitsprake oor Eskom, grondhervorming en die Nasionale Gesondheidsversekering maak groot belangstelling gaande.
Die ANC is op 8 Januarie 1912 in Bloemfontein gestig en die afgelope paar jaar word die Saterdag direk ná 8 Januarie gebruik om ANC-beleidsprioriteite vir die daaropvolgende jaar uit te stippel en die reaksie daarop te toets.
Die idees word dan verder ontwikkel tydens die staatsrede en vind uiteindelik beslag in die begroting.
Wat Eskom betref is geen saakmakende ekonomiese groei in Suid-Afrika moontlik solank die kragvoorsiener nie sy elektrisiteitsvoorsieningsvermoë verhoog en beurtkrag beëindig nie.
Eskom het nou ʼn nuwe hoofbestuurder – André de Ruyter – maar niemand weet nog wat sy planne, indien enige, is nie. Ramaphosa het boonop onlangs sy naam met ʼn plank geslaan toe hy in Desember beloof het daar sal geen beurtkrag voor 13 Januarie wees nie – en daar wás.
Oor grondhervorming wag die hele land op die bewoording van die ANC se voorstel vir die wysiging van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vereenvoudig. Die aard van die bewoording kan die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika bepaal.
Die instel van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering is ʼn verdere brandpunt. Waarnemers sal fyn oplet of Ramaphosa die instel van die omstrede stelsel afstel of selfs net vertraag gegewe die katastrofale gevolge van die stelsel se loodsprojekte.
Verdere omstredenheid het nou uitgebreek met die nuus dat die weermag glo ontplooi is in die township Galashewe neffens Kimberley. Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het reeds gewaarsku dat dit onwettig sou wees en dat Ramaphosa as hoofaanvoerder van die weermag self aanspreeklik sou kon wees indien dit die geval is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
En nou wil Tito ook nog cannabis gewettig hè. Hoop hy ons gaan die ekonomie sodoende vinniger vorentoe kan neem na die afgrond en klaar kry met die treurmare?
Ek kan nie wag vir sy voordrag van die jongste fopnuus wat aan hom vertel is nie, varsgebekkig wat glinster van diamante en vol beloftes om ons gelukkig te hou. Moet ons nie verdeel deur fopstories oor grondgrype nie. Hy moet vertel van versoening en sy vergesigte oor die nuwe Super Stad. Die Brulpadda olieveld. Hy moet hom net nie oor Eskom en Jan van Riebeeck uitlaat nie, nie die ekonomie en die groeikoers nie, ook nie oor Piet Retief nie, en as Venda vertrou ek hy sal die deugde van die Venda besing en nie stories van die Zulus… Lees meer »
So terloops, Jan-Jan, die weermag is toe sommer tjoef-tjaf, blitsvinnig, onttrek
Maak nie saak wié aangestel is as hoof van Eskom..ons moes gereeld “preventitive maintenance” doen op ons toerusting. Dis oor baie jare nie gedoen by Eskom, finish en klaar!
Sal seker net weer praat oor hoe sleg en boos witmense is en hoe elke sielsalige ding wat fout is in die land, ons skuld is.