Groot beloning in soektog na vermiste seun

Tlotso Mogomotsi Moilwe (8) het omstreeks 15:00 op Kersdag verlede jaar verdwyn toe hy saam met maats in die Segakwaneng-nedersetting naby Moruleng buite Rustenburg gespeel het.

Die polisie in Mogwase in Noordwes het ʼn beloning van tot R50 000 uitgeloof vir inligting wat hulle kan help in hul soektog na ʼn vermiste seun en die verdagte(s) wat by sy verdwyning betrokke is.

Die agtjarige Tlotso Mogomotsi Moilwe is omstreeks 15:00 op Kersdag verlede jaar vir die laaste keer gesien toe hy saam met maats in die Segakwaneng-nedersetting naby Moruleng buite Rustenburg gespeel het. Hy het ten tyde van sy verdwyning ʼn swart T-hemp, kamoefleerbroek en grys pantoffels aangehad.

“Voorlopige ondersoeke het reeds tot die inhegtenisneming van die 28-jarige Bridget Bojosi gelei. Sy het Donderdag in die Mogwase-landdroshof op aanklag van ontvoering verskyn en sal tot haar volgende verskyning op 13 Januarie in aanhouding bly,” het kol. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder, gesê.

Uitgebreide soektogte na die kind het egter nog niks opgelewer nie.

“Die polisie bied ʼn beloning van tot R50 000 aan enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die oortreder(s).

“Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Vincent Mzinyathi, by 082 416 3197 te bel of die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Anonieme wenke kan ook deur die My SAPS-toepassing verskaf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marius ·

Dalk moet hul eerder al die geld, tyd en energie wat op die ou virussie vermors word kanaliseer om die misdaad in ons land onder bedwang te bring.

Ria ·

Nou wonder ek wat die gearresteerde sê, wat van die kind geword het?

Casper ·

Dit gaan my verstand te bowe.Wat kon die kind enigsins iets verkeerd gedoen het.Die harde werklikheid is dat daai kind nie lewend gevind sal word nie want nog geen losprys is geëis nie.Moontlik ‘n muti moord.

christo ·

Die verval van morele standaarde is een van die hoofredes vir misdaad. Ontvoering van kinders en volwassenes gebeur alhoemeer. Die SAPD het geen addisionele indiensopleiding vir dienende polisiebeamptes om nuwe tendense in misdaad aan te spreek nie. Ons almal weet wat die Bybel sê oor iemand wat ‘n kind leed aandoen. Ons weet egter ook dat die ANC nie ‘n idee het wat om te doen nie.

Hasie ·

Kinders moet bewus gemaak word van “Stranger Danger ” .Ten minste eenkeer ‘n week sodat hul dit sal onthou.

Casper ·

Hasie,ongelukkig kan jy jou kinders net waarsku teen die gevare van sosiale platforms maar weet ouers regtig wat hulle kinders met hulle selfone doen.Daar is gewetenlose skurke daarbuite wat veral gesinsgeweld uitbuit en so toegang tot jou kind kry veral dogters,want hulle is simpatiek gesind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.